ArticlePDF Available

Die getuienis van die evangelie volgens Mattheus oor die maagdelike geboorte van Jesus Christus

Authors:
DIE GETUIENIS VAN DIE EVANGELIE
VOLGENS MATTHEUS OOR DIE MAAG-
DELIKE GEBOORTE VAN JESUS
CHRISTUS
DR. P. J. THEO KOEKEMOER
1. INLEIDENDE OPMERKING:
Wanneer mens in verband met die kerklike leer van die
maagdelike geboorte van Jesus Christus, die filologiese betekenis
van ‘almá en betu in die Ou Testament nagaan, asook die
betekenis van parthenos en neanis in die LXX en verder n
eksegese van Jes. 7:14 en Miga 5:1-4, is die volgende sake baie
duidelik:
(a) Die Hebreeuse ‘almá beteken nie maagd nie, maar wel ’n
jong getroude vrou totdat sy haar eersgeborene gebaar het; kan
ook ’n hubare meisie beteken by wie die m aagdskap wel ver
onderstel mag word, m aar nie noodwendig soos by die betula
(maagd „virgin”) nie.
(b) Die vraag waarom die LXX vertalers ‘almá met parthenos
vertaal het, is moeilik finaal te beantwoord, maar is waarskynlik
te verklaar uit die „behoefte” om die wonderbare van die aange-
kondigde Kind en sy geboorte te onderstreep. Of hier ook sprake
is van ’n „nawerking (formeel en met voorbehoud) van Oud-
Oosterste verlossersverwagting-voorstellings is n baie vae en
verre moontlikheid.
Derhalwe: Die eksegese van die Ou Testament lewer geen
onbetwisbare uitgangspunt of bevestiging vir die leer van die
maagdelike geboorte van Jesus Christus nie. Die beskouing van
Procksch en andere dat die ‘alma van Jes. 7:14 wel met parthenos
vertaal moet word, soos die LXX dit gedoen het, is suiwer
filologies nie te regverdig nie.
In hierdie artikel is die vraag na die Skrifbewys ten opsigte
van al die Nieutestamentiese uitsprake aangaande die maagdelike
geboorte van Jesus Christus nie nou aan die orde nie. Dis ’n
vraag of daar, behalwe die gegewens van Mattheus en Lukas,
enige spoor van die parthenogenesis in die Nuwe Testament is.
Wat is die sin van die swye van byvoorbeeld Paulus? Ons hoof-
taak sien ons hier as die eksegese van die gegewens van Mattheus
oor ons onderwerp, met tekskritiese voor-arbeid as teologies-
wetenskaplike noodsaaklikheid, terwyl die vraag van die sin
Van die swye in die res van die Nuwe Testament hier nie
ondersoek sal word nie.
63
(ii) Die gebruik van die woord parthenos1) in die Nuwe Testa
ment:
Ons let op enkele vertalings van die betrokke Skrifgedeeltes:
Matt. 1:23 en Matt. 25:1, 7 en 11, Luk. 1:27, Hand. 21:9, 1 Kor.
7:25, 28 en 34 en 1 Kor. 7:36 en 37, 2 Kor. 11:2, Openb. 14:4.
Die Afrikaanse-, State-, Lutherse-, Leidse- vertaling en die
van prof. Brouwer, Petrus Canisius en die Ned. Bybelgenootskap2)
vertaal parthenos in Matt. 1:23 deurgaans met maagd. Parthenos
in Matt. 25:1, 7 en 11 word deur die Afrikaanse vertaling weerge-
gee as jong meisies”, deur die Leidse verklaring en prof. Brouwer
as „meisjes”, deur die State-, Lutherse-, N.B.G. en Petrus
Canisius-vertalinge as „maagden. Ten opsigte van Luk. 1:27
merk ons op dat al die genoemde vertalinge lees maagd” be-
halwe die Afrikaanse vertaling w at lees jongedogter. Die
parthenoi (meervoud) van Hand. 21:9 word deur die Afrikaanse-,
Leidse-, Brouwerse-, P. Canisiusse-, en N.B.G.-vertalinge weer-
gegee as „vier ongetroude (Nederl. „ongehude”) dogters”, (doch
ters), terwyl die Statevertaling leesvier dochters, neg m aag
den, en die Lutherse vertaling vier dogters, maagde 1 Kor.
7:25, 28, 34 word deur die Afrikaanse vertaling weergegee met
„jongedogter(s)”, so-ook deur die N.B.G.: „jongedochter(s)”;
die Leidse vertaling vertaal vers 25 methuwbare meisjes” en
vers 28 en 34 met slegs meisje; die ander vier van die genoemde
vertalinge lees „maagd(en)”. In die eksegeties-moeilike gedeelte,
I Kor. 7:36 en 37 vertaal die Afrikaanse vertaling die parthenos
van vers 36 met „maagdelike dogter” en die parthenos van vers
37 slegs m et dogter”. Die N.B.G. lees hier by albei tekste
„jongedochter”; so ook Petrus Canisius jonge dochter; die
Lutherse vertaling lees „(wanneer zijne) dochter niet huwt ...”
(vers 36) en. . . . (zijne) dochter ongehuwd ...
Die Leidse vertaling meen om hier te vertaal met bruid,
die State-vertaling met „m aagd. Die parthenos van 2 Kor. 11:2
vertaal die Leidse-vertaling en prof. Brouwer as bruid” terwyl
die ander genoemde vertalinge hier lees „maagd. In Openb. 14:4
word parthenoi vertaal met maagdelik (Afrik, vert., Leidse vert.,
Prof. Brouwer en die N.B.G.) en maagden (State-, Lutherse-,
1) Vgl. Walter Bauer: Wörterbuch zum Neu en Testament, 4te Aufl., 1952;
Gerhard Kittel: Theologisches Wörterbuch zum N euen Testament;
J. H. Thayer: A Greek-English Lexicon of the New Testament, Trans
lated, revised and enlarged, 4th ed. 1930; Het Nieuwe Testament in
zes Ned erlandse vertalingen, 1950.
2) Vgl. „Het Nieuwe Testament in zes Ned erlandse vertalingen.”
64
en Petrus Canisius vertalinge). Uit voorafgaande blyk dit dat die
Griekse woord vir maagd, parthenos3) in die Nuwe Testament
verskeie betekenisskakeringe het:
(a) Parthenos in die algemeen beteken gewoon ongetroude-
jongvrou.” Vgl. Matt. 25:1, 7 en 11 en Hand. 21:9. Dit dui op ’n
meisie, dogter of jongdogter in ongehude staat.
(b) Parthenos ten opsigte van Maria4), die moeder van
Jesus, vgl. Matt. 1:23 en Lukas 1:27. Maria is die jongedogter of
maagd, voor die geboorte van Jesus in ’n toestand van „völliger
Unbehrtheit”, nog deur geen man beken nie. Die consummatio
matrimonii is beslis uitgesluit.5). (Vgl. verder ons hiernavolgende
eksegese).
(c) Parthenos in asketiese sin (?) Ten opsigte van die
huwelik spreek Paulus onder andere in 1 Kor. 7. Ons latere,
hierna volgende eksegese sal probeer uitmaak of die betekenis
van parthenos in 1 Kor. 7:25, 28, 34, 36 en 37 ’n asketiese
lewensvorm openbaar, al dan nie.
(d) Parthenos in afgeleide betekenis. Vgl. ons Openb. 14:4
waar parthenoi in teenstelling metpomë” staan en dan ook in
hierdie sin vertaal is deur die Afrikaanse vertaling, die Leidse
vertaling, die N.B.G. en prof. Brouwer .
In 2 Kor. 11:2 word die gemeente (as die bruid van Christus)
as parthenos gekwalifiseer. Paulus hat sie durch die missiona-
rische Gndung mit Christus verlobt und hütet sie nun eifer-
chtig, um sie ihm bei seiner Parusie hochzeitlich zuzuführen0).
Bogemelde gedeeltes a, b, c en d vra om nadere eksegetiese
toeligting. Uit die staanspoor blyk dit egter dat nie slegs tekste
met die woord parthenos ter sprake moet kom betreffende die
maagdelike geboorte van Christus nie, m aar byvoorbeeld ook
Skrifgedeeltes waar sprake is van sy ouers, waar Josef en
Maria sy vader” en „m oeder” genoem word, ensovoorts.
3) Gustav Delling in K ittel, Theol. W örterb. 3 N.T. art. partenos, Bnd. 5,
S. 825, wys daarop dat die etim ologie van die woord onseker is en dat
die semantologiese ontwikkeling nur aus den literarischen Belegen
va sgestel kan word. Hy wys na Herzog-Hauser en Boisacq se m ening
dat dit in samehang m et die Griekse then”, sehwellen (duits) en
„bhen (du its) beteken. „Offenbar bezeichnet die Vokabel zunachst
die in der Reife stehende ju nge weibliche Person ...” Vgl. Hugo
Koch: Adhuc virgo. Mariens Jungfrauenschaft in der altkirchlichen
Überlieferung biz zum E. des 4 Jahr hdts., 1929, S. 28, 42 v.v. Vgl. ook
Delling: a.a. O.S. 832 en 833: In Ag. 21, 9 kann das ad jectivische
parthenoi die Töchter des Philippus einfach als unverheiratete be-
zeichnen.
*) Maria word as ’n verloofde jong meisie (M ádchen) voorgestel (Luk.
1:27) wat in haar toestand van „völliger Unberührtheit” (Luk. 1:27 en
34) die belofte ontvang dat sy ’n Seun sal baar uitsluitlik as gevolg
van ’n skeppende daad van God (Luk. 1:31 en 35), vgl. Delling: A.W.
bis. 833 en Strack-Billerbeck: Kommentar zum Neuen Testam ent aus
Talmud und Midrasch, Bnd. I. München, 1922, S. 45.
5) Strack-Billerbeck a.O. I, S. 45.
«) G. Delling: A.W. bis. 835.
65
Alhoewel gedeeltes (c) en (d) hierbo nie betrekking het op die
maagdelike geboorte van Jesus Christus nie, is dit tog heel
belangrik dat ons vooraf ook hierdie betrokke Skrifgedeeltes
eksegeties sal ondersoek, aangesien ons in die dogmatiese deel
van hierdie studie te doen sal kry m et askese as lewenshouding,
as etiese vraag in die Protestantse en Roomskatolieke Etiek.
(iii) Eksegese van die belangrikste Skrifgedeeltes betreffende
die maagdelike geboorte van Jesus Christus.
(1) Jakob het Josef verwek, die man van Maria, uit wie
gebore is Jesus wat genoem word Christus.
Dit is die lesing van die Sinaiticus, Vaticanus en verskeie
ander mss; word ook bevestig deur Tertullianus, De Carne Christi,
par. 20.
(2) „Jakob het Josef verwek aan wie verloof was die maagd
Maria w at geboorte geskenk het aan Jesus wat genoem word
Christus.
Hierdie is die lesing van die Ferrargroep en word ook be
vestig deur verskeie vorme van die:
(3) Ou Latynse groep:
. . . Ioseph cui desponsata virgo Maria genuit Iesum Chris
tum. (k).
. . . Ioseph cui desponsata virgo Maria peperit Christum
Iesum. (d).
.. Ioseph cui desponsata virgo Maria genuit Iesum qui
dicitur Christus, (a).
. . . Ioseph cui desponsata virgo Maria genuit Iesum qui;
vocatur Christus, (g).
. . . Ioseph cui desponsata erat virgo Maria virgo autem
Maria genuit Iesum. (b).
. . . Ioseph cui desponsata virgo Maria; Maria autem genuit
Iesum qui dicitur Christus, (c).
(4) Die Vulgaat lees: Iacob autem genuit Joseph virum Mariae
de qua natus est Iesus . . . , waarmee die syriese vertalinge
ooreenkom.
(5) Die Syrus Curetonianus lui: „Jakob het Josef verwek aan
wie die maagd Maria verloof was, wie Jesus die Messias gebaar
het.”
(6) Die Sirus Sinaiticus lui: Jakob het Josef verwek, Josef
aan wie die maagd Maria verloof was het Jesus w at genoem
word Christus verwek.
66
(7) Die „Dial Timoth et Aquilae: In hierdie dialoog word Matt.
1:16 drie maal kwoteer. Hierdie derde lesing, sê B urkitt,7) geen
sprekende voorbeeld „of how loosely and inaccurately the w riter
quotes the N.T.” Dit lui: „Jakob het verwek Josef, die verloofde
van Maria, uit wie gebore is die Christus die Seun van God.
Die tweede aanhaling lees soos volg: „Jakob (het verwek)
Josef, aan wie Maria verloof was, uit wie gebore is Jesus wat
genoem word Christus. Hierdie kwotasie, Burkitt, „is in a
rapid recapitulation of the genealogy . . . is chiefly interesting
as affording an actual proof that the phrasehusband of Mary
was liable to change”8). Die eerste aanhaling van Matt. 1:16,
gesien in die lig van die konteks, dui daarop hoe hewig die»
kwessie van die herkoms van Jesus tussen die christene en Jode
in die diskussie moes gestaan het:
Die Christen : „Ja . . . van Abraham is sy vlees afkomstig.”
Die Jood : „Hoe was hy gebore? Vertel aan my sy genealogie.”
Die Christen sê: U eie mond het dit verklaar toe u die Oue en
Nuwe Testam ent gelees het, en hoe w eet u dit nie? Die Jood
sê: „Daar is ’n genealogie in die Ou Testament, en in die Nuwe
(Test.) is daar een in M attheus wat soos volg lui: „Jakob het ver
wek Josef die man van Maria, uit wie gebore was Jesus wie
genoem word Christus. En (so) het Josef Jesus, wie genoem
word Christus, verwek, van wie ons praat; dit sê: hy het (hom)
verwek uit Maria.”9).
Twee teenoormekaarstaande tendense blyk duidelik uit bo-
genoemde variante lesings. Aan die eenkant sien onsn tendens
om die maagdelikheid van Maria te beklemtoon deur uitdrukkings
wat dit nie bevestig nie, te verwyder. In plaas van die kort-af
lesing Josef, haar man, lees die Cur. Syr., met die oudste
latynse tekste Josef, aan wie verloof was . . . , nie slegs
„M aria” nie maar „die maagd Maria. Die Sir. Sin. kom ooreen
met sommige dele van hierdie lesings, maar toon ook die teenoor-
gestelde neiging met as duidelikste voorbeeld, die weergawe:
„Josef het Jesus verwek.Ons kon gedink het dat dit n oorskry-
wingsfout is, as gevolg van die feit dat die telkens terugkerende
egennesen van die vorige verse per ongeluk hier ingeskryf is;
maar in vers 25 lees dieselfde ms. ,,sy het vir hom ’n seun
r) F. Crawford Burkitt: Evangelion Da-Mepharreshe . . . , The Curetonian
Version of the Four Gospels, w ith the reading o f the Sinai Palimsest
and the early Syriac Patristic evidence, edited, collected and arranged.
Prt. 2, p. 263, 264. U niversity Press. Cambridge 1904.
8) F. C. Burkitt: Evangelion Da-Mepharreshe. „The Curetonian Version
of the four Gospels,Vol. 2, bis. 265. 1914.
°) F. C. Burkitt: Evangelion Da-Mepharreshe. „The Curetonian Version
of the four Gospels.” Uitg. T. en T. Clark, Edinburg, 1914. Vol. 2,
bis. 265.
67
gebaar, (vgl. ook vers 21) terw yl Luk 2:5 lees Maria, sy
vrou.” Vergelyk ons hier veral Matt. 13:5510). Dogmaties- of
apologetiese gerigte ingryping as verw eer teen die misduiding
van die maagdelike geboorte is talryk. M att. 1:3, 5, 6 bevat in
sigself die verlangde apologie ,en verweer11).
Wanneer Geyser aandag skenk aan die toestand van die teks
ten opsigte van Matt. 1:16 „En Jakob die vader van Josef, die
man van Maria uit wie gebore is Jesus w at Christus genoem
word,”
(Sien “ ) hierbo), na vergelyking met verskeie variante lesings,
hy dat dit opvallend is dat hierdie lesing w at deur die beste
manuskrip-getuienisse (o.a. die belangrike Sahidiese vertaling)
bevestig word, die „onskuldige voorkoms dra en aangesien
moet word as die oorspronklike12).
Verdere bedoeling van die oorspronklike teks: Die Griekse
egennesen, (die Hebreeuseholïd) beteken in eintlike sin: ver
wek. Jakob het Josef verwek. Hierdie betekenis word soms afge-
wissel in die oneintlike sin soos by voorbeeld in vers 12 in die
verhouding van Jegonja tot Salathiel as adopsie13).
Egennesen hoef dus nie noodwendig opn fisiese afkoms te
dui nie, maar kan ook in legale sin opgeneem word. Josef, die
man van Maria, was die legale vader van Jesus by wyse van
die adopsLe-praktyk van die Jode. Die skrywer was geïnteres
seerd in die vraag of Jesus legaal ’n afstammeling van Dawid
was; indien hy die Messias is moet hy n Dawidied wees.
Die doel van die outeur is om hier aan te toon dat Jesus
die in die Ou Testament voorspelde Messias is.
10) W. Sandy: Outlines of the Life of Christ. 2de hersien e en verbeterde
uitgawe. bis. 198— 199, vgl. verder B. H. Streeter: The Four Gospels,
7th Ed. 1951, p. 87.
) A. S. Geyser: Die Geslagsregister van Jesus Christus volgens Matt. 1:1-17
en Luk. 3:23-38. Pretoria 1946, bis. 157. (Sy doktorale Proefskrif).
12> A. S. Geyser: A.W. bis. 157. Vgl. hieromtrent ook: W. Sunday: Outlines
of the L ife of Christ, p. 197-200. Ook Eberhard Nestle: Introduction
to the Textial Criticism of the Greek New Testament, 2nd rev. ed.
London, 1901. p. 248-249.
13) A. S. Geyser: Ai.W. bis. 150 en voetnoot bis. 157. V gl. ook F. Kenyon:
Textual Criticism of the New Testament, p. 154-155: „ . . . the use of
the word „begat” being p recisely anologous to its use throughout the
genealogy, in which as is well known, it d oes n ot always indicate
literal descent, but rather an official line of succession.”
68
Daarom moet in die geslagsregister duidelik aangetoon word
dat Jesus Christus die seun van Dawid, die seun van Abraham
is14).
Klaarblyklik is die geslagsregister en die daarmee verbonde
verhaal van die maagdelike geboorte, wat voorasnog mondeling
in omloop was, juis in die evangelies volgens die beskrywing van
Mattheus en Lukas opgeneem, asgevolg van die Joodse laster
oor die herkoms van Jesus15). Aangesien hierdie lasterverhale
reeds alom bekend was teen die begin van die tweede eeu, kan
die ontstaan daarvan veel vroeër gestel word, tot die tyd voor
die skriftelike optekening van die evangelies volgens Mattheus
en Lukas0).
Die maagdelike geboorte was dus eerste en daarna is dit
geamendeer! Die lasterstories kon alleen ontstaan het teen
die feit dat die verhaal van sy maagdelike geboorte reeds in
omloop was. Teen hierdie vyandelike Joodse lastergees ten
opsigte van wonderbaarlike herkoms van Jesus moes die eerste
Christene iets doen. In die omstellinge en aanvullinge van die
teikste van veral Matt. 1:16 (en Luk. 3:23) klink die apologetiese
tendens deur. In die ooglopend is dat die mate waarin Jes. 7:14
(LXX) die neiging toon om M aria as maagd voor te stel en so
in die persoon van Jesus die profesie te vervul, by Mattheus sterk
14) A. S. Geyser: A.W., bis. 3 v.v. verwys na die lasterstories. In die
rabbynse literatuur word Jesus genealogies geplaas as „Jeschua ben
Pantera.” Jesus is die seun van die Romeinse soldaat Panther. Celsus
het geleer: „ . . . sy geboorte uit ’n maagd is ’n versinsel; hy is gebore
in ’n sekere Joodse dorpie u it n arm vrou van die platteland wat in
haar onderhoud voorsien het deur te spin. Sy is deur haar eggenoot,
’n timmerman, die huis uitgesit omdat sy skuldig bevind is aan oorspel;
nadat sy geruime tyd rondgeswerf het, het sy geboorte gegee aan die
buite-egtelike kind Jesus. (Orig. contra Celsum I, 28). Wat Irenaeus
(Adv. Haer III, 21, 1: V, 1, 3: V, 19, 2) vertel oor die houding van
die Ebioniete ten opsigte van d ie m aagdelike geboorte, word bevestig
deur Justinus ïn sy dispuut met die Jood Trypho. (Just. Dial, cum
Trypho 48). Dat Jesus seun van Dawid is, blyk ’n tip iese kenmerk
van Mattheus se opvatting te wees: 9:27. 12:23. 15:22. 21:9 en 15,
19:28. 25:34.
15) Vgl. hieroor A. S. Geyser: A.W. bis. 3 v.v. wie daarop wys dat (op sy
beurt) hierdie teboekstelling weer Joodse reaksie verwek het — die
waarvan Celsus spreek en waaroor ons verdere mededeling het in die
„Toldoth Jeschu.”
’1°) Vgl. A. S. Geyser: A.W. bis. 7 en 8 „Teen die begin van die tw eede
eeu n.C. was die Joodse verhaal in verband met die illegitieme herkoms
van Jesus dus al wyd bekend . . . Die substratum waarop dit gegroei het,
was die (toe nog mondelinge) genealogiese gegewens oor die herkom s
van Jesu s en sy geboorte uit die maagd.” (on s onderstreep). Behalwe
die laster van Celsus se Logos aleth ës” is ook nog te noem die van
Rabbi Eliëser die Grote, die Toldoth Jeschu wat eers veel later tot
stand gekom het, die Samaritaanse Kroniek”, die Ebionitiese stories
in navolging van Theodoton die Efesr, (c. 180 n.C.) en Aquila van
Pontus (c. 129 n.C.). Vgl. hieroor A. S. Geyser, A.W. bis. 2-10.
69
nagewerk het. Geeneen van die evangeliste hou soveel daarvan
as hy om telkens te sê: Sodat vervul sou word die woord wat
gespreek is deur die profeet ...” Vgl. Matt. 1:23; 2:5, 15, 17, 23;
3:3.
Matt. 1:18 v.v.: Die geboorte van Jesus Christus. Vers 18:
„Die gebooorte van Jesus Christus was dan so: Toe sy moeder
Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is
sy swanger bevind uit die Heilige Gees.”
By die syr. sin. en syr. cur. asook by Irenaeus ontbreek
,,Iesou1T). Van Leeuwen vertaal dan ook 18a soos volg: Met
de geboorte van den Christus was hetó gelegen:”18), en voeg
hy verklarend daaraan toe: „Zoo toch meenen wij te moeten
lezen, op grond van de oudste vertalingen en van het belangrijke
getuigenis van sommige kerkvaders19). In elk geval verskil
minstens ses Nederlandse Bybelvertalings met Van Leeuwen,
te wete die State-, Lutherse-, Leidse-, N.B.G.-vertalinge, asook
die vertalings van prof. Brouwer en Petrus Canisius.
Verskeie manuskripte lees gennesis in plaas van genesis.
Origens ken ook slegs gennesis Westcott en Hort erken laasge-
noemde in hulle aanhangsel. Weiss sien dit as n verandering
wat gemaak is in ooreenkoms met die verbale vorme egense
en egennëthe in die vorige deel van die hoofstuk; laasgenoemde
word hierin ondersteun deur Zahn20) Op hierdie verskil hoef ons
verder nie te let nie aangesien die verskil tussen gennesis en
genesis geen wesensverandering in die betekenis van die teks
ten opsigte van die maagdelike geboorte aanbring nie. In die
N.T. Grieks21) beteken genesis in die eerste plek bron (source),
oorsprong (origin) en in die tweede plek geboorte (birth,
nativity) terwyl gennesis beteken verwekking (begetting) of voort
brenging (engendering), maar kan ook geboorte beteken, soos
genesis.
Wel van belang vir n studie van die maagdelike geboorte
van Jesus Christus, is die siriese komm entaar of aanhaling
van Barsalibi ten opsigte van Matt. 1:18.
17) E. N estle: Introduction to the Text. Crit. of the Greek N.T., bis. 250.
18) J. A. C. van Leeuwen: Het Evangelie van Mattheus, in die serie T. en
U. 2de druk, Groningen 1918, bis. 21.
19) Dr. J. A. C. van Leeuwen: H et Evangelie van Mattheus, bis. 70.
2°) E. Nestle: A. W. bis. 250.
21) J. H. Thayer: A Greek-English L exicon of the New Testament, bis.
112, 113.
70
F. C. Burkitt22) gee die vertaling uit Siries in Engels soos
volg:Here the manner of His corporeal birth (the Evangelist)
teaches. When therefore thou hearest the word husbanddo not
suppose that He is to be bom by the Law of Nature, who Himself
prescribes the Law of Nature. And when it comes to Joseph it
says „Who begot the Messiah, and for that reason afterwards
it says The birth of Jesus the Messiah was thus, i.e. „not
as the rest of mankind was He bom, but a new thing is the
manner of his birth.
Wat wil Matt. 1:18 eintlik meedeel?
By nadere ondersoek blyk dit dat die terminologie hier
gelade is, ’n bepaalde agtergrond het. Ons het in die eerste af
deling van hierdie studie, handelende oor die Ou Testamentiese
aspekte, prof. Miskotte, toegestem dat die eksegeet steeds die
„Israelitiese karakter van die Nuwe Testam ent in die oog
moet hou.
Doen mens dit nie, bestaan die gevaar dat die geladenheid
of agtergrond van bepaalde woorde of uitdrukkings in die ver
taling nie sal meespreek nie, dat die vertaling derhalwe minder
duidelik of selfs foutief kan wees, soos ons straks sal aantoon
in die geval van die Afrikaanse vertaling van hierdie vers (1:18).
„Die waarde en betekeniskleur wat ons aan bepaalde woorde
en gedagtes heg,” byvoorbeeld aan die woord „verlowing”, „hu-
welik”,maagd” ens. is waarskynlik iets anders as dié van die
Jode of Grieke. Daarom het die Nuwe Testamentiesereld met
die woord verlowing (1:18) waarskynlik ook hier iets anders in
die oog as ons westerlinge. Hierdie feit dat ’n woord ingebed
is in sy tydsagtergrond, is van beslissende belang vir die ekse
gese23).
Matt. 1:18 wil meedeel dat Maria as maagd swanger bevind
is nog tydens die verlowing en wel voordat hulle saamgekom
het; dat hierdie swangerskap geskied het uit die Heilige Gees en
nie deur Josef nie.
22) Wat die oorsprong is van hierdie lesing, laat Burkitt in die midde . . .
„W hether this be Barsalibi’s own comment on the Peshitta text, or
a quotation from som e ancien t writer who had before him a text like
that of S. it is after all a sound exposition of th e general meaning
of the passage Matt. 1:16 ff., a question which should be kept quite
distinct from the criticism of the general Christian tradition as to the
Nativity. Vgl. C. F. Burkitt: Evangelion Da-Mepharreshe, deel 2, bis.
266.
23) Vgl. Prof. dr. B. J. Engelbrecht: Art. in Herv. Theol. Studies, 7de
jrg. Afl. IV, Mei 1951, bis. 192. ’n Ander sprekende voorbeeld van wat
ons bedoel, vind ons by prof. dr. A. van Selms: Art. „Die Stad in die
Israelitiese Voorstellingslewe.” Herv. Theol. Studies. 8, 11 bis. 79v.
71
Die Joodse verlowing kiddúSin (arusïn) is deur die Joodse
wet in baie ernstige lig gesien24).
Dit blyk onder andere hieruit dat die verloofde meisie volgens
die reg reeds genoem word die bruid ’arúsá en die vrou
iááá van die man aan wie sy verloof is. Sy kan selfs, terwyl sy
verloof is, n „weduwee” of geskeide vrou” genoem word indien
haar verloofde man sterf of haar ’n skeibrief gee; sy het selfs
dan die reg om haar ketuba, ’n deel van die bruidskat op te eis35).
In Galilea, die tuiste van Josef en Maria, was die verloofde
meisie wettig die vrou van haar man, maar hulle kon nog nie
„saamkom sunetthein nie, „weil das Alleinsein der Brautleute
dort (in Galilea) überhaupt nicht üblich w ar . . .26). Ons moet
hierdie sunelthein teen sy Joodse agtergrond tans nader in die
oog kry. Die Afrikaanse Bybelvertaling lui: . . . voordat hulle
saamgekom het ... Die Statevertaling en in navolging daar
van die Afrikaanse vertaling het sunelthein na sy woordelike
betekenis gaan vertaal, waarskynlik met die veronderstelling
dat ons hier te doen het met ’n eufemistiese uitdrukking vir die
egtelike gemeenskap in geslagtelike s i n
.............
voordat hulle
saamgekom het.”
Maar sunelthein beteken in idiomatiese Grieks, „om saam
te woon w at werklik ook die inhoud van die gedagtegang is,
presies volgens die Joodse huweliksgebruik. Teenoor die onder-
trouing, beteken die saamwoning gewoonweg die huwelik.
Die teks wil dus meedeel: terwyl Maria en Josef nog verloof
was en voordat hulle getroud is, het sy sw anger geword, „voor
dat hulle saam gaan woon het. Hierdie vertaling word ook
gegee deur die jongste vertaling van die Nederlandsch Bijbel
genootschap; „voordat zij gingen samenwonen”27). Alhoewel Cal-
vyn die sunelthein ook betrek op die geslagtelike gemeenskap28),
erken hy dat dit ook kan beteken „voordat hulle saamgekom het
24) W. C. Allan: St. Matthew. I. C. C. Edinburgh, 1947, P. 9. Bethrothal
according to Jewish marriage law constituted a legal relationship which
could only be dissolved by legal means.”
25) Strack-Billerbeck: a.a. O. vol. 2. S. 393-394. Vgl. hieromtrent ook: N.
Levison: The Jewish Background of Christianity”, 1932, p. 129. The
engagement was looked upon almost the sam e as marriage, and the
breaking-off of an engagement had to go through a legal process
sim ilar to that of divorce.”
2G) Stack-Billerbeck: a.a. O. vol. 1. S. 45.
27) Vgl. hieroor A. S. Geyser: Art. in Hervormde Teol. Studies, 6de Jrg.
1949-1950, bis. 35. Vgl. ook die vertaling van prof. Brouwer: „ . . . eer
zij waren gaan samenwonen . . . ” en Petrus Canisius: „ . . . voordat ze
gingen samenwonen ...”
2S) Commentary on a Harmony of the Evangelists, Matthew, Mark, and
Luke, by John Calvin, translated by the Rev. W. Pringle. Vol. I, p. 93-94,
Grand Rapids, 1949. So ook A. Schlatter: Der Evangelist Matthaus: 2
Aufl. Stuttgart. 1933, S. 12.
72
as man en vrou om n huis en familie te stig, dat die maagd nog
nie deur haar ouers in die hande van die bruidegom gegee is nie,
maar nog steeds onder hulle dak verkeer het.
Aangesien die verlowingstydperk van die naara gewoonlik
ietwat langer as twaalf maande geduur het, het die huwelik op
die ouderdom tussen dertien en ’n half en veertien jaar plaas-
gevind. (Vir die meisie was die normale verlowingstyd terwyl
sy nog na'ara was, dit wil sê tussen twaalf en twaalf en ’n half
jaar)28).
Hierdie swangerwording voor die sunelthein het geskied
„deur die Heilige Gees.” Dit is die lewewekkende en lewend-
skeppende krag van God. In die rabbynse literatuur is hierdie
betekenis van die woord egter onbekend;30) daar is dit die
gees van profesie, die gees waardeur leiers en profete van
Israel geïnspireer is om te spreek, die gees w at in die skrywers
van die Heilige Skrifte werksaam was. „Gees” is allegories ook
op die gees van die Messias betrek31). Wel is dit vir die Joodse
begrip aanvaarbaar dat God onmiddelbaar, skeppend kan ingryp,
soos byvoorbeeld die ontvangenis en geboorte van Izak en Jakob;
(vgl. Gen. 17:17; 18:11-14; 21:1-7; 25:21) om egtern maagdelike
geboorte op die Messias te betrek, was (soos ons Ou Testamen-
tiese navraag reeds aangetoon het) iets absoluut nuuts. So
bedeutet Matth. 1:18 dem Jüdischen Denken gegenüber ein
absolut Neues”32).
Sy geboorte sou plaasvind as mens uit mense33).
Die enigste enkele spoor van ’n maagdelike geboorte in die
Jodendom, (en dan staan daar nog ’n groot vraagteken) meen
D. Daube34) na te speur in die Haggadah vir die Paasfees op
Deut. 26:5 v.v. Die Midrash het op tipies-rabbynse wyse ’n
spesifieke betekenis aan elkeen van hierdie verse geheg; by
voorbeeld vers 7 verklaar die Midrash in verband met die be
tekenis van ons verdrukking: „Dit meen die verhouding van
seksuele gemeenskap, soos dit geskrywe is (Ex. 2:25) ,En God
het die kinders van Israel aangesien en God het hulle geken .
20) Die sunelthein is derhalwe deel van die Joodse bruilof miá (Aramees
miStitá). Vgl. Strack Billerbeck, a.a.O. II. S. 374.
30) Strack-Billerbeck: a.a.O. I. S. 48.
31) Strack-Billerbeck: a.a.O. I. S. 48.
32) Strack-Billerbeck: a.a.O. I. S. 49.
33) Just. Mart. Dial, cum Trypho, aangehaal deur Str. Billerb. a.a. O. I.S. 49.
3i) D. Daube: artikel in The Journal of Theological Studies,” Vol. 1. 1949.
P. 53 tot 57.
73
Die outeur van die Midrash het die woordken” in seksuele sin
opgevat en dit so uitgelê dat die moeder van Moses van God
self „ontvang” het35).
Daube konstateer duidelik dat dit slegs op hierdie plek in
die Haggadah is, w aar hierdie vir die Jood verwerplike fabel”
oorgebly het . . . „we do not meet with it anywhere else.
Buitendien is dit ook moeilik om presies te verklaar wat die
bedoeling van die Haggadah hier is: The Haggadah is a piece
of liturgy, and it is more difficult to expurgate liturgy than
almost any other kind of literature3*).
Dat die idee” van n maagdelike geboorte in die Jodedom
aangewys kan word, is uit hierdie een onsekere grond wat
Daube aanwys, nie genoegsaam oortuigend nie. A1 sou Daube
se teorie ook korrek wees dat die ides van ’n maagdelike ge-
booorte wel aangewys kan word, dan lyk dit nog heel onwaar-
skynlik dat hierdie maagdelike geboorte op die geboorte van
die Messias betrekking kan hê. Die Joodse interpretasie van Jes.
7:14 het nie ’n maagdelike geboorte ingehou nie37).
Wanneer dr. Joseph Jacobs spreek oor die geboorte van die
Messias verwys hy na die werk van prof. James Drummond:
„The Jewish Messiah, a Critical History of the Messianic Idea
among the Jews, from the rise of the Maccabees to the closing
of the Talmud, en merk hieromtrent op: „There is not a
scintilla of evidence in all this literature of anything correspond
ing to the Virgin Bith”38).
Matt. 1:19: ,,En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en
onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in
die geheim van haar te skei.
Ons kan vooraf reeds verwag, na die tekskritiese situasie
van 1:16 dat hier waar daar sprake is van Josef as „haar man”
'>) D. Daube: op. cit. p. 54-55. Certainly, even if the legend came into
existence after the N ew Testament, it would not be without interest,
it woud still show that the notion of a virgin birth was not absolutely
alien to the Jew ish mind.”
:i«) D. Daube: op. cit. p. 55.
3T) In verband met Jes. 7:14 vgl. voorafgaande O.T. deel, H. 1, a. Vgl.
verder: Dr. Joseph Jacobs wat die Joodse standpunt stel in ..The
Virgin Birth of Christ” deur James Orr, London, 1907, p. 288-291 en
verklaar: „Throughout the wide extent of Jew ish literature there is
not a single passage which can bear the construction that the Messiah
should be miraculously conceived . . . (onderstreping van ons) . . . This
is sufficiently indicated by the absence of any suggestion in the very
wide apocalyptic literature of the Jews which can be dated before
the birth of Christ.”
3S) Dr. Joseph Jacobs: op. cit. p. 289.
74
„En hy het hom voorgeneem om in die geheim van haar te
skei.”
Ons stem in met die mening van prof. Geyser dat die Afri
kaanse vertaling op voetspoor van die Statevertaling besware
inhou45). Lathra” beteken hier nie in die geheim nie; so
sou ’n dikaios trouens ook nie handel nie. Die regte betekenis
van die woord is te soek in die samehang met deigmatisai, wat
beteken om „in opspraak te bring” of „bloot te stel”4*).
Die voorneme van Josef was dus om die verhouding te ont
bind sonder om Maria in opspraak te bring, dit wil sê: in stilte.
So word lathra ook vertaal deur die Leidsevertaling van die
Nederl B.G., Petrus Canisius en prof. Brouwer.
„Apoluein” is die palestynse formule vir die los-lating van die
vrou, geensins ’n egskeiding in die westerse sin van die woord
nie. Volgens die Joodse wet is dit alleen die man w at ’n skeibrief
gee4T). Dit is ook volkome in ooreenstemming met d;e Joodse
wet dat Josef as verloofde man genoem word „anër autês”48).
Aangesien apoluein met die akkusatief van die voorwerp
moeilik kan beteken om te skei en in aansluiting aan die
Joodse woord-agtergrond betreffende die egskeiding, is dit
beter om te vertaal „los te laatof „te laat gaan, (prof. Geyser),
dus : „ . . . en nie van plan was om haar in opspraak te bring
nie, was hy voornemens om haar in stilte te laat gaan49). Luther
vertaal: Joseph aber war fromm und w ollte sie nicht rugen”
en voeg hieraan toe: „d.i. er wollte sie nicht zu Schanden machen
vor den Leuten, als er wohl Macht hatte nach dem Gesetze. Und
hmt also St. Matthaus Josephs Frömmigkeit, dass er sich auch
seines Rechten um Lieben willen verziehen hat. (vgl. Chr. Eberle:
Luthers Evangelien — Auslegung aus seinem homiletischen und
exegetischen Werken zusammengestellt. Uitg. Samuel Gottlieb
Liesching, Stuttgart, 1857. S. 843).
45) A. S. Geyser: Aangehaalde artikel in H.T.S. bis. 35 en 36.
) A. Schlatter, A.W., bis. 14.
47) Strack-Billerbeck: A.W. deel 2, bis. 393-394. Vgl. ook A. Schlatter: Der
Evangelist Matthaus. S. 15. Die sung der Ehe stand einzig im
Ermessen des Mannes; den Richter bedurfte er zur A usstellung des
Scheidesbriefs nicht, und die Weise, wie er ihm in die Hand der Frau
legte, stand bei ihm.
« ) Strack-Billerbeck: Ai.W. deel 2, bis. 393-394. Vgl. ook prof. dr. J. A. C.
van Leeuwen: Het Ev. van Matt., T. en U. bis. 71. „De verloving gold in
Israel als begin van de sluiting van het huwelijk. Vandaar dat Maria
in vs. 20 en 24 Jozefs vrouw kan genoemd worden. Vandaar ook, dat
Jozef, die rechtvaardig was, wettig recht m eende te hebben van haai
te scheiden.
49) A. S. Geyser: Aangehaalde artikel in H.T.S. bis. 36.
76
Matt. 1:20: Maar terw yl hy dit in gedagte gehad het, verskyn
daarn engel van die Here in ’n droom aan hom en : Josef,
seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou
te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige
Gees50).
Mariam volgens Sinaiticus, C, D, en andere. S2 lees „jou ver
loofde in plaas van jou vrou. Dus weern apologetiese trek!
God gryp nou in: Deur n engel laat Hy Josef waarsku en
inlig; dit gaan hier om die vervulling van die raad van God,
om die verwesenliking van goddelike beloftes51); hieraan word
Josef reeds herinner wanneer die engel hom aanspreek as „seun
van Dawid.
„Idoe” kom dertig maal voor in Mattheus en ,,kai idoe” agt
en twintig m aal52). Terwyl Josef as sák die tosstand van sy
verloofde en w at hom te doen staan oordink, kom die bode
van God skielik en oorweldigend. Idoe wys op „die überraschen-
de, jeder Berechnung entzogene Art des Voorgangs53). Die
uitdrukkingverskyn in n droom . . . en . . . ” kom in die
Joodse literatuur meermale voor: Jer. Chagiga 78 d. e.a. plekke54).
Die feit dat die bode van God gestuur is, gee aan die opdrag
wat Josef ontvang, sekerheid en verpligtende krag. Hierby neem
ons in ag dat drome in die laat Jodedom ’n belangrike rol
gespeel het55). Vir Josef is dit ’n openbaring van God wat as so-
danig as opdrag uitgevoer most word.
Die Afrikaanse vertaling l u i:
..........
om Maria, jou vrou, by
jou te neem (nie) ... Ook al ses die reeds genoemde Neder
landse vertalings lees: tot u te neem. Wat is die Joodse
agtergrond? Paralabein is die neem van die vrou gedurende
die bruilof uit haar staat van arúsá tot nesüa, dit wil sê tot die
opname in die huis as eggenote, haknasá. Josef, die sádik hoef
50) A. Schlatter, a.a.O.S. 18, merk op: „Mündliche Tradition erzeugt
Rythmik, die das Gedachtnis u ntersliitzt. D ie Gliederung der Satze in
annahernd gleich lange Stichen gehört zum Stil der Sentenzen und
macht die griechischen Satze den semitischen parallel.”
51) Prof. dr. J. A. C. van Leeuwen: Het Ev. van Matth. in serie T. en U.
bis. 70.
52) W. C. Allen: The Gospel according to S. M atthew in die serie I.C.C.,
3rd Ed. herdruk 1922. T. en T. Clark, Edinburgh, bis. 9.
53) A. Schlatter: a.a.O. S. 15.
54) A. Schlatter: a.a.O. S. 15.
55) Vgl. hieroor Strack-Billerbeck. a.a.O. Bnd. 1 S. 53-63. Verdere voor-
beelde by A. Schlatter, a.a.O. S. 17. Daar was ook diegenes wat skepties
gestaan het teenoor die mening as sou die droom ’n goddelike open-
baringsm iddel wees; hulle het die droom beskou as ’n stuk afval van die
profesie (ein Abfall, schwaches Gegenstuck — Str.-Bill. I, bis. 57 en
58). In die Rabbynse literatuur kom dit egter ryklik voor as open-
baringsmiddel.
77
nie bevrees te wees om oor te gaan tot die haknasá nie. Parala-
bein beteken dus eintlik: in jou huis op te neem, by jou te neem
as eggenote. Hy kry van God die versekering dat Maria geen
ontugvrou is nie; wat in haar verwek is, is uit (die) Heilige Gees50).
Dat M aria hier jou vrou genoem word, is soos ons reeds
aangetoon het, volkome in ooreenstemming met die Joodse
huwelik57).
Matt. 1:21: „En sy sal n seun baar, en jy moet hom Jesus
noem, want dit is hy wat sy volk van huLle sondes sal verlos.
In hierdie vers voeg die twee siriese lesings S. en C. ,,soi”
in na „seunsoos Luk. 1:13. Dit is alleenn stilistiese toevoeging
wat geen verandering aan die inhoud van die teks meebring nie.
Verder lees Ambrosius en ander kalései, en 1241 lees
„kalesousie.
Die eerste gedeelte van die vers herinner sterk aan Jes. 7:14.
Aangesien die engel die beroep van die Kind ken, ken hy ook
sy geslag: „Die von Gott angeordnete Namengebung ist ein in-
haltsvolles Zeichen flir die Verbundenheit des Kindes mit Gott”38).
God gee self die naam aan sy Seun: Redder, omdat dit Hy is
wat sy volk sal red van hulle sonde. Calvyn dat Hy van die
Vader ’n naam gekry het w at dadelik spreek oor die doel van
sy koms, wat sy mag is en wat ons van Hom kan verwag50)). Die
naam Jesus is af te lei van die Hebreeuse verbum in die Hiphil-
vorm „Hoskia” (wat beteken, ,om te red) waarvan die Griekse
vorm Iesous is. In hierdie verband vgl. ook Philo, De Mut. Nom.
1, 597: „Want hyself sal sy volk van hulle sondes red,iU). Vgl. ook
Ps. 130:8.
In die Ou Testament is God die Verlosser van sy volk, vgl.
ook Hosea 1:57. Wanneer Mattheus die verlossing van die volk
Israel op Jesus as die Verlosser betrek, dan moet dit so verstaan
word dat die Messias „das Organ Gottes” by die heilsbewerking
is01).
Nog voor Hy gebore is, word Israel genoem laos autou.
„Wei dieser Jesus den königlichen Beruf zuteil, ist Israel, un-
abhángig vom Erfolg seines Wirkens, ob er verworfen wird
oder ob ihm geglaubt wird, noch ehe er geboren ist, sein Volk"2).
58) Oor die d&ad' van (d ie) Heilige Gees het ons reeds in v. 18b gehandel.
57) Vgl ons ek segese van v. 18a.
58) A. Schlatter: Der Evan gelist Matthaus, S. 19.
59) W. Pringle: John Calvin: Comm entary on a Harm, of the Evangelists,
p. 98.
°°) W. C. Allen: S. Matthew in serie I.C.C., p. 9.
fil) Strack-Billerbeck: a.a.O. Bnd. I, S. 67-70.
62) A. Schlatter: Der Evangelist Matthaus. S. 19.
78
(Ons onderstreep). Dit is die hama;rtiaG3) wat die volk verderf; die
volk is daarom verlore en het ’n redder nodig om hulle uit hierdie
staat van verlorenheid te haal. Die herstelling kan plaasvind
deur vergifnis van hierdie hamartia, deur versoening moontlik
te maak. Met laos word hier die volk Israel verstaan, die kinders
van Abraham (vgl. ook 1:1). Met ’n beroep op Rom. 11:17 voeg
Calvyn®4) hieraan toe dat hierdie belofte van redding, nie lank
hiema nie to t die heidendom gerig is, uitgebrei is tot almal
deur die geioof tot die „een liggaam(1 Kor. 12:20) behoort.
Die aanvang en die uitgang van Jesus Christus word
hier saam gestel in dieselfde orde: So as Hy deur sy kruisdood die
vergifnis van sonde moontlik maak, so is Hy reeds by sy
geboorte die Redder uit die sonde: sy geboorte en ons verlossing
uit die hamartia hang ten nouste saam.
Matt. 1:22 en 23: „En dit het alles gebeur sodat die woord
vervul sou word w at die Here deur die profeet gespreek het: Kyk
die maagd sal swanger word enn seun baar, en hulle sal hom
Emmanuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
Verskeie Mss. voeg by vers 22 in: Jesaja, voor „profeet
byvoorbeeld vers 23 lees D enn paar ander „kalesouseis, (2de
pers. enkelv.).
Dat dit hier gaan om die w onderbaarlike vervulling van die
goddelike belofte, blyk nog meer uit die nadruklike versekering
van die engel waarom dit alles so gebeur het: opdat die profetiese
Godswoord in vervulling sou gaan (vgl. Jes. 7:14). Agas tot wie
Jesaja hierdie woord gespreek het, het dit onmoontlik geag dat
Jerusalem uit sy benardheid en benoudheid verlos kan word;
hy wil selfsn teken, die sigbare w aarmerk van die toesegging
van God, nie vra nie. God wys dan self daardie teken aan as
tasbare bewys van sy gedagte van vrede. W aarom sal hy dan
g Juda en Jerusalem verlos? Ook dit het sy grond in die ver
ordinering van die Seun to t Messias05). Die teken van hierdie
raad van vrede, is die wonderbaarlike ontvangs van hierdie
Kind, wie die naam sal dra van Emmanuel.
°3) Dit val buite ons bestek om hier nader in te gaan op die betekenis van
hamartia. Die feit dat dit in die pluralis staan dui daarop dat hier
nien toestand bedoel word nie, maar die handelinge, (sondige dade),
woorde, gedagtes van die mense wat h ulle doel gemis het. Vgl.
J. H. Thayer: op. cit. p. 30. Vgl. ook die opmerking van A. Schlatter:
a.a.O. S. 20. „Es beziecht also das U rteil „Sunde nicht auf einem
Zustand, sondern auf das H andeln des Mensehen, nicht auf das, was
dieser ist sondern auf das was er tut.
64) W. Pringle: Commentary on a Harmony of the Evangelists by John
Calvin, I, p. 99.
85) Prof. dr. J. A. C. van Leeuwen: Het Ev. van Matth. in T. en U. bis. 71
79
Het ons gesien dat dit in vers 21 gegaan het om die roeping,
werk, amp (Koning en Verlosser) van Jesus, sien ons hier weer
dat naas sy werk, Mattheus die Woord stel. So skilder Matthèüs
ook deurgaans die werkende Jesus: naas sy (wonder-) werke
staan sy woorde: „Denn das Werk bleibt stumm ohne das Wort,
das den inneren Grund der Tat enthült, und das Wort llt
dahin ohne das Werk, in dem es seine wirksame Kraft offen-
bart”fiC). Hier waar vir die eie woord van Jesus nog geen ruimte
is nie, tree die woord van die profeet in, welke woord gewigtig
is omdat dit aandui dat in hierdie gebeurtenis die wil van God
geskied.
Die inleidende formule (v. 22) wat n min of meer vaste
vorm het, „sodat die woord vervul sou word dui daarop dat
Matthèüs dit w at gebeur of gedoen word, onder die goddelike
wil stel deurdat dit in ooreenstemming met ’n Skrifwoord
geskied. Die formule van Matthèüs is nie slegs ’n verhaling van
die Joodse nie, maar wel ’n parallelle uitdrukking; vergelyk die
oudste Hebreeus, I Kon. 2:27: om die woord van die Here te
vervul67).
In die M attheusformule is die voorstelling dat die woord leeg
bly solank dit nie verwerklik is nie; dit word vol wanneer dit
geskied (gebeur), tot gebeurtenis en geskiedenis word. To-
rhethen word dikwels gebruik so as ook „dit is geskryf. Wan
neer die woord geskryf word, is dit fikseer en vir alle geslagte
to t outoriteit gemaak; dit sal onveranderlik deur alle tye bly
staan. Dit is egter nie sonder betekenis nie dat die aandag ook
ten alle tye op die gesproke-woord gerig bly, welke woord die
geskrewe woord vooraf gaan. Die gawe van God aan die volk
bestaan daarin dat sy Woord tot hulle kom, ook in gesproke
vorm, (to rhyma).
Vers 23 is ’n kwotasie uit Jes. 7:14, volgens die LXX lesing,
met die uitsondering van kaleseis van die LXX w at op hierdie
konteks nie pas nie, verander is na kalesousin. In plaas van
heksei (LXX A Q) word lympsetai gelees deur LXX Bos).
6e) A. Schlatter: Der Evangelist Mathaus, S. 20-21.
67) Die formule „sodat die woord vervul sou word” vind ons weer in Matt.
2:15 en 23, 4:14, 8:17, 12:17, 13:35, 21:4, vgl. 26:56; toe is vervul wat
gespreek is” sien 2:17 en 27:9. Vgl. ook A. Schlatter, Matthaus, S. 21 en
W. C. Allen: S. Matthew, p. 9.
cs) Vgl. W. C. Allen: S. Matthew, p. 10.
80
Ons het in vooorafgaande gedeelte die vraag gestel waarom
die LXX vertalers almá met parthenis gaan vertaal het? (Die
Hebreeuse ’almá beteken immers n jong getroude vrou totdat
sy haar eersgeborene gebaar het; in die woord ‘almá die
begrip van maagdelikheid nie noodwendig opgesluit nie soos
in betüla nie). Ons het na ’n antwoord op hierdie vraag gesoek
en verklaar as enersyds uit die neiging om die bowe-natuurlike
en wonderbare van die aangekondigde Kind en sy geboorte
te beklemtoon; andersyds het ons aangetooon dat die profeet
waarskynlik in sy gedagte n nawerking gehad het van oud-
Oosterse verlosserverwagtingsvoorstellings. W anneer Allen09)
egter gewoon konstateer: „There are signs that the view that
Isaiah was using current mythological terms, and intended his
hacalma to carry w ith it the sense of supernational birth, is
rightly regaining ground, (ons onderstreep) wil ons meer ver-
sigtig hier byvoeg dat die gebruik van hierdie oud-Oosterse
materiaal formeel en met voorbeeld gebruik is en nie materiëel
en op direkte wyse uit die heidendom oorgeneem is nie. Ons
het naamlik hier nie te doen metetwas N aturhaftes im Sinne
von Zeugung (und G eburt)” soos in die „hieros gamos nie70).
Waar M attheus ons n nugtere vertelling aanbied, is die
mitologiese verhale gewoonlik oorversadig met sublimierte
Biologie71).
°9) W. C. A llen. S. Matthew, bis. 10 verwys na Jeremias, „Babylonisches im
Neuen Testament,” bis. 47 en die werk van Gressmann: „Der Ursprung
der Israelitisch-jüdischen Eschatologie.
70) Vgl. K. L. Schmidt: Art. Die Jungfrau Geburt Jesu Christi”, in
Theol. Blatter no. 12 jrg. 14, Des. 1935, bis. 290. Verder: Paul Feine: Der
Apostel Paulus. C. Bertelsmann, GUtersloh, 1927, S. 509 verklaar: „Es
ist zu verstehen dass in der religionsgeschichtlichen Untersuchungen
gerade auch wieder neuesten Datums die Geburt Jesus durchaus in eine
Linie mit den mystischen Vorstellungen von den antiken Königen,
Weltherrschern oder R eligion sstiftern als Gotteskindern gestellt wird.
obwohl in der christlich en U eberlieferung legendare Zuge, wie sie
von dem Zarathustraoder Buddhakind oder dem Götterkind der vierten
Ekloge berichtet werden, vollig fehlen. Wer von aussen an diese Vorstel
lungen herantritt wird versucht sein, die ziemlich durchgangige Paral-
lelitat in den Vordergrund zu stellen. (Onderstreping van ons).
71) A. Schlatter: Matthaus. S. 22. „Bei der Deutung des Matthaus haben
solche Erwagungen keinen Raum; denn von R eflexionen auf das, was
jenseits des Judentums von Mythos und Religion vorhanden war, zeight
sein Bericht nich d ie geringste Spur.” Vgl. ook: K. L. Schmidt: Die
Jungfraiiliche Geburt Jesu Christi” in Theologische Blatter No.: 12,
Jrg. 14, Des. 1935, S. 290.
81
Hoe oud die verbinding van hierdie profesie met die geboorte
van Jesus Christus is, weet ons nie72).
Ons weet ook nie hoe Jesus self Jesaja 7 gelees het nie.
Duidelik is egter die reaksie teen hierdie interpretasie van Jes.
7:14; latere vertalers het byvoorbeeld parthenos geskrap en met
neanis vervang73).
Met ons (is) God:
Immanuel is nie die am psnaam van Jesus nie. Met hierdie
naam is aan die gemeente ge hoe God teenoor haar staan, „dass
ihr mit der Gegenwart des Christus Gottes gnadige Gegenwart
gegeben sei”74).
Hier word aangedui op welke wyse dit moontlik is dat God
met die mens omgang maak: in Christus. Calvyn sê dat die tyd
van die „skaduwees” verby is en verwys na Kol. 2:9: Want in
Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik.” Deurdat
Hy Immanu-el” is, kan Hy ook Middelaar wees. Immanuel is
gelyk aan . . . God is geopenbaar in die vlees ...” 1 Tim. 3:16
en Joh. 1:14: En die Woord het vlees geword.” „Die eerste saak
72) Vgl. hieroor A. Schlattcr: Matthaus . bis. 22. Ons het reeds gesien dat
Schlatter van mening is, en ons stem daarmee in, dat die Mattheus-
verhaal nie mities is nie. Schlatter voeg egter hieraan toe: „Niir bei der
Auslegung des griechischen Jesaja hat die Erwagung Grund, ob der in
Agypten lebenden Rabinne des dritten Jahthunderts, der hier parthenos
einsetzte, einer Spekulation folgte, die den Mythos, etwa den aion oder
Legenden liber van ttern erzeugte Könige mit der jesajanischen
Verheissung kombinierte.” In hierdie rigting soek ook Paul F eine na ’n
oplossing. Der Apostel Paulus: bis. 48. „W ahrscheinlich ist in der Zeit
und Umgebung des Üebersetzers die Vorstellun g herrschend gewesen,
die Mutter des Erlösers sei eine Jungfrau. Dann muss in der Zeit des
Üebersetzers von Jesaja, der um 200 v. Chr. angesetzt wird in disch
hellenistischen Kreisen die U eberlieferung von der Geburt des Erlöser-
kindes aus einer Jungfrau bereits eine so feste Stelle gehabt haben, dass
dem Uebersetzer die Einsetzung der Jungfrau für den neutralen Begriff
des Jungweibes bereits als selbstverstandlich erscheinen konnte. Damit
aber wird man zu der Voraussetzung gefüh rt dass diese Anschauung
schon eine gewisse Zeit hinter sich hat, die man im einzelnen nicht
bestimmen kann, die aber doch in die alttestam entliche Zeit hinein-
reichen kann.” Feine verwys in hierdie verband ook na R. Kittel: Die
Hellenistische M ysterienreligion, bis. 6 v.v. en E. Peterson: Die Wun-
derbare Geburt des Heilandes”, bis. 10.
73) Vgl. Dr. Joseph Jacobs in The V irgin B irth of Christ” deur James
Orr, p. 288, 289. Ook: Calvyn in: Commen