ArticlePDF Available

’n Taalkundige ondersoek na die liminale ruimte tussen die akademiese en literêre wêreld: Hambidge – die grensverskuiwende rebel

Authors:

Abstract

In this article the academic and literary genres of the writer Joan Hambidge is researched by means of a linguistic analysis in order to describe the lingual liminal space of her idiolect. To this end, two novels and a PhD thesis were used a central text. From the literature the unique voice of Hambidge is evident. The concepts of genre and liminality were relevant to this study from a theoretical framework. The stylometric analysis, where certain parts of speech and readability was investigated, as well as the more qualitative stylistic analysis proved the liminality between the academic and literary writing style of the author. The writer consistently uses language in the academic text which would be expected in a literary text. The use of prepositions and discourse markers correspond in a statistically significant manner between the two novels. However, the use of prepositions and discourse markers does not agree significantly when the PhD and the two novels are compared. But the use of prepositions and discourse markers diff er between die PhD and the two novels. In terms of pronouns the use is consistent over the text. Especially on a stylistic level the informal and references to the external the academic text becomes unique and it could be considered to be an academic meta-novel.
41
1
© 2020. Die outeurs.
n Taalkundige ondersoek na die
liminale ruimte tussen die
akademiese en literêre wêreld:
Hambidge – die grensverskuiwende rebel
MARISKA NEL
Skool vir Tale, Potchefstroomkampus, Noordwes-Universiteit
20728395@nwu.ac.za
JAKO OLIVIER
UNESCO-leerstoel oor multimodale leer en oop opvoedkundige hulpbronne,
Fakulteit Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit
jako.olivier@nwu.ac.za
Abstract
In this article the academic and literary genres of the writer Joan Hambidge is researched by means
of a linguistic analysis in order to describe the lingual liminal space of her idiolect. To this end, two
novels and a PhD thesis were used a central text. From the literature the unique voice of Hambidge is
evident.  e concepts of genre and liminality were relevant to this study from a theoretical framework.
e stylometric analysis, where certain parts of speech and readability was investigated, as well as the
more qualitative stylistic analysis proved the liminality between the academic and literary writing style
of the author.  e writer consistently uses language in the academic text which would be expected
in a literary text.  e use of prepositions and discourse markers correspond in a statistically signifi -
cant manner between the two novels. However, the use of prepositions and discourse markers does
not agree signifi cantly when the PhD and the two novels are compared. But the use of prepositions
and discourse markers diff er between die PhD and the two novels. In terms of pronouns the use is
consistent over the text. Especially on a stylistic level the informal and references to the external the
academic text becomes unique and it could be considered to be an academic meta-novel.
Outeurs:
Mariska Nel &
Jako Olivier
Hoe om hierna te verwys:
Nel, M. & Olivier, J. 2020. ’n Taalkundige onersoek na die liminale
ruimte tussen die akademiese en literêre wêreld: Hambidge – die
grensverskuiwende rebel. Stilet, 32(1&2):41-62.
42
2
stilet.digital volume 32(1&2) | Joan
Mei/September 2020 | ISSN: 1013-4573
1. Inleiding
In hierdie ondersoek word twee skynbaar losstaande wêrelde, die akademiese en literêre, teenoor
mekaar gestel en hierdie wêrelde word in die taal- en taalverwante wetenskappe as genre verwoord.
Sedert die bekendstelling van die konsep genre is verskeie akademiese debatte oor hierdie spesifi eke
konsep gevoer. Vanuit die literatuur kan genre as ’n tipe letterkundige werk of as ’n formalistiese klas-
sifi kasie van tekstipes benader word (Chandler, 1997:1). Funksionele linguiste het die konsep genre
byvoorbeeld beskou as komplimenterend tot Halliday se beginsel van register, en voer aan dat ongeag
die beskouing van genre, kan die konsep na geskrewe of gesproke kommunikasie verwys, sowel as
die beskrywende kenmerkende eienskappe van hierdie spesifi eke teksklassifi kasies (Hyon, 1996:696;
Devitt, 2000:697; Mey, 2009:287). Crystal (2008:210) stel dat genre, binne die sosiolinguistiek, disko-
ersanalise en stylleer, beskou kan word as ’n vereenvoudiging van ’n konsep wat reeds algemeen in
die letterkunde voorkom, en dat tekste as taaleenhede met duidelik defi nieerbare kommunikatiewe
funksies beskou kan word, wat gekenmerk word deur beginsels soos kohesie, koherensie en inligtin-
grykheid. Crystal (2008:482) voer verder aan dat ’n teks, aan die hand van die bogenoemde beginsels,
as verskillende tekstipes, oftewel genres, geklassifi seer kan word. In hierdie artikel word laasgenoemde
betekenis van genre as uitganspunt vir die konsep gebruik.
Indien genre egter beskou word as die wyse waarop tekste aangebied word, word die teks van die
inhoud geskei – ’n beginsel wat, onses insiens, aanleiding daartoe gee dat genre as ’n statiese konsep
beskou kan word. Verder onderskei hierdie navorsing, na aanleiding van Devitt (2004), tussen retoriese
en literêre tekste, maar ons erken die vervaging van grense tussen hierdie genres wat kan plaasvind.
Lesers, na gelang van die verwagtinge wat aan ’n bepaalde genre gestel word, lees dus ’n teks met ’n
vooropgestelde idee van wat die inhoud van die teks moet aanspreek, of wat die teks moet bereik – dit
wil sê die boodskap wat oorgedra moet word. Hierdie vooropgestelde idee van wat om van ’n teks, wat
as ’n bepaalde genre geklassifi seer word, te verwag, stel onbewuste verwagtinge aan die leser.
Ten spyte van hierdie historiese begrensing en vereistes wat genre-afbakening aan die skrywer stel
(soos later in die artikel aangetoon), is daar tog skrywers wat hulself nie aan hierdie maatstawwe,
reëls of regulasies steur nie. Hierdie skrywers (wat hulself nie aan die maatstawwe, reëls of regulasies
steur nie) stel dus hul identiteit, soos in die teks vasgelê, bo die vereistes van die genre. In Afrikaans is
Joan Hambidge een van hierdie skrywers wat haarself nie aan die maatstawwe, reëls of regulasies steur
nie (vgl. Nel & Olivier, 2018). Nie net word sy as ’n omstrede literêre fi guur beskou nie, maar volgens
Viljoen (2008) word sy as ’n uitgesproke persoon met ’n sterk, strydende ingesteldheid beskou wat
wys dat die letterkunde nie ’n “keurige, hoogheilige bedryf” is nie. Tog is Hambidge nie net ’n bekende
as Afrikaanse letterkundige, digter, romanskrywer of polemikus nie, sy is ook ’n akademikus wat die
wêreld van akademie en skeppende skryfwerk bevrugtend op mekaar laat inwerk (Marais, 2005:149).
43
3
Indien genre as ’n konsep beskou word wat die skrywer en die leser daarvan oortuig dat daar
vasgestelde beginsels is waaraan elke verskillende tekstipe moet voldoen, en indien Marais
(2005:149) se stelling waar is dat Hambidge die wêreld van akademiese en skeppende skryfwerk
bevrugtend op mekaar laat inwerk, moet die vraag gestel word, tot hoe ’n mate is daar ’n ooreen-
koms tussen Hambidge se literêre en akademiese tekste? Ten einde die ooreenkoms tussen
Hambidge se literêre en akademiese tekste te ondersoek sal daar gevolglik ’n literatuuroorsig
rakende genre en die teks voorgehou word. Verder gaan daar in hierdie artikel gepoog word om
te bepaal of Hambidge se tweede PhD in wese die identiteit van haar navorsing rakende die
metaroman aangeneem het, ten einde die liminale ruimte te ondersoek waar die onderwerp van
haar eerste PhD op haar skryfstyl inwerk.
Ten einde die bogenoemde te verken, gaan daar vervolgens ondersoek ingestel word na Hambidge
se kenmerkende drempeltaalgebruik1, soos sigbaar in die romans (Palindroom en Sewe Sonjas en
wat hul gedoen het) sowel as haar tweede PhD (Gender-konstruksie in die Afrikaanse letterkunde:
’n ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk). Met hierdie navorsing gaan
stilisties ondersoek word of die idiolektiese en stylooreenkomste tussen dié drie tekste van so ’n
aard is dat haar tweede PhD ’n liminale ruimte betree waar die onderwerp van haar eerste PhD so
sterk op haar skryfstyl inwerk dat sy in werklikheid ’n akademiese metaroman skryf. Hambidge se
eerste PhD sal dus as vertrekpunt gebruik word ten einde die argument te ondersoek dat identiteit
en ’n eie stem gevorm word deur middel van kennis van die self en die dissipline. Hierdie artikel
vorm deel van ’n groter navorsingsprojek rondom die idiolek van Joan Hambidge (vgl. Nel, 2013;
Nel & Olivier, 2018).
Die literatuuroorsig aan die begin van die artikel het ten doel om die teoretiese raamwerk
te skep, waarna daar empiries ondersoek ingestel gaan word na die taal- en stylkeuses van
Hambidge soos dit in die tweede PhD en romans na vore kom. Vervolgens gaan daar oorsigtelik
na Hambidge die akademikus en literêre fi guur verwys word om sodoende ’n agtergrond rakende
hierdie individu te skep. Daar sal ook kortliks ondersoek ingestel word na genre. ’n Beskrywing van
die metodologie sal volg, alvorens die analise van die twee Hambidge-tekste en ’n beskrywing van
die bevindinge voorgehou sal word.
2. Hambidge die akademikus en literêre figuur
Vanaf 1985 tot 2012 publiseer sy ’n indrukwekkende 31 tekste (digbundels, prosa, en e-boeke). Maar
tog is Hambidge nie net ’n letterkundige nie, sy woeker ook as akademikus en voltooi vanaf 1979
44
4
stilet.digital volume 32(1&2) | Joan
Mei/September 2020 | ISSN: 1013-4573
tot 1985 haar honneursgraad, meestersgraad, sowel as haar eerste PhD. In 2001 ontvang Hambidge,
onder leiding van Henning Snyman, haar tweede PhD (Gender-konstruksie in die Afrikaanse letter-
kunde: ’n Ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk). Twee jaar later, in 2003,
lewer sy haar professorale intreerede (Whose inaugural is it anyway? Modern criticism in crisis) aan
die Universiteit van Kaapstad (vgl. Nel, 2013).
Hambidge se eerste PhD is in 1984 onder leiding van André P. Brink afgehandel en neem die vorm
van ’n ondersoek na die metaroman aan. Hambidge (1984:2) argumenteer hierin dat:
Die metaroman is ’n self-kommentariërende teks. Sowel die vertelling as die proses van vertelling
is deel van die gebeurde. Die gevolg is dat daar nooit ’n “afgeslote”, “fi nale” eenheid kan wees nie.
En hierom kan daar ook nie ’n fi nale, korrekte interpretasie gemaak word nie segmente kan uitgelig
word om met ander te verbind …
Hambidge (1984:6) stel verder rakende die metaroman tenoor die roman dat:
Die intertekstuele verhouding tussen metaroman en roman (die genre) is die “afwykings” of ander-
soortigheid” van die metaroman. Die self-kommentariëring, die spel met “fi ksie” en “werklikheid”
in die teks, die uitstel van ’n fi nale, samehangende “verhaal” sodat die “suspension of disbelief” as’t
ware opgehef word, is enkele voorbeelde van die intertekstuele verhouding.
Dit is dan ook hierdie fi losofi ese beskouinge van Hambidge wat die moontlikheid ondersteun dat
hierdie aanvanklike ondersoek neerslag in haar skryfstyl kan vind. Nel (2013) bevind dat Hambidge
oor ’n kenmerkende idiolek oor die grense van genres beskik, maar tog moet ons die vraag stel, tot
watter genre leen Hambidge se kenmerkende styl dit self toe?
3. Genre en die teks
Swales (1990:49) verwys na genre as ’n tipe kommunikatiewe gebeurtenis waartydens die deel-
nemers ’n kommunikatiewe doelwit deel, en dus is daar defi nitiewe styl-, strukturele en inhoudelike
vereistes waaraan tekste wat tot ’n spesifi eke genre behoort te voldoen. Verder beklemtoon Hyland
(2010) dat dit by genre, spesifi ek binne die linguistiek, gaan oor unieke soort tekste met bepaalde
vorms en doelwitte. Op grond van hierdie kriteria kan Hambidge se akademiese en literêre tekste as
verskillende genres gereken word. Dus is die onderskeid nie letterkundig gemotiveer nie, maar berus
dit op die sosiale norm vir die toeken van genre-klassifi kasies (Hyland, 2010). Vir Devitt (2004:31)
is ’n genre “a reciprocal dynamic within which individuals’ actions construct and are constructed
by recurring context of situation, context of culture, and context of genres”. Dus is genres sosiaal en
kompleks (Hyland, 2010) en hierdie artikel is juis ook ’n poging om die grensdeurbrekendheid van
45
5
die geselekteerde tekste te ondersoek.
Richards en Schmidt (2002:224) sowel as Crystal (2008:210) sluit aan by Swales se aanvank-
like defi nisie van genre deur na die identifi seerbare eienskappe ten opsigte van teksstruktuur,
-onderwerp, -doel en -argumentasie te verwys. Dit is dus duidelik dat genre na ’n spesifi eke tipe
teks, met ’n spesifi eke kommunikatiewe doel, wat voldoen aan spesifi eke strukturele vereistes,
verwys. Die genre stel daarom nie net onbewustelike verwagtinge aan die leser nie, maar ook
aan die skrywer, ten einde aan die verwagtinge van die dissipline te voldoen, om die boodskap so
formeel en akademies gepas (binne die vereiste stelwyse) oor te dra.
Hierdie navorsing val binne die kader van genre-analise aangesien die fokus op genreverskille is. Vir
Hyland (2010) verwys genre-analise na ’n raamwerk van analise van tekste sowel as die skryf- en
praatkontekste. In hierdie analiseproses is die doel “to examine not only texts but also the contexts
of writing and talk. Essentially genre analysts seek to describe texts within textual and social
contexts, counteracting any tendency to treat individual texts in isolation from others” (Hyland,
2020:210). Verder stel Devitt (2004) dat genre-analise ’n dinamiese proses veronderstel tussen indi-
viduele aksie, die mediërende genre en konteks en dat dié konteks gerealiseer word in terme van
kultuur, die konteks self asook die situasie.
Kessler, Nunberg en Schütze (1997:35) het vier kategorieë geïdentifi seer om die genre waaraan
’n teks behoort uit te ken, naamlik strukturele kenmerke (woordsoort-etikettering), leksikale
kenmerke (byvoorbeeld die woordkeuse wat gemaak word wanneer datums weergegee word),
karaktervlak-kenmerke (lees- en skryftekens) en derivatiewe kenmerke (gemiddelde sinslengte
en -afwykings). In teenstelling met Kessler et al. (1997) se navorsing het Stamatatos, Fakotakis en
Kokkinakis (2000) slegs van woordfrekwensie en leestekens gebruik gemaak om die genre van ’n
teks te identifi seer. Lee en Myang (2002:149) maak, daarenteen, van woordstatistiek gebruik. Die
statistiese voorkoms van bepaalde woorde kan gevolglik gebruik word ten einde die genre waarin
die teks geplaas word te identifi seer.
4. Liminaliteit
Die konsep liminaliteit kan teruggevoer word na die werk van Arnold van Gennep en Victor
Turner (Viljoen & Van der Merwe, 2006:xii-xiii). In hierdie verband gaan dit hier oor die drumpel,
oftewel limen in Latyn. Die ondersoek van liminaliteit in die letterkunde (vgl. Du Plooy, 2006;
Taljard, 2007; Viljoen & Van der Merwe, 2006) en selfs akademiese geletterdheid (vgl. Van Dyk,
2016) in Afrikaans is ook reeds in die literatuur aangespreek. Maar die skakeling met taalkundige
46
6
stilet.digital volume 32(1&2) | Joan
Mei/September 2020 | ISSN: 1013-4573
analises is nog ’n leemte.
As beskrywing van liminaliteit noem Horvath,  omassen en Wydra (2015:2) dat “liminality
captures in-between situations and conditions characterized by the dislocation of established
structures, the reversal of hierarchies, and uncertainty about the continuity of tradition and future
outcomes”. Taljard (2007:2) maak die volgende opmerking rondom liminaliteit: “Nadat die grens of
limen oorgesteek is, bevind mense hulle dikwels in ’n soort tussengebied tussen verskillende kulture
en geestelike ruimtes. In die liminale gebied vind kontak tussen naasliggende sones en gevolglik
ook verbastering of hibridisering plaas”. Dit is juis die moontlike betreding van ’n akademies-literêre
tussengebied wat Hambidge betree wat die konteks van hierdie navorsing is.
5. Metodologie
In die voorafgaande gedeeltes is die teoretiese raamwerk voorgehou, en daar is verwys na Hambidge
(1984:2) se argument dat die metaroman ’n self-kommentariërende teks is, waar die vertelling
en die proses deel van die gebeure vorm. Dit is dan teen hierdie agtergrond wat daar ondersoek
ingestel is na die aard van Hambidge se skryf- en taalstyl in die romans (Palindroom en Sewe Sonjas
en wat hulle gedoen het), sowel as haar tweede PhD (Gender-konstruksie in die Afrikaanse letter-
kunde: ’n Ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk). Die metode wat
gevolg word kan as ’n gemengde empiriese metode beskou word, aangesien daar van beide
kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsmetodes gebruik gemaak word. Hierdie empiriese
studie het ten doel om te bepaal of daar enige noemenswaardige ooreenkomste en verskille in
die taalgebruik wat in die romans en die tweede PhD gebruik word, voorkom. Daar word van
stilometriese metodes gebruik gemaak om die ooreenkomste (of verskille) te identifi seer, en
die ondersoek kan as tweeledig beskou word.
Die eerste deel van die analise het ten doel om te bepaal of daar kenmerkende idiolektiese
eienskappe tussen die tweede PhD en die twee romans geïdentifi seer kan word. Hierdie ondersoek
is uitgevoer deur middel van ’n stilometriese en stilistiese analise, waar daar ondersoek ingestel is
na funksiewoorde (woorde wat nie konteks afhanklik is nie), ratio’s, ’n leesbaarheidstoets, sowel as
’n lemma-ondersoek.
47
7
Die tweede afdeling van die ondersoek verwys na die analise van die tweede PhD. In hierdie analise
word daar gefokus op die idiosinkratiese kenmerke en veral die styl wat fi gureer in die tweede PhD.
Kenmerke vanuit haar tweede PhD word telkens met die romans vergelyk, ten einde te bepaal of
die tweede PhD wel ooreenkomste met die romans toon.
Deur van die bogenoemde analises gebruik te maak, sal daar bepaal kan word of die idiolektiese
ooreenkomste tussen dié drie tekste van so ’n aard is dat daar aangevoer kan word dat Hambidge
se tweede PhD ’n liminale ruimte betree waar die onderwerp van haar eerste PhD so sterk op haar
skryfstyl inwerk dat sy in werklikheid ’n akademiese metaroman skryf (vgl. Nel 2019). Die korpora
wat in hierdie analise gebruik word, word in tabel 1 voorgehou.
Tabel 1 – Korpusgroottevergelyking
Korpusgroottevergelykings
Korpus Totalewoorde per
korpus
Totalewoorde
per woordelys
Totale
tipe
woorde
Tipe/teken
ratio
Gemiddelde
woordlengte
R1: Roman
Sewe Sonjas en wat hulle
gedoen het
306 012 54 336 8 566 16.24 4.32
R2: Roman
Palindroom
187 414 33 696 5 900 18.30 4.31
P1: PhD (Tweede)
Gender konstruksies
118 589 20 640 4 057 10.76 4.67
6. Analise en interpretasie
Empiriese analise
Die empiriese ondersoek verwys na ’n ondersoek van die taal soos dit in die individu (Hambidge)
se onderskeie genres gebruik word. Die eerste fase van die empiriese ondersoek het ten doel gehad
om te bepaal of die taalgebruik van die individu as ’n duidelike idiolek geïdentifi seer kan word en
om deur middel van korpuslinguistiese metodes en instrumente te bepaal of daar enige noemens-
waardige verskille tussen die taalgebruik van die individu en aanvaarde Afrikaans bestaan.
Aangesien die korpus uit tekste behorende tot verskillende genres bestaan, gaan die eerste stap
wees om alle aanhalings (wat nie deur Hambidge self geskryf is nie) uit die tekste te verwyder, sodat
die tekste as Hambidge se eie taal beskou kan word. In die proefskrif is daar byvoorbeeld verskeie
gedigte wat aangehaal word, en dit kan die bevindinge beïnvloed, dus is die gedigte verwyder.
Ten einde die idiolek te analiseer sal die tekste deur middel van korpuslinguistieksagteware, soos
48
8
stilet.digital volume 32(1&2) | Joan
Mei/September 2020 | ISSN: 1013-4573
AntConc en Wordsmith, geanaliseer en geïnterpreteer word (vgl. Baker, 2010:5-9). Die data wat
vanuit die ondersoek verkry word, word dan statisties verwerk sodat bevindinge daaruit gemaak
kan word. Die korpus is volgens die geriefl ikheidsteekproefneming ingesamel.
Die liminale ruimte tussen die akademiese en literêre skryfwerk
Hambidge voltooi in 1984 haar eerste PhD genaamd Die metaroman – ’n dekonstruksie-ondersoek.
16 Jaar later volg haar tweede PhD – Gender-konstruksies in die Afrikaanse letterkunde: ’n Ondersoek
in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk. Buiten die talle digbundels en kreatiewe
werke wat tussen die twee PhD’s verskyn, publiseer Hambidge ook in 1995 Postmodernisme, ’n
studie waarin die leser “attent gemaak word op belangrike konsepte”, terwyl die kwessie bespreek
is of postmodernisme eintlik wel die wêreld daarbuite verteenwoordig.
Hambidge (1995:10-31) onderskei tussen ses sentrale konsepte in postmodernisme, wat natuurlik
ook in die res van haar skrywes fi gureer en as sleutel dien tot die interpretasie van haar tekste, naamlik:
Analities-referensiële diskoers: Die ontkenning ban enige vorm van objektiwiteit.
Selfrepresentasie: Bring die vraagstuk rakende die realiteit en die droom na die voorgrond.
Dekonstruksie: Herdefi nieer en bevraagteken die manier van dink. Die teks word nie as ’n
entiteit wat met die waarheid of betekenis beklee is, gesien nie. Betekenis is arbitrêr. Tekste is
nie logies, kronologies of ooit afgehandel nie.
Enunsiasie/diskursiewe situasie: Die konsep dat die kunstenaar (skrywer) as die oorspronk-
like, of die enigste plek van oorspronklike, fi nale óf outoritêre betekenis beskou kan word,
word verwerp. Die lesers kan dus die teks interpreteer soos hulle wil.
Outentisiteit: Postmodernistiese literatuur konfronteer die leser met probleme rakende
outentisiteit en referensialiteit. Die teks is nie die werklikheid nie, dit verwys nie enkellynig
na die werklikheid nie, maar veel eerder na ander tekstualiteite. Dus word die outentisiteit
vernietig deur die selfrefl ektiewe, selfbewuste aard van die postmodernistiese teks, maar
terselfdertyd ondermyn die samehang en binding van dié teks ook die outentisiteit.
Parodie: Dit word as seker die belangrikste uitvloeisel van postmodernisme gesien, en kan
kortliks opgesom word deur te sê dat die belangrikheid van ’n oorspronklike/bestaande
werk juis beklemtoon word wanneer die spek/spot daarmee geskiet/gedryf word.
49
9
Die bogenoemde ses sentrale konsepte in postmodernisme, soos deur Hambidge geïdentifi seer,
werp dus in werklikheid alle lesersverwagtinge omver, die soeke na, en die ontdekking van, die self,
om te weet wie jy as individu is, en om daarvolgens op te tree, is van belang. In talle van haar tekste
word geskryf oor die skryfproses, sowel as die rol van die leser in die verstaanproses. Buiten hierdie
“omverwerping” van die lesersverwagting voer Hambidge (1984:5-6) aan dat elke teks ’n vorm van
intertekstualiteit insluit en dat “dit [intertekstuele verhoudings] te make het met die samehang
tussen teks en spesifi ek genre en in watter mate die bepaalde teks die kodes van hierdie bepaalde
genre verbreek of verander”.
Hambidge (1984:12) verwys verder na die metaroman as ’n roman waarin die leser (onder andere)
ontdek dat die ek-verteller – die skrywer – fi losofeer oor die aard van sy skryfproses. Verder is die
leser nie ’n passiewe ontvanger nie, maar word die leser in der waarheid betrek by die skryfproses
(Hambidge, 1984:28). Dus word die leser, oftewel die leesstrategie, deel van die verstaan van die
teks, die storie word voorgehou, en die ontvanger (leser) van hierdie storie moet dit self inter-
preteer. Hambidge (1984:72) argumenteer dan ook dat die aard van ’n teks gemeet word aan die
“algemene”, dit wat reeds bekend is, en wanneer ’n teks nie voldoen aan die bekende algemene
norm nie, dan is die teks ongeslaagd. Dit is ook teen die agtergrond van hierdie sienings van
Hambidge wat haar tweede PhD onder die loep geneem word. Daar word gefokus op die afwyking
van dit wat as die norm beskou word, om sodoende te bewys dat, tesame met die ooreenkomste
wat reeds tussen die twee romans en die tweede PhD aangetoon is, sowel as die informele aard
van die tweede PhD, Hambidge in der werklikheid ’n liminale ruimte betree waar sy ’n “akademiese
metaroman” skryf.
Gender-konstruksies in die Afrikaanse letterkunde: ’n Ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en
kreatiewe skryfwerk, is ’n indrukwekkende titel wat die idee skep dat hierdie studie aan alle akade-
miese skryfvereistes sal voldoen, maar wanneer die tesis gelees word, is dit duidelik dat Hambidge
nie die gewone, verwagte konvensies volg nie.
Opvallend is die wyse waarop Hambidge afwyk van die formaat, die volgorde waarin die tesis
aangebied word. Waar daar gewoonlik ’n voorblad, bedankings, opsommings, sleutelwoorde en
inhoudsopgawe verskyn alvorens Hoofstuk 1 begin, skryf Hambidge ’n kort bedanking, gevolg
deur aanwysings. Reeds in hierdie aanwysings word die meer verhalende trant van die tesis sigbaar
(sien voorbeeld 35).
Voorbeeld 1:
50
10
stilet.digital volume 32(1&2) | Joan
Mei/September 2020 | ISSN: 1013-4573
Hierdie teks is gekomponeer op ’n Compac Armada draagbare rekenaar en Wordperfect 5.1 for
Windows was die program. Die teks het 120 365 woorde en 309 bladsye. Die tegniese versorging
is waargeneem deur …
Alhoewel die beskrywing van toerusting en/of programmatuur wat in ’n studie gebruik word wel
kan plaasvind, is die wyse en die plek waar Hambidge dit doen ongewoon, daar is 53 verwysings
in die tesis na die woord rekenaar, hetsy dit is na die rekenaar waarop sy die tesis geskryf het of
slegs ’n verwysings na ’n rekenaar in die algemeen. Verder beskryf sy die tipe skootrekenaar en
woordverwerkingsprogram – ’n ongewone stap in hierdie konteks. Opvallend ook is Hambidge se
inhoudsopgawe (sien fi guur 3), waarin daar slegs die hoofstukke aangedui word, en geen afdelings
of onderafdelings nie.
Figuur 3 – Inhoudsopgawe: Geneem uit Hambidge, 2000
’n Afdeling getiteld Vooraf volg na die inhoudsopgawe. In hierdie gedeelte (drie en ’n half bladsye)
is dit asof Hambidge haar opinie regverdig, begrond, en is sy besig om vir die leser ’n agtergrond te
skep waarteen die tesis gelees moet word. Sy verduidelik hoe elke hoofstuk gaan werk of te wel hoe
’n gender-teorie of gender-konstruk in elke hoofstuk getoets word “aan die hand van ’n praktiese
voorbeeld ten einde die wisselwerking tussen teorie en praktyk te verduidelik”. Dit is dan ook in
hierdie afdeling waarin Hambidge dit duidelik maak dat: “Die skrywer het haar dit ook ten doel
gestel om moeilike en dikwels ontoeganklike teorieë in helder taal voor te stel teenoor die heersende
diskoers van die meeste literatuurwetenskaplike studies waarin die aanslag ondeurdringbaar of
51
11
onnodig ingewikkeld is”. Hierdie stelling van Hambidge (2000:10) ondersteun dus die bevindinge
vanuit die stilometriese en stilistiese analise waarin die informele aard, die ooreenkomste tussen
haar romans en haar tweede PhD aangedui is.
Die hoofstukke self word ook anders aangebied as wat in ander tekste van dieselfde genre verwag
word. Hambidge skryf in elk van die tien hoofstukke ’n inleidende gedeelte (sonder opskrif –
natuurlik) gevolg deur die toepassing, (a) teorie en (a) kreatiewe skryfwerk. ’n Post Scriptum (wat
geïnterpreteer kan word as ’n naskrif, ’n konsep wat nie werklik in akademiese tekste aangetref
word nie) volg ná Hoofstuk 10, wat as haar fi nale hoofstuk, waarin sy die studie opsom, beskou
kan word. Hambidge wyk verder van die norm van die basiese struktuur van ’n tesis af wanneer
sy na elke afdeling/hoofstuk reeds ’n bibliografi e byvoeg, maar interessant genoeg voeg sy weer ’n
volledige bibliografi e aan die einde van die tesis by (Hambidge, 2000:303-311).
Dit blyk dus dat daar reeds slegs ten opsigte van die formaat van Hambidge se tesis ooreenkomste
tussen ’n meer informele, literêre teks aangetref word. Vervolgens gaan daar spesifi eke voorbeelde
vanuit die teks voorgehou word, waar die skryfstyl van die meer formele, akademiese skryfstyl afwyk.
Voorbeeld 2:
Ons vind hier dus ’n omgekeerde …
Hambidge maak 240 keer in die tesis gebruik van die voornaamwoord ons, dit terwyl die gebruik
van voornaamwoorde in akademiese tekste nie noodwendig so algemeen is nie. In die literêre skryf-
werkgedeelte van elke hoofstuk, word die storie van die skryf van die tesis aan die leser voorgehou,
voorbeeld 37 toon dan ook die eerste sprong van die tesis na die literêre skryfwerk aan.
Voorbeeld 3:
OP SOEK NA EMILY DICKINSON
EMILY DICKINSON EN REPRESENTASIE
Die skrywer kyk na haar reiskaart na Boston in die VSA en sy weet dat hierdie reis oor minder as
twee weke ’n aanvang neem. Sy het sopas die afdeling oor Walt Whitman/Johann de Lange en
die liggaamlikheid van hul poësie voltooi. Nou keer sy terug na die begin van haar studie oor die
implikasies van die protofeminis Emily Dickinson.
Sy sal haar doktorale studie oor genderkonstruksies hier voltooi aan die beroemde Harvard
Universiteit waar etlike seminale studies oor die onderwerp al verskyn het. Harvard is tans in die
brandpunt van gendernavorsing soos wat Yale in die tagtigerjare die vesting was vir dekonstruksie.
Opvallend in voorbeeld 37 is hoe Hambidge in die derdepersoon skryf, tog vind die oorgang van
derde na eerstepersoon later in dieselfde hoofstuk plaas, ’n oorgang wat aan die leser verduidelik
word voordat Hambidge vanuit haar eie perspektief oor die skeppingsproses van die tesis begin skryf.
52
12
stilet.digital volume 32(1&2) | Joan
Mei/September 2020 | ISSN: 1013-4573
Voorbeeld 4:
Die oorgang van die derdepersoon na eerstepersoon het ongemerk plaasgevind op hierdie koue, nat
wintersoggend, wagtend op PG Glass om vensters in die studeerkamer te vervang: die gekraakte
simbole van die self.
En dan na die oorgang:
Voorbeeld 5:
Tog verlaat die gevoel van naderende onheil my nie. Vanmiddag stuur ek ’n e-pos na ’n vriendin
wat binnekort ’n ernstige operasie moet ondergaan en die boodskap stol. Ek sien tot my verbasing
dat dit die begin van my leêr Boston versend. Ek kyk of daar virusse in my Compaq Armada is, maar
Peter Norton verklaar dat alles veilig is.
Tog wissel Hambidge deurentyd tussen eerste- en derdepersoon – beklemtoon sy telkens haar eie
opinie en ondersteun dit met voorbeelde, aanhalings, skeppende skryfwerk. Uit die voorafgaande
is die unieke en liminale aard van Hambidge se akademiese skryfwerk duidelik.
Stilometriese analise
Stilometrie verwys na ’n vorm van outeurskapidentifi kasie wat staat maak op linguistiese inligting
wat vanuit ’n dokument sigbaar word (Nel, 2018:159). Alhoewel stilometrie toegepas is voor die
toename in die gebruik van rekenaars, verwys dit tans na analises wat patroonmatigheid in korpora
ondersoek en hoofsaaklik deur rekenaarprogrammatuur gedomineer word (vgl. Brennan et al.,
2011:1). Lakshmi (2012:653) is van mening dat ’n stilometriese analise kan bydra tot die suksesvolle
identifi sering van ’n outeur. Stilometrie word deur Kotzé (2007:388) gedefi nieer as:
’n Deeglike kwantitatiewe ontleding, deur middel waarvan die relatiewe frekwensie van identiese
woordeskatitems of woordgroepe vergelyk word. Dit word ’n kwantitatiewe ontleding genoem
omdat dit gebaseer is op die kwantifi sering van tekstuele kenmerke as ’n basis vir verdere bereke-
ninge, wat beteken dat ieder en elke woord opgeteken en getel moet word. ’n Aantal berekeninge
word dan op die data uitgevoer, gevolg deur statistiese beduidenheidstoetse.
Brennan et al. (2011:3) hou voor dat stilometrie gebaseer word op die veronderstelling dat elke
individu oor ’n unieke taalstyl beskik. Die bekendste geval waar stilometrie gebruik is om die outeur
van ’n teks te identifi seer, is die Federalist Papers-saak (Brennan et al., 2011:13; Juola, 2006:10; Kotzé,
2007; Mosteller & Wallace, 1965:275; Olsson, 2008:19). Stilometrie kan as ’n bo-na-onder model
beskryf word waar daar ondersoek ingestel word na die voorafbepaalde taksonomie van stilistiese
items om sodoende die stilometriese eienskappe te bepaal (vgl. McMenamin, 2002:54). Krause
(2013) verwys na sinslengte, woordeskatrykheid en frekwensie van woorde of woordlengtes as
kenmerke wat stilometries ondersoek word.
53
13
In dié stilometriese analise is daar ’n ratio-analise2 uitgevoer, ten einde te bepaal of die gebruik van
voornaamwoorde, voorsetsels en konjunksiemerkers kenmerkend aan Hambidge se idiolek beskou
kan word in die romans, sowel as die tweede PhD. Verder is die leesbaarheid3 van die betrokke
tekste geanaliseer.
Die ratio-analise het getoon dat R1 en R2 – soos verwag – die grootste ooreenkoms in die gebruik
van voornaamwoorde toon. Daar is ’n ooreenkoms van 11.9% tussen R1 en P1 wanneer die gebruik
van voornaamwoorde ondersoek word, terwyl die gebruik van voornaamwoorde in R2 en P1 met
83.1% verskil. Die aanname kan dus gemaak word dat Hambidge se gebruik van voornaamwoorde
verskil na gelang van die genre waarin sy skryf. Die ondersoek na die gebruik van voorstelsels in
die drie tekste het weereens aangetoon dat die genre waarin Hambidge skryf wel ’n invloed op
die gebruik van hierdie spesifi eke grammatikale woorde het. Tog blyk dit dat daar ’n kleiner verskil
(R1 en R2 – 81%) in die voorkoms van voorsetsels blyk te wees wanneer R1 en R2, R1 en P1, en R2
en P1 met mekaar vergelyk word – soveel so dat die gebruik van voorstelsels, wanneer R1 en P1,
en R2 en P1 met mekaar vergelyk word meer ooreenkomste toon as wanneer R1 en R2 vergelyk
word. Weereens blyk dit dus dat die genre wel Hambidge se gebruik van voorsetsels beïnvloed,
maar dat dit die twee romans is wat die meeste van mekaar verskil. Ten opsigte van die gebruik
van konjunksiemerkers is daar ’n groter ooreenkoms tussen R2 en P1 as tussen R1 en R2. Weereens
opvallend dat dit die vergelyking tussen die roman en die tweede PhD is wat ’n groter ooreenkoms
toon as die vergelyking tussen die twee romans.
Gepaarde t-toetse4 is vervolgens uitgevoer om te bepaal of daar ’n statisties beduidende verskil in
die gebruik van voornaamwoorde, voorsetsels en konjunksiemerkers in R1, R2 en P1 waargeneem
kan word (sien tabel 2). Wanneer ’n p-waarde kleiner as 0.05 is, word die verskil tussen die items as
statisties beduidend beskou, dit wil sê dat daar nie ’n onderskeid getref kan word ten opsigte van
die items wat ondersoek word nie en dus kan daar aangevoer word dat die onderskeie tekste nie
idiolekties ooreenstem nie. Dus word daar in tabel 2 voorgehou wanneer die p-waarde statisties
beduidend verskil (ja) al dan nie (nee). Die aanwesigheid van ’n statisties beduidende verskil (‘ja’ in
kolom 3) kan daar aangevoer word dat die tekste nie deur dieselfde outeur geskryf is nie.
Tabel 2 – Gepaarde t-toetse
Voornaamwoorde
Korpus Gemiddeld P-waarde Statisties beduidende verskil
R1 & R2 0.309 0.370 Nee
R1 & P1 0.314 0.410 Nee
R2 & P1 0.006 0.980 Nee
54
14
stilet.digital volume 32(1&2) | Joan
Mei/September 2020 | ISSN: 1013-4573
Voorsetsels
Korpus Gemiddeld P-waarde Statisties beduidende verskil
R1 & R2 0.098 0.277 Nee
R1 & P1 -0.253 0.041 Ja
R2 & P1 -0.351 0.012 Ja
Konjunksiemerkers
Korpus Gemiddeld P-waarde Statisties beduidende verskil
R1 & R2 0.102 0.100 Nee
R1 & P1 -0.154 0.043 Ja
R2 & P1 -0.256 0.008 Ja
Vanuit tabel 2 blyk dit dat die gebruik van voornaamwoorde in al drie die tekste nie statisties
beduidend verskil nie, en dus stem die tekste idiolekties ooreen. Ten opsigte van die voorsetsel- en
konjunksiemerkergebruik is dit slegs die twee romans wat statisties beduidend ooreenstem, en
dus is die gebruik van voorsetsels en konjunksiemerkers tussen die tweede PhD en die romans nie
soortgelyk nie. Dit is wel interessant dat dit juis die voornaamwoorde is wat idiolekties ooreenstem
tussen al drie die tekste, aangesien die aanname gemaak kan word dat ’n akademiese teks meer
formeel sal wees, en dat daar dus minder voorsetsels gebruik sal word.
Daar is ook verder van Flesch-Kincaid sowel as die Misindeks gebruik gemaak ten einde te bepaal
wat die leesbaarheidsvlak van die onderskeie tekste is (sien tabel 3).
Leesbaarheidstoetse verwys na die toetse wat ’n leesbaarheidsindeks bepaal het van elk van die
korpora wat in hierdie studie gebruik is. Daar is talle aanlyn programmatuur beskikbaar om die
leesbaarheidsindeks van ’n teks te bepaal, maar hierdie programme is nie vir Afrikaanse tekste
beskikbaar nie. Combrink (1992:i) het die Misindeks ontwikkel om die leesbaarheid van Afrikaanse
tekste te bepaal. Combrink (1992:i) het hierdie toets in 1989 saamgestel na aanleiding van die
Gunning Fog Index. Die Misindeks is gebaseer op sinslengte en die gebruik van meerlettergrepige
woorde. Combrink (1992:i-ii) het die onderstaande metode saamgestel ten einde die Misindeks te
kan bereken:
I. Die teks moet oor 100 woorde of meer beskik – as 100 nie op ’n sinseinde val nie, sluit die hele
sin by die teks in.
II. Werk die gemiddelde sinslengte uit:
55
15
III. Tel die aantal woorde met drie of meer lettergrepe in die teks en deel die getal deur twee.
IV. Neem die antwoord vanuit ii en iii verkry en vermenigvuldig met 0,4209.
Die antwoord wat by stap iv (4) gekry word, is die Misindeks van die teks. Die resultaat is die
Misindeks van ’n teks − ’n waarde wat die moeilikheidsgraad van ’n teks aandui. In hierdie studie
is daar verwag dat die Misindeks relatief laag sou wees aangesien die tekste wat gebruik is uit slegs
’n beperkte aantal karakters bestaan het waarmee ’n boodskap oorgedra is. Volgens Combrink
(1992:ii) moet die Misindeks soos volg geïnterpreteer word:
5 en 6 − taamlik maklik.
7 en 8 – standaard.
9 tot 11 – taamlik moeilik.
12 tot 15 – moeilik.
16 en hoër – baie moeilik.
Met betrekking tot die Flesch-Kincaid-toets kan die resultate as volg geïnterpreteer word:
Graadvlak: Verwys na die skoolvlak/-graad van die leerder wat veronderstel is om die
dokument te verstaan. Hoe hoër die graad, hoe moeiliker is die teks (Anon, 2009).
Gemiddelde graadvlak: Verwys net na die gemiddele van al die toetse wat uitgevoer is.
Gemak van leesbaarheid: Hoe laer die leesbaarheidsvlak, hoe moeiliker is die teks om te lees.
Tabel 3 – Leesbaarheidsvlak
Flesch-Kincaid R1 R2 P1
Gemak van leesbaarheid 71.9 69.3 58.7
Flesch-Kincaid-graadvlak 5.9 6.7 8.8
Gemiddelde graadvlak 6.6 7.3 9.5
Karakters per woord 4.3 4.2 4.6
Woorde per sin 10.8 12.6 15
Misindeks R1 R2 P1
Gemak van leesbaarheid 8.7 6.5 15.6
Vanuit tabel 3 is dit duidelik dat P1 beskou kan word as die moeilikste leesbare teks. Weereens
is die verskil in die leesbaarheid tussen R1 en R2 gering. Ook ten opsigte van die graadvlak is die
tweede PhD die “moeilikste” teks, alhoewel die verskil tussen die drie tekste nie so groot is nie.
56
16
Hambidge maak deurlopend van woorde met dieselfde karakters per woord, sowel as sillabes per
sin, gebruik. Tog is die hoeveelheid woorde per sin aansienlik hoër in die tweede PhD – ’n eienskap
wat aan die genre toegeskryf kan word. Daar is verder van die program Signature (Millican, 2003)
gebruik gemaak om die ooreenkomste tussen die woordlengte en die frekwensie van die gebruik
van leestekens in R1, R2 en P1 vas te steluit te beeld.
Figuur 1 – Vergelyking van woordlengte
Vanuit die Signature-vergelyking5 van die verskillende woordlengtes in die drie Hambidge-tekste is
dit weereens opvallend dat Hambidge deurlopend in al drie dié tekste van woorde met ’n ooreen-
stemmende woordlengte gebruik maak. Aangesien die PhD (Hambidge se tweede PhD) veronder-
stel is om moeiliker, meer formele en vakspesifi eke woorde te bevat, sou die veronderstelling wees
dat hierdie teks oor ’n hoër frekwensie langer woorde moet beskik, maar dit blyk uit fi guur 1 dat
Hambidge deurlopend dieselfde frekwensie woorde met verskillende woordlengtes gebruik.
Figuur 2 – Vergelyking van die frekwensie van die gebruik van leestekens
In Figuur 2 word die frekwensie van die gebruik van leestekens voorgehou. R1, R2 en P1 is soortgelyk
in terme van die gebruik van kommas en punte (sien die persentasies soos aangedui op fi guur 2),
57
17
maar daar is ’n groter ooreenkoms in die gebruik van hakies ( ) tussen R1 en P1 as tussen R1 en R2
(sien die persentasies soos aangedui op fi guur 2). Wanneer die gebruik van uitroeptekens vergelyk
word, is dit R1 waarin die meeste voorkom, terwyl die gebruik van uitroeptekens in R2 nader is aan
dié van P1. Weereens is dit duidelik dat Hambidge nie noodwendig streng by die voorskrifte van die
genre-beginsels hou wanneer die frekwensie van die gebruik van leestekens ondersoek word nie.
Volgens die stilometriese analise is daar dus duidelik ooreenkomste tussen Hambidge se tekste,
maar statisties blyk dit dat die genre wel soms ’n invloed op Hambidge se skryfstyl het. Vervolgens
gaan die stilistiese analise voorgehou word.
Stilistiese analise
’n Stilistiese analise verwys na die analise van variasies in tekste waardeur patrone in die tekste
identifi seer word. In hierdie ondersoek is die drie tekste deurgelees en ooreenkomste rakende
die voorkeur vir sekere uitdrukkings, afwykings vanaf die norm en die toepassing van bepaalde
stylbeginsels aangeteken. Ten einde ondersoek in te stel of Hambidge se tweede PhD ’n liminale
ruimte betree waar die onderwerp van haar eerste PhD so sterk op haar skryfstyl inwerk dat sy
in werklikheid ’n akademiese metaroman skryf, word daar vervolgens voorbeelde voorgehou
vanuit die drie tekste, wat die ooreenkomste tussen die romans en die tweede PhD aandui.
Voorbeeld 6: P1 (Reël 6329) … die Derrideaanse nosie …
Voorbeeld 7: R2 (Reël 2233) … ’n Descartiaanse analise …
Voorbeeld 8: R2 (Reël 3124) … haar Jungiaanse terapeut …
Voorbeeld 9: P1 (Reël 224) … die Jungiaanse benadering …
Voorbeeld 10: R1 (Reël 2289) … ook Freudiaanse sofa …
Voorbeeld 11: R2 (Reël 948) … ’n Freudiaanse ‘slip of the tongue’ …
Voorbeeld 12: P1 (Reël 5961) … hul Freudiaanse “family romances” …
Voorbeeld 13: P1 (Reël 8013) … Joan (Freudian slip. JH) Vercuiel skakel …
Die bostaande voorbeelde kan as eponieme beskryf word. Die gebruik van eponieme is nie vreemd
of selfs kenmerkend aan ’n enkele individu nie, maar die wyse waarop eponieme in al drie die
tekste gebruik word, is wel insiggewend. In voorbeelde 1 tot 5 word eponieme gebruik. Wat wel van
belang is, is voorbeelde 6, 7 en 8, voorbeelde wat vanuit R2 en P1 geneem is. Opvallend in die voor-
beelde is die kodewisseling wat saam met die eponiem gebruik word, maar ook die informaliteit
van die sin. Voorbeelde 7 en 8 is vanuit die PhD (tweede) geneem, en dit wyk af van wat as die norm
in akademiese tekste beskou word. Daar is talle voorbeelde van kodewisseling in die drie tekste, en
die gebruik van Frans, Nederlands en Latyn eerder as Engels is opvallend.
Voorbeeld 14: R1 (Reël 228) … pudenda est bella) …
Voorbeeld 15: R2 (Reël 3141) … Ex libris die postmodernis …
58
18
Voorbeeld 16: P1 (Reël 804) … Die “unheimliche” van Freud …
Voorbeeld 17: P1 (Reël 6922) … le désir de l’analyst wat op Frans letterlik beteken …
Dit is egter duidelik dat die kodewisseling6 telkens verwys na akademiese terme wat moeilik vertaal-
baar is, en dus binne die konteks waarin dit gebruik word as onvermydelik beskou kan word. Tog is daar
etlike voorbeelde waar Hambidge wel Engelse woorde/frases gebruik.
Voorbeeld 18: R1 (Reël 287) … en die ambiance is teer …
Voorbeeld 19: R1 (Reël 2726) … vorm van ’n straight jacket
Voorbeeld 20: R2 (Reël 791) … or maybe I’m having a préjà vue in …
Voorbeeld 21: R2 (Reël 867) … foto op die lawn dat …
Voorbeeld 22: J3 (Reël 930) … Sy reis egter met mweb se “airmail” wat …
Voorbeeld 23: P1 (Reëls: 1505, 1526, 1539, 1571, 1630, 1697) … sogenaamde “cross-
dresser” of transvestiet …
Voorbeeld 24: P1 (Reël 1530) … nie ’n “hunk” is nie …
Voorbeeld 25: P1 (Reël 5454) … van ’n chat-show kan ’n gender-konstruksie …
Voorbeeld 26: P1 (Reël 1551) … die outsiderskap en …
Voorbeelde 13 tot 21 toon dus kodewisseling met Engels aan. Alhoewel daar in al drie die tekste
kodewisseling voorkom, is die informele wisseling met Engels wat in die PhD (tweede) aangetref word
weereens van belang. Hambidge wyk hier af van die stylbeginsels van ’n akademiese teks, en daar is ’n
mate van informaliteit wat deur die kodewisseling na vore kom. Hierdie informele skryftrant wat in die
tweede PhD aanwesig is, word ook in die onderstaande voorbeelde uitgebeeld.
Voorbeeld 27: R1 (Reël 2379) … Elke dag sal paydag wees! …
Voorbeeld 28: R2 (Reël 512) … duidelik ’n server-probleem
Voorbeeld 29: P1 (Reël 3833) … glo ’n tomboy-dogter
Voorbeeld 30: P1 (Reël 3418) ... Sy ‘no nonsense’-manier
Voorbeeld 31: P1 (Reël 2923) … my kom uit-bail’ …
Voorbeeld 32: P1 (Reël 531) … in die “struggle”-jare toe …
Weereens is die ooreenkoms in die informaliteit van al drie die tekste duidelik sigbaar. Die gebruik van
parenteses, die invoeging van sinne, sinsnedes en/of gedagtes, is ’n verdere kenmerk in Hambidge
se drie tekste, en veral die tweede PhD, wat die informaliteit van haar skryfstyl beklemtoon.
Voorbeeld 33: P1 (Reël 1255) … miljoen dollar (’n enorme bedrag vir 1975) gekry …
Voorbeeld 34: P1 ((Reël 1092) … (die model vir Estée Lauder) …
Voorbeeld 35: P1 (Reël 1637) … (Camille Paglia, terloops beskryf hierdie teks as die eerste
dekadente teks in die 19e eeu in) …
Voorbeeld 36: P1 (Reël 1885) … (en Bill Clinton se optrede in die Wit Huis) en …
Voorbeeld 37: P1 (Reël 470) … En die slotreël?? …
Tog gaan Hambidge selfs verder deur van punktuasie en hoofl etters gebruik te maak om sekere woorde
59
19
te beklemtoon en aandag daarop te vestig.
Voorbeeld 38: R1: WELLUS, ’n NAAM, JaaaaaaaAAAAAAAAAA!”,
“JoooooooOOOOOOOOOOOOOOO!”, “JeiiiiiIIIIIIIIIIIIIIIiIIIIIiiiii!”
Voorbeeld 39: P1: ge-na-de, D-R-A-M-A, E-M-I-L-Y D-I-C-K-I-N-S-O-N
Voorbeelde 33 en 34 toon aan hoe Hambidge in die roman (R1), sowel as die tweede PhD (P1) onkon-
vensioneel van hoofl etters en punktuasie gebruik maak om die aandag op sekere woorde en frases te
vestig. Vanuit die voorbeelde, voorgehou in hierdie afdeling, blyk dit dat Hambidge in der waarheid ’n
tipe tussenruimte, ’n liminale ruimte, in haar tweede PhD betree. Hierdie waarneming is gebaseer op
die feit dat sy telkens van onkonvensionele beginsels in die skryfstyl van haar tweede PhD gebruik maak.
Voorbeelde 1 – 34 toon duidelik aan hoe die informele skryfstyl wat in die PhD (tweede) voorkom
soortgelyk is aan die skryfstyl in die twee romans.
7. Samevatting
In hierdie artikel is ondersoek tot hoe ’n mate daar ’n ooreenkoms is tussen Hambidge se literêre en
akademiese tekste, of Hambidge se tweede PhD in wese die identiteit van haar navorsing rakende die
metaroman aangeneem het en hoe haar tweede PhD ’n liminale ruimte betree.
Hambidge se unieke profi el dra by tot die verstaan van haar kenmerkende benadering tot skryf. Uit die
literatuur is die verweefde verwantskap tussen genre en teks duidelik. Deur van sowel kwantitatiewe
as kwalitatiewe taalkundige metodes gebruik te maak, is twee romans en ’n PhD (haar tweede) van
Hambidge ondersoek. In sekere opsigte kom die tekste ooreen, byvoorbeeld met voornaamwoordge-
bruik, en is ’n generiese idiolek van Hambidge duidelik. Die gebruik van voorsetsels en konjunksiemerk-
ers tussen die tweede PhD en die romans is onder andere nie soortgelyk nie. Die leesbaarheidsvlakke
van die tekste wys egter bepaalde konformiteit met die genres. Die stilistiese analise toon egter ’n
duidelike idiolek van Hambidge en is die liminale ruimte van die tweede PhD veral duidelik.
Hambidge steek ’n vernuwende drumpel oor deur die tweede PhD as metaroman tot literêre teks te
herskryf, tog is dit alles in lyn met wat sy self oor literêre tekste en die aard daarvan geskryf het. Dit
is juis hierdie betreding van ’n idiolektiese en genre-vervangende liminale ruimte wat Hambidge se
tweede PhD uniek maak, veral met die lees daarvan in terme van haar literêre tekste.
NOTA S
1 Drempeltaal verwys, vir die doel van hierdie artikel, na die taalgebruik wat eie aan Hambidge se idiolek beskou kan word
en dus liminaal op die drempel tussen die twee ondersoekte genres gerealiseer word.
60
20
2 Die ratio-analise verwys na die omvang van die woordeskat wat ondersoek word. Die ratio word bereken deur die
onderstaande formule:
Deur die praktiese beduidendheid van die ratio’s te bepaal, kan vasgestel word dat daar voldoen is aan ’n arbitrêre limiet
(beduidendheidsdrempel van 20%) waar daar dan ’n sigbare verskil (wanneer die verskil in ratio’s <0.8 of>1.2 is, is daar
’n prakties beduidende verskil) tussen die betrokke korpora voorkom.
3 Die leesbaarheid verwys na die Flesch-Kincaid-leesbaarheidstoetse verwys na ’n toets wat deur Rudolf Flesch en Pe-
ter Kincaid ontwikkel is. Hierdie toets dui die karaktertelling, sillabetelling, hoeveelheid woorde, karakters per woord,
sillabes per woord sowel as die hoeveelheid woorde per sin aan. Daar kan vanuit die veronderstelling uitgegaan word
dat ’n outeur se Flesch-Kincaid-toetstellings69 met mekaar sal ooreenstem. Olsson (2008:105-106) verwys ook na die
Flesch-Kincaid-toetse as ’n nuttige wyse waarop bepaal kan word of tekste tekens toon dat dit deur dieselfde outeur
geskryf is. Die misindeks word gebruik om die leesbaarheid van ’n Afrikaanse prosateks te bepaal
4 Die gepaarde t-toets word gedefi nieer as ’n tipe toets waar waardes wat ver genoeg aan die teenoorgestelde kante van
die spektrum lê, en sodoende kan die geloofwaardigheid van die teenstelling van die nulhipotese voorgehou word.
5 Die program dui die frekwensie van woordlengte, sinslengte, paragraafl engte, letter en skryftekens in maklik leesbare
grafi eke aan.
6 Namba (2004:2) verwys na die matriks-taal (ML) en die ingebedde taal (EL), waar ML na sprekers se dominante taal
verwys. Myers-Scotton (2001:25) verwys na die kontakfenomeen waar verskillende tale bydra tot ’n tweetalige uiting,
en waar nie net die ML bydra tot die grammatikale struktuur van ’n woord nie.
Verwysings
Brennan, M., Afroz, S., & Greenstadt, R. 2011. Adversarial stylometry: circumventing authorship rec-
ognition to preserve privacy and anonymity. ACM transactions on information and system
security, 15(3):1-22. http://doi.acm.org/10.1145/2382448.2382450
Chandler, D. 1997. An introduction to Genre  eory. https://www.researchgate.net/publica-
tion/242253420 Date of access: 01 Nov. 2020.
Combrink, J. 1992. Hoe om ’n verslag te skryf. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers.
Crystal, D. 2008. A dictionary of Linguistics and phonetics. 6th ed. Malden: Blackwell Publishing.
Devitt, A.J. 1993. Generalizing about Genre: New Conceptions of an Old Concept.
College Composition and Communication, 44(4):573-586.
Devitt, A.J. 2000. Integrating rhetorical and literary theories of genre. College English, 62(6):696-718.
Devitt, A.J. 2004. Writing genres. Carbondale: Southern Illinois University Press.
Du Plooy, H. 2006. Afstand en belewenis: liminale ruimtes en oorlewing in Niggie deur Ingrid Winter-
bach. Literator, 27(1):1-22.
Hambidge, J. 1984. Die metaroman – ’n dekonstruktiese-ondersoek. PhD – Grahamstad: Rhodes-uni-
versiteit.
Hambidge, J. 1995. Postmodernisme. Pretoria: J.P. van der Walt.
Hambidge, J. 2000. Gender-konstruksies in die Afrikaanse letterkunde: ’n Ondersoek in kultuur-
studies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk.
Horvath, A.,  omassen, B. & Wydra, H., eds. 2015. Breaking boundaries: Varieties of liminality.
61
21
New York: Berghahn Books.
Hyland, K. 2010. Genre Analysis. In: Malmkjaer, K., ed. e Routledge Linguistics Encyclopedia. 3rd ed.
London: Routledge. pp. 210-213.
Hyon, S. 1996. Genre in three traditions: Implications for ESL. Tesol quarterly, 30:693-722.
Juola, P. 2006. Authorship attribution. Foundations and trends in information retrieval, 1(3):233-334.
Kessler, B., Nunberg, G. & Schütze, H. 1997. Automatic detection of text genre. In: Proceedings of the
35th Annual Meeting of the Association for Computational Linguistics (ACL-97). Madrid, July
7–12. pp. 32–38.
Kotzé, E.F. 2007. Die vangnet van die woord: forensies-linguistiese getuienis in ’n lastersaak.
Southern African linguistics and applied language studies (SALALS), 25(3):385-399.
Krause, M. 2013. Stylometry-based fraud and plagiarism detection for learning at scale. https://
www.researchgate.net/profi le/Markus_Krause/publication/271836873_Stylometry-based_
Fraud_and_Plagiarism_Detection_for_Learning_at_Scale/links/54d3727f0cf2b0c6146d8a94/
Stylometry-based-Fraud-and-Plagiarism-Detection-for-Learning-at-Scale.pdf Date of access:
24 Dec. 2016.
Lakshmi, P.K. 2012. A study on author identifi cation through stylometry. International journal of
computer science & communication networks, 2(6):653-657.
Le, Y. & Myaeng, S.H. 2002. Text genre classifi cation with genre-revealing and subject-revealing fea-
tures. Proceeding of SIGIR’02, Aug. 11-15. Tampere, Finland.
Marais, J.L. 2005. Die Afrikaanse poësie sedert die 1980’s ondenkbaar sonder Hambidge.
Literator, 26(3):149-180.
Mey, J.L., red. 2009. Concise encyclopedia of pragmatics. Denmark: Elsevier.
McMenamin, G.R. 2002. Forensic linguistics: advances in forensic linguistics. California: CRC Press.
Millican, P. 2003. Signature Stylometric System 1.0. http://www.signature.com
Date of access: 10 Jun 2013.
Mosteller, F. & Wallace, D.L. 1965. Interference in authorship problem: a comparative study of dis-
criminating methods applied to the authorship of the disputed Federalist papers.
Journal of the American statistical association, 58(203):275-309.
https://www.stat.cmu.edu/ Exams/mosteller.pdf
Myers-Scotton, C. 2001.  e matrix language frame model: developments and responses.
In: Jacobson, R., ed. Codeswitching worldwide II. New York: Mouton de Gruyter. pp. 23-58.
Namba, K. 2004. An overview of Myers-Scotton’s Matrix Language Frame model.
Educational Research Bullitin Senri International School.
http://yayoi.senri.ed.jp/research/re09/namba.pdf Date of access: 25 Sept. 2017.
Nel, M. 2013. Joan Hambidge se idiolek oor die grense van genres: ’n korpuslinguistiese ondersoek.
MA-verhandeling – Potchefstroom: NWU.
Nel, M. 2019. Outeurskapidentifi kasie en mikroblogs: ’n eksploratiewe forensiese analise in ’n digitale
era. PhD-proefskrif – Potchefstroom: NWU.
62
22
Nel, M. & Olivier, J. 2018. Multimodale idiolektiese taalgebruik en skrywerskapidentifi kasie: ’n korpu-
sontleding van Joan Hambidge se idiolek oor die grense van genres.
LitNet Akademies, 15(3):382-429.
Olsson, J. 2008. Forensic linguistics. 2nd ed. London: Continuum International Publishing Group.
Richards, J.C. & Schmidt, R. 2002. Longman dictionary of language teaching and applied linguistics.
London: Pearson Education.
Stamatatos, E., Fakotakis, N. & Kokkinakis, G. 2000. Text genre detection using common word fre-
quencies. Proceeding of the 18th International Conference on COLING2000.
Swales, J.M. 1990. Genre analysis: English in academic and research settings. Cambridge: Cambridge
University Press.
Taljard, M.E. 2007. Tussen Gariep en Niger: die representasie en konfi gurasie van grense, liminaliteit
en hibriditeit in Kleur kom nooit alleen nie van Antjie Krog. PhD-proefskrif – Potchefstroom:
Noordwes-Universiteit.
Van Dyk, T. 2016. Akademiese akkulturasie en holisties waardegedrewe transformasie: Die rol van
akademiese geletterdheid. Intreerede – Potchefstroom: Noordwes-Universiteit.
https://repository.nwu.ac.za/bitstream/handle/10394/26604/2.16.1_TVanDyk.pdf
Toegangsdatum: 22 Augustus 2019.
Viljoen, H. & Van Der Merwe, C.N. 2006. Oor die drumpel: liminaliteit en literatuur.
Literator, 27(1):ix-xxvi.
ResearchGate has not been able to resolve any citations for this publication.
Thesis
Currently, we find ourselves in the era of Web 3.0 (Semantic Web) and Web 4.0 (Symbiotic Web). Not only are people now able to share content with each other, but they can also create the content themselves. The mobile nature of Web 3.0 and 4.0, that is, the manner in which users have access to the internet via various devices (users are no longer solely dependent on a computer to use the internet), has resulted in a change in social interaction and communication. People are moving away from the more traditional communication mediums and they are finding news, information, and companionship online. It, therefore, appears to be evident that the role of the user has changed and should now be viewed as an online profile through which newsworthy occurrences can be shared in no time. Communication now also has to be short, the reader wants to know what is happening at a glance. The development of these new technologies is consequently not only changing the ways in which communication takes place or the ways in which language is used to convey the message, but also creates an ideal opportunity for negative communication (slander and bullying or trolling) and fake profiles. In view of the increasing amount of anonymous profiles, one has to ask who is truly speaking and can the author of a short electronic text (in Afrikaans) be identified?
Thesis
Idiolect refers to an individual’s unique use of language. Therefore, the author of a text can be identified by his/her use of language. This study is focused on Joan Hambidge’s recognisable idiolect across the boundaries of genres. It is expected that Hambidge will have a unique and recognisable idiolect, regardless of the genre she writes in. By making use of forensic linguistic principles, methods and applications, it has been shown that it is possible to determine an individual’s idiolect. Even though forensic principles are specifically focused on identifying an author, the methodology used in the research field can be applied to a corpus linguistic study to determine how clearly an individual’s idiolect features across the boundaries of genres. By researching the research subject, explaining her oeuvre, creating a literary background, as well as discussing the literary approaches that Hambidge uses in her respective genres, and what she writes about, the necessary literary background was created, which contributes to the complete image of Hambidge and her influences. By creating this background, it is possible to determine which external factors have an influence on Hambidge's idiolect. Linguistic research was done to determine the origin and background of sociolinguistics; as well as factors that can influence an individual’s idiolect. The background of forensic linguistics was provided, as well as the various corpus linguistic methods that can be used in a study such as this one. After the background was provided, the empirical analysis was executed, in which both stylistic and stylometric analyses were performed by making use of inter- and intra-corpus linguistic research, according to which Hambidge’s idiolect was identified. To identify Hambidge’s idiolect, the Taalkommissie corpus was used as a reference corpus to determine whether the idiosyncratic characteristics that were found in the Hambidge corpus truly are a unique feature or whether they can also be found in the Taalkommissie corpus. The application and execution of the methods made it possible to determine to which extent, if at all, Hambidge has a unique idiolect, and how this idiolect features across the boundaries of genres. The research has determined that Joan Hambidge has a unique idiolect and that the idiolect is especially clear when research is done about her corpus in its entirety. When Hambidge’s separate genres were compared to each other, it was clear that genre influences idiolect, but also that Hambidge did not follow the prescribed genre conventions. Even though the two novels that were compared, did not match as was expected, the other, various genres did agree. Various categories were identified, from which it is clear that distinguishing characteristics can be found in Hambidge’s corpus. It can therefore be said without a doubt that Hambidge has a unique idiolect across the boundaries of genres.
Article
The use of stylometry, authorship recognition through purely linguistic means, has contributed to literary, historical, and criminal investigation breakthroughs. Existing stylometry research assumes that authors have not attempted to disguise their linguistic writing style. We challenge this basic assumption of existing stylometry methodologies and present a new area of research: adversarial stylometry. Adversaries have a devastating effect on the robustness of existing classification methods. Our work presents a framework for creating adversarial passages including obfuscation, where a subject attempts to hide her identity, and imitation, where a subject attempts to frame another subject by imitating his writing style, and translation where original passages are obfuscated with machine translation services. This research demonstrates that manual circumvention methods work very well while automated translation methods are not effective. The obfuscation method reduces the techniques' effectiveness to the level of random guessing and the imitation attempts succeed up to 67&percnt; of the time depending on the stylometry technique used. These results are more significant given the fact that experimental subjects were unfamiliar with stylometry, were not professional writers, and spent little time on the attacks. This article also contributes to the field by using human subjects to empirically validate the claim of high accuracy for four current techniques (without adversaries). We have also compiled and released two corpora of adversarial stylometry texts to promote research in this field with a total of 57 unique authors. We argue that this field is important to a multidisciplinary approach to privacy, security, and anonymity.
Article
Within the last two decades, a number of researchers have been interested in genre as a tool for developing L1 and L2 instruction. Both genre and genre-based pedagogy, however, have been conceived of in distinct ways by researchers in different scholarly traditions and in different parts of the world, making the genre literature a complicated body of scholarship to understand. The purpose of this article is to provide a map of current genre theories and teaching applications in three research areas where genre scholarship has taken significantly different paths: (a) English for specific purposes (ESP), (b) North American New Rhetoric studies, and (c) Australian systemic functional linguistics. The article compares definitions and analyses of genres within these three traditions and examines their contexts, goals, and instructional frameworks for genre-based pedagogy. The investigation reveals that ESP and Australian genre research provides ESL instructors with insights into the linguistic features of written texts as well as useful guidelines for presenting these features in classrooms. New Rhetoric scholarship, on the other hand, offers language teachers fuller perspectives on the institutional contexts around academic and professional genres and the functions genres serve within these settings.