Available via license: CC BY
Content may be subject to copyright.
Lexikos 26 (AFRILEX-reeks/series 26: 2016): 103-123
Op pad na 'n omvattende
woordeboekkultuur
in die digitale era
Rufus H. Gouws, Departement Afrikaans en Nederlands,
Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika (rhg@sun.ac.za)
Abstract: Towards a Comprehensive Dictionary Culture in the Digital Era.
Following a brief introduction this paper offers a discussion of certain aspects of the development
of theoretical lexicography. Specific attention is drawn to among others different phases in this
development, provision that has to be made for the use of different lexicographic tools and also the
user-perspective. The main focus of this contribution is on the development of a comprehensive
dictionary culture that unites the traditional division between user-friendliness and dictionary
culture in one encompassing comprehensive dictionary culture. A bidirectional relation between
society and lexicography is discussed and it is indicated that certain adaptations need to be made
in order to improve the comprehensive dictionary culture. This includes both lexicographic and
extra-lexicographic adaptations. The distinction between a collective and an individual compre-
hensive dictionary culture is discussed and it is suggested that dictionary culture should not be a
separate main component of dictionary research but should rather be integrated into all four exist-
ing main components. Many potential dictionary users within the digital era belong to Generation Z.
Some features of this generation are briefly discussed. The need is indicated for an adaptation in
lexicography that could motivate this generation to use dictionaries. It is argued that dictionary
didactics should play an important role in establishing a comprehensive dictionary culture within
Generation Z. This dictionary culture should also be directed at other reference sources.
Keywords: COMPREHENSIVE DICTIONARY CULTURE, DICTIONARY CULTURE, DIC-
TIONARY DIDACTICS, DICTIONARY RESEARCH, DIGITAL ERA, EXTRA-LEXICOGRAPHIC
ASPECTS, GENERATION Z, LEXICOGRAPHIC TOOLS, METALEXICOGRAPHY, ONLINE DIC-
TIONARIES, TYPES OF USERS, USER-FRIENDLINESS
Opsomming: Na 'n kort inleiding bied dié artikel 'n bespreking van bepaalde aspekte van die
ontwikkeling van die leksikografieteorie. Spesifieke aandag word gegee aan onder meer verskil-
lende fases in dié ontwikkeling, voorsiening wat gemaak moet word vir die gebruik van ver-
skillende leksikografiese werktuie, asook die gebruikersperspektief. Die hooffokus van hierdie arti-
kel is op die ontwikkeling van 'n omvattende woordeboekkultuur wat die tradisionele verdeling
tussen gebruikersvriendelikheid en woordeboekkultuur onder een oorkoepelende omvattende
woordeboekkultuur verenig. 'n Tweerigtingverhouding tussen samelewing en leksikografie word
bespreek en daar word gewys op bepaalde aanpassings wat gemaak moet word ter verbetering van
die woordeboekkultuur. Dit sluit sowel leksikografiese as buiteleksikografiese aanpassings in. Die
onderskeid tussen 'n kollektiewe en 'n indiwiduele omvattende woordeboekkultuur word bespreek
http://lexikos.journals.ac.za
104 Rufus H. Gouws
en daar word voorgestel dat woordeboekkultuur nie 'n afsonderlike hoofkomponent van woorde-
boeknavorsing moet wees nie, maar eerder in al vier die bestaande hoofkomponente geïntegreer
moet word. In die digitale era behoort baie potensiële woordeboekgebruikers tot Generasie Z. Ken-
merke van hierdie gebruikersgroep word kortliks bespreek. Die behoefte aan 'n aanpassing in die
leksikografie om lede van Generasie Z by woordeboekgebruik te betrek, word genoem. Daar word
van die standpunt uitgegaan dat woordeboekdidaktiek 'n belangrike rol moet speel in die vestiging
van 'n omvattende woordeboekkultuur onder hierdie geslag gebruikers. Dié woordeboekkultuur
moet ook op die gebruik van ander naslaanbronne gerig wees.
Sleutelwoorde: AANLYN WOORDEBOEKE, BUITELEKSIKOGRAFIESE ASPEKTE, DIGI-
TALE ERA, GEBRUIKERSTIPES, GEBRUIKERSVRIENDELIKHEID, GENERASIE Z, LEKSIKO-
GRAFIESE WERKTUIE, METALEKSIKOGRAFIE, OMVATTENDE WOORDEBOEKKULTUUR,
WOORDEBOEKDIDAKTIEK, WOORDEBOEKKULTUUR, WOORDEBOEKNAVORSING
1. Inleiding
In die lang geskiedenis van die leksikografiese praktyk is daar blyke van 'n ver-
skeidenheid aanpassings wat gelei het tot die huidige stand van woordeboeke
as praktiese gebruiksinstrumente, vergelyk onder meer McArthur (1986) en
Gouws, Schweickard en Wiegand (2013). Van die ingrypende aanpassings wat
die ontwikkeling van die leksikografie kenmerk, was die oorgang van woorde-
boeke op kleitablette en papirusblare na woordeboeke op perkament en later
papier, die oorgang vanaf woordeboeke met 'n tematiese ordening na woorde-
boeke met 'n alfabetiese ordening, die vestiging van 'n preskriptiewe benade-
ring en die geleidelike oorgang vanaf 'n preskriptiewe na 'n deskriptiewe bena-
dering, die oorgang vanaf 'n kaartversameling na 'n elektroniese korpus en,
meer onlangs, die oorgang vanaf gedrukte na aanlyn woordeboeke. 'n Groter
blootstelling aan en gebruik van woordeboeke het ook 'n oorgang vanaf 'n pre-
woordeboekkultuurera na 'n era gekenmerk deur 'n meer gevestigde woorde-
boekkultuur meegebring.
Hierdie aanpassings het tot eiesoortige vernuwing in die leksikografie
gelei — vernuwing ten opsigte van medium, ten opsigte van inhoud en werks-
wyse en in sommige gevalle ook ten opsigte van die geldende teoretiese bena-
dering. In die aktiewe wisselwerking tussen leksikografieteorie en die leksiko-
grafiepraktyk is dit insiggewend om te let op die rol wat die teoretiese leksiko-
grafie in hierdie oorgange gespeel of nie gespeel het nie. Met die praktyk wat
veel ouer as die teorie is, was daar talle aanpassings wat uitsluitlik op die prak-
tyk gerig en deur praktiese behoeftes bepaal is, soos onder meer die oorgang na
perkament en papier en die benutting van die alfabetiese ordening. In ander
gevalle het die leksikografieteorie, of minstens bepaalde vroeë teoretiese
insigte, wel 'n rol gespeel. 'n Voorbeeld hiervan was die vestiging van 'n pre-
skriptiewe benadering in Samuel Johnson se A Dictionary of the English Lan-
guage (1755). Die werkswyse wat hy gevolg het en die vaslegging van sy bena-
http://lexikos.journals.ac.za
Op pad na 'n omvattende woordeboekkultuur in die digitale era 105
dering van "fixing the language" is voorafgegaan deur die dokument wat hy in
1747 gepubliseer het, te wete sy bekende The Plan of a Dictionary of the English
Language — 'n vroeë voorbeeld van 'n teoretiese uiteensetting wat in die prak-
tyk toegepas kon word.
In onlangse jare, lank na die vestiging van die teoretiese leksikografie, is
die oorgang na aanlyn woordeboeke vergesel van pogings om die heersende
leksikografieteorie wat veral op gedrukte woordeboeke gerig was, uit te brei en
aan te pas om ook as teoretiese basis vir aanlyn woordeboeke te dien. Die oor-
gang na die aanlyn leksikografie het 'n ingrypende invloed op die ontwikkeling
in die teoretiese leksikografie gehad, aangesien die nuwe medium nuwe
moontlikhede bied maar ook andersoortige eise stel wat nie sonder meer deur
die algemene leksikografieteorie in sy gerigtheid op gedrukte woordeboeke
bevredig kan word nie. Daar moes besluit word of daar 'n nuwe teorie vir aan-
lyn woordeboeke ontwerp moet word en of die bestaande teorie aangepas en
uitgebrei moet word om vir sowel gedrukte as aanlyn woordeboeke voorsie-
ning te maak. Die laasgenoemde keuse impliseer dat sommige aspekte van die
teorie net op gedrukte, ander op gedrukte en aanlyn en ander slegs op aanlyn
woordeboeke van toepassing sal wees. So 'n algemene teorie sal sterker wees as
twee afsonderlike teorieë. Dit is die uitgangspunt wat in hierdie artikel gehand-
haaf word.
Omdat die praktiese leksikografie veel ouer as die teoretiese leksikografie
is, het die teorie baie lank 'n navolgersrol gespeel wat 'n beskrywing moes bied
van dit wat reeds in die praktyk plaasgevind het. Algaande het die teorie inge-
haal en mettertyd ook 'n leiersrol begin speel deurdat voorstelle gemaak kon
word vir vernuwende werk in die leksikografiese praktyk.
Die koms van die digitale era het 'n soortgelyke verhouding tussen prak-
tyk en teorie in die leksikografie tot gevolg gehad as wat vroeër die geval in die
ontwikkeling van gedrukte woordeboeke was. Aanlyn woordeboeke wat ont-
wikkel is, het dikwels nie genoegsaam blyke gegee van 'n metaleksikografiese
grondslag nie. Een van die redes hiervoor is daarin geleë dat metaleksikograwe
nie voldoende aandag gegee het aan die aanpassings wat in die leksikografie-
teorie gemaak moes word nie. Ook hier het daar mettertyd 'n verandering inge-
tree wat weer eens algaande die navolgersrol van die metaleksikografie tot 'n
leiersrol omskep het. Die leksikografieteorie maak naamlik toenemend voorsie-
ning vir 'n algemener benadering wat nie mediumspesifiek is nie en wat ook as
basis vir die beplanning en samestelling van aanlyn woordeboeke kan dien.
Die oorgang na die aanlyn leksikografie is die gevolg van die koms van
die digitale era. Dit is 'n omvattende oorgang in eie reg; nie net in die leksiko-
grafie nie. In die leksikografie het dit tot baie aanpassings gelei wat nie hier uit-
voerig bespreek word nie. Een groot aanpassing wat nog nie gemaak is nie,
maar waarvoor daar in hierdie artikel gepleit word, is die aanpassing in die
interpretasie van die begrip woordeboekkultuur en die implikasies daarvan vir
onder meer woordeboekdidaktiek en die gevolglike ontwikkeling van sowel
die teoretiese as die praktiese leksikografie. Dit staan sentraal in hierdie artikel.
http://lexikos.journals.ac.za
106 Rufus H. Gouws
2. Ontwikkeling in die leksikografieteorie
2.1 Teorie en praktyk
Leksikografie val in 'n teoretiese en 'n praktiese komponent uiteen. Die leksiko-
grafiese praktyk was eerste daar en ouer woordeboeke het in 'n preteoretiese
era tot stand gekom. Met die koms van die leksikografieteorie, veral in die
laaste drie dekades van die vorige eeu, moes metaleksikograwe eerstens terug-
skouend werk om 'n teoretiese beskrywing te bied van dit wat reeds in die
praktyk beslag gekry het. Mettertyd is die nodige inhaalwerk gedoen en kon
teoretici ook vorentoe kyk en vernuwende modelle ontwikkel wat leiding aan
praktiserende leksikograwe gebied het vir die beplanning en ontwerp van lek-
sikografiese produkte. Die kontemplatiewe benadering van vroeë metaleksiko-
grawe is ondersteun deur 'n transformatiewe benadering, vergelyk Tarp (2008: 10)
vir 'n bespreking van hierdie begrippe.
Die koms van die digitale era het al gou tot die daarstelling van 'n verskei-
denheid e-woordeboeke aanleiding gegee. Die eerste woordeboeke wat in die
digitale medium saamgestel is, was woordeboeke op CD-ROM. Hierdie woor-
deboeke was in die meeste gevalle slegs digitale weergawes van bestaande
gedrukte woordeboeke. Daar was weliswaar 'n bepaalde toegevoegde waarde,
onder meer die vinniger toegangsmoontlikhede, maar die aard en omvang van
die woordeboekinhoud en die aanbieding daarvan het nie veel verskil van dié
van hierdie woordeboeke se gedrukte teenhangers nie. Wat wel opmerklik was
in hierdie fase van die oorgang van gedrukte na e-woordeboeke was die gebrek
aan teoretiese bydraes met voorstelle oor hoe hierdie e-woordeboeke ten beste
beplan en saamgestel kon word. Die praktyk het weer eens die voortou geneem
met uitgewers wat bestaande gedrukte woordeboeke in CD-ROM-formaat
beskikbaar gestel het sonder dat metaleksikograwe genoegsaam geraadpleeg is
of hoegenaamd leiding gegee het oor nuwe teoretiese modelle wat in die prak-
tyk toegepas kon word.
'n Volgende fase in die ontwikkeling van e-woordeboeke was die toetrede
van aanlyn woordeboeke en dit was die aanbreek van die werklike oorgang
vanaf gedrukte na digitale woordeboeke. Sommige aanlyn woordeboeke is
steeds nie veel meer as digitale weergawes van gedrukte woordeboeke nie. Die
vernuwende aanlyn woordeboeke is daardie produkte wat nie 'n gedrukte
teenhanger het nie en wat van meet af as aanlyn produk beplan en saamgestel
is. Ook hier is die verhouding tussen teorie en praktyk ter sake. Die tegnologie
om digitale woordeboeke te maak, het vinniger ontwikkel as die pogings van
metaleksikograwe om die leksikografieteorie so aan te pas dat dit genoegsaam
vir produkte in die nuwe medium voorsiening gemaak het. Weer eens het die
teorie 'n navolger van die praktyk geword en nie 'n leier nie.
2.2 Fases in die ontwikkeling van die leksikografieteorie
In die ontwikkeling van die algemene leksikografieteorie was daar verskillende
http://lexikos.journals.ac.za
Op pad na 'n omvattende woordeboekkultuur in die digitale era 107
fases met verskillende fokusgebiede, te wete 'n fokus op woordeboekinhoud,
op woordeboekstrukture en op woordeboekfunksies, vergelyk Gouws (2005).
Die formulering van leksikografiese funksies, vgl. Tarp (2008), is op so 'n wyse
gedoen dat dit nie mediumspesifiek is nie. Hierdie teoretiese benadering geld
gevolglik én vir gedrukte én vir aanlyn woordeboeke. Woordeboekinhoud
word grootliks deur die behoeftes van die teikengebruiker bepaal. Aanlyn
woordeboeke bied in talle gevalle dieselfde inhoud as gedrukte woordeboeke.
Die groot verskil lê in die aanbieding van data wat dit in aanlyn woordeboeke
makliker maak vir gebruikers om die verlangde inligting te kan onttrek. Een
van dié wesenlike aanpassings wat in die leksikografieteorie gemaak moet
word om ook vir aanlyn woordeboeke voorsiening te maak, is op die vlak van
woordeboekstrukture.
Sedert die tagtigerjare van die vorige eeu het woordeboekstrukture, veral
na aanleiding van die werk van die Duitse metaleksikograaf Herbert Ernst
Wiegand, sterk op die voorgrond getree op die terrein van leksikografiese
navorsing. Saakmakende publikasies is onder meer Wiegand (1989; 1989a;
1989b; 1996; 1998; 2003; 2008). In die onlangse metaleksikografiese navorsing is
daar voortgegaan met werk ten opsigte van woordeboekstrukture vir gedrukte
woordeboeke, vergelyk onder meer Wiegand en Beer (2013), Wiegand en Smit
(2013), Wiegand, Beer en Gouws (2013), Wiegand, Feinauer en Gouws (2013) en
Wiegand en Gouws (2013).
Naas die voortgesette gerigtheid op 'n bespreking van strukture in gedrukte
woordeboeke is daar eweneens aandag gegee aan van die moontlike aanpas-
sings van woordeboekstrukture wat vir die benutting daarvan in die aanlyn
woordeboeke geskik sal wees. Vergelyk in hierdie verband onder meer Klosa
(2009), Müller-Spitzer (2013), Gouws (2014; 2014a; 2015,), Caruso (2015), Giaco-
mini (2015), Klosa en Gouws (2015) en Müller-Spitzer en Wolfer (2015). In hier-
die navorsing oor woordeboekstrukture vir aanlyn woordeboeke is dit veral
aanpassings met betrekking tot die dataverspreidingstruktuur, raamstruktuur,
skermskootstruktuur, makrostruktuur, mikrostruktuur, artikelstruktuur en adres-
seringstruktuur wat ter sprake gebring is. Gouws en Tarp (2016) dui 'n verskei-
denheid vernuwende kenmerke in aanlyn woordeboeke aan, onder meer geso-
fistikeerde soekmetodes en toegangsroetes, gebruiker-gebaseerde datasifting,
die gebruik van versteekte data, die gebruik van opskietvensters en nuwe tipes
interne en eksterne skakels. Die voorkoms van hierdie kenmerke en 'n beskry-
wing wat 'n sistematiese benutting daarvan moontlik maak, vereis ook bepaalde
aanpassings in sekere woordeboekstrukture.
Daar is ook reeds heelwat navorsing gedoen om die algemene leksikogra-
fie te verruim met 'n bespreking van aspekte wat uitsluitlik op aanlyn woorde-
boeke gerig is. Vergelyk in hierdie verband die tematiese afdeling van die 2015-
uitgawe van die vaktydskrif Lexicographica wat gewy is aan strukture in aanlyn
woordeboeke (Wiegand 2015).
Belangrik is dit om daarop te let dat hierdie aanpassings in die teorie
onder meer dit ten doel het om uiteindelik een algemene en niemediumspesi-
fieke leksikografieteorie te kan formuleer.
http://lexikos.journals.ac.za
108 Rufus H. Gouws
2.3 Uitbreiding van die teorie ter wille van verskillende leksikografiese
werktuie
Die oorgang na die digitale era het ook tot die benutting van verskillende tipes
leksikografiese werktuie gelei. Anders as in die era van gedrukte woordeboeke
waar die boek die werktuig was waarin die leksikografiese aanbod weergegee
is, sluit die werktuie van die digitale era onder meer rekenaars, tablette en slim-
fone in. Toegang tot aanlyn woordeboeke kan met behulp van hierdie verskil-
lende werktuie geskied. Waar die aard van die boek as werktuig selde 'n
gesprekspunt was in die leksikografieteorie wat op gedrukte woordeboeke
gerig was, speel die werktuig en die voordele en beperkinge van verskillende
werktuie 'n beduidende rol in die digitale era. Die benutting van 'n bepaalde
werktuig vir die daarstelling van 'n bepaalde woordeboek mag nie op 'n arbi-
trêre manier geskied nie. Die naslaan- en leksikografiese vaardighede van
potensiële gebruikers moet ook deur leksikograwe in aanmerking geneem
word wanneer daar besluit word oor die werktuig en die aard en omvang van
die leksikografiese data wat daarin aangebied word. Verruiming in die bestek
van die leksikografieteorie maak ook vir allerlei aspekte van leksikografiese
werktuie se beperkings en voordele voorsiening. Dit vereis 'n bykomende uit-
breiding in die leksikografieteorie.
'n Aanlyn woordeboek wat saamgestel word met die oog op 'n slimfoon as
werktuig se strukture sal verskil van dié van 'n woordeboek wat met behulp
van 'n rekenaar geraadpleeg word. Die interne toegangstruktuur moet byvoor-
beeld minder divers wees met 'n kleiner verskeidenheid tipografiese en nie-
tipografiese struktuurmerkers in 'n verkleinde artikelstruktuur met minder
soeksones en 'n beperkter aanduideraanbod. Op die interne soekroete moet
daar wel voldoende leiding aan gebruikers gebied word om 'n suksesvolle
inligtingsonttrekking per woordeboekraadpleging te verseker. Die keuse van 'n
gepaste mikrostruktuurtipe is hier belangrik. Indien teksbegrip as kommunika-
tiewe funksie die enigste funksie van die betrokke woordeboek is, is 'n niegeïn-
tegreerde of selfs 'n rudimentêre mikrostruktuur voldoende. Waar teksproduk-
sie die enigste funksie is, sal 'n geïntegreerde mikrostruktuur help om sukses te
verseker. Indien die woordeboek bifunksioneel is met teksbegrip en tekspro-
duksie as kommunikatiewe funksies, kan 'n semi-geïntegreerde mikrostruk-
tuur, vergelyk Wiegand (1996), van waarde wees. Vir teksbegrip sal die geïnte-
greerde teksblok wat veral vertaalekwivalent- of betekenisparafrase-aandui-
ders en beperkte koteksaanduiders bevat die nodige leiding kan verskaf. Vir
die teksproduksiefunksie van so 'n slimfoonwoordeboek sal koteksaanduiders
soos voorbeeldmateriaal- en kollokasie-aanduiders in die niegeïntegreerde blok
aangebied word.
In 'n woordeboek wat per rekenaar geraadpleeg word, sal die teksproduk-
siefunksie deur middel van voorbeeldmateriaalaanduiders in 'n geïntegreerde
mikrostruktuur uitgevoer kan word. 'n Slimfoonwoordeboek moet die tipiese
gebruiksituasie ter wille wees — daarom kan die artikelstruktuur aangepas word
http://lexikos.journals.ac.za
Op pad na 'n omvattende woordeboekkultuur in die digitale era 109
om 'n absolute verpligte mikrostruktuur, vergelyk Hausmann en Wiegand (1989:
346), oftewel 'n verpligte mikrostruktuur (Gouws 2003: 4) as verstekkomponent
te hê. Daarbenewens kan daar 'n uitgebreide verpligte mikrostruktuur wees
(vergelyk Gouws 2003: 4) wat op tweede en verdere skermskote aangebied kan
word en wat bykomende data bevat.
Ruimte is en was dikwels 'n probleem in die samestelling van gedrukte
woordeboeke en leksikograwe moes die inhoud van hulle woordeboeke dien-
ooreenkomstig beplan. Waar die ruimtebeperking oorskry is deur die data-aan-
bod, moes die data-aanbod verminder word of daar moes voorsiening gemaak
word vir twee- of meerdelige woordeboeke. In die beplanning van die dataver-
spreidingstruktuur, die lemmakeuse en die aard en omvang van die mikro-
strukturele aanbod het die fisiese ruimtebeperkinge van 'n boek as leksikogra-
fiese werktuig 'n sekere rol gespeel.
Een van die voordele, hetsy 'n gewaande hetsy 'n werklike voordeel, van
aanlyn woordeboeke is die haas onbeperkte ruimte. Dit is so dat ruimtebeper-
king nie deurgaans dieselfde rol speel was wat in die beplanning en samestel-
ling van gedrukte woordeboeke die geval is nie, maar onbeperkte ruimte geld
nie altyd en oral in alle aanlyn woordeboeke nie. Lew (Om te verskyn) maak 'n
onderskeid tussen die feitlik onbeperkte bergingsruimte in 'n aanlyn databasis
en die beperkte aanbiedingsruimte, dit is die ruimte op 'n rekenaar- of ander
skerm waar die data vertoon word. Waar 'n woordeboek vir gebruik op 'n slim-
foon beplan word, moet die leksikograwe die beperkinge van die werktuig met
betrekking tot aanbiedingsruimte in gedagte hou. In die eerste fases van die
ontwikkeling van Mobilex, 'n webgebaseerde selfoontoepassing wat gebruikers
toegang gee tot 'n leksikografiese bewerking van 'n aantal terme uit enkele vak-
gebiede, is die data op 'n enkele skermskoot beperk tot 250 karakters, vergelyk
Van der Merwe (2015). In die beplanning en samestelling van 'n woordeboek
wat met behulp van 'n slimfoon geraadpleeg moet word, is dit belangrik dat
daar gewaak word teen data-oorlading, vergelyk Gouws en Tarp (2016). In die
leksikografieteorie moet 'n verskynsel soos data-oorlading ook verreken word —
nog 'n vernuwing wat in die ontwikkeling van die leksikografie en die oorgang
na 'n digitale era ter sake raak.
Die gebruik van 'n slimfoon of selfs 'n tablet of rekenaar waarvan die
skerm 'n beperkte aanbiedingsruimte het, impliseer nie noodwendig 'n beperkte
leksikografiese bewerking nie. In die aanpassing van die teorie oor woorde-
boekstrukture het 'n fokus op die artikel- en skermskootstruktuur, vergelyk
Gouws (2014), gewys op die waarde van 'n veelvlakkige artikelstruktuur waar-
van al die data nie in 'n enkele skermskootstruktuur aangebied word nie. Ver-
gelyk ook Du Plessis (2015). Die aard van die werktuig het dikwels 'n invloed
op die gepaste strukture wat gebruik word.
2.4 Die gebruiker
Wiegand (1989c: 251) voer aan dat die leksikografie 'n praktyk is wat daarop
http://lexikos.journals.ac.za
110 Rufus H. Gouws
gerig is om woordeboeke tot stand te bring sodat 'n verdere praktyk, te wete
die kulturele praktyk van woordeboekgebruik moontlik gemaak kan word.
Woordeboeke is praktiese gebruiksinstrumente en die suksesvolle gebruik van
hierdie instrumente is 'n kerndoelstelling van die beplanning en samestelling
van woordeboeke. Gevolglik is navorsing oor woordeboekgebruik 'n belang-
rike onderafdeling van die metaleksikografie, vergelyk onder meer Wiegand
(1984: 15; 1998: 113). Vanuit hierdie navorsing word woordeboekmodelle gefor-
muleer wat tot beter woordeboekgebruik kan lei.
In die ontwikkeling van die leksikografieteorie was daar algaande 'n ster-
ker fokus op die gebruiker, met 'n toename in navorsing oor woordeboekge-
bruik en woordeboekgebruikers. Vergelyk onder meer Hartmann (1987), Atkins
(1998), Tono (2001), Engelberg en Lemnitzer (2009), Svensén (2009), Welker
(2013; 2013a). Gevolglik het Wiegand (1977: 59) se benoeming van die woorde-
boekgebruiker as die "bekende onbekende" aan geldigheid begin inboet. Die
fokus op die gebruiker moet in die leksikografieteorie se aanpassing by e-woor-
deboeke gehandhaaf en selfs verder uitgebou word.
Soos in die geval van gedrukte woordeboeke staan die gebruiker sentraal
in die beplanning en samestelling van aanlyn woordeboeke. Wiegand (1984: 15)
het reeds woordeboekgebruik as 'n kernkomponent van die metaleksikografie
geïdentifiseer en Hartmann (1989) het die beginsel van 'n gebruikersperspektief
aan die orde gestel. Deur die daaropvolgende dekades was hierdie perspektief
van kernwaarde in sowel die teoretiese as die praktiese leksikografie. In die
metaleksikografie word die belang van die identifisering van 'n teikengebrui-
kersgroep en die vasstelling van die leksikografiese behoeftes en naslaanvaar-
dighede van daardie groep as voorvereistes gestel om die uiteindelike sukses-
volle woordeboekgebruik te help verseker.
In die ontwikkeling van die leksikografieteorie het die erkenning aan die
belang van die gebruikersperspektief tot bepaalde aanpassings gelei — weer
eens in sowel die teorie as die praktyk. Hausmann (1989: 13) het reeds gebruikers-
vriendelikheid en woordeboekkultuur as leksikografiese terme gevestig. Gebrui-
kersvriendelikheid in die leksikografie impliseer dat die leksikografie by die
gemeenskap moet aanpas deur aan die gebruikers woordeboeke te lewer wat
toeganklik is en waaraan inligting onttrek kan word ter bevrediging van hulle
spesifieke leksikografiese behoeftes. Volgens Klotz en Herbst (2016: 33) is twee
van die belangrikste faktore wat bydra tot gebruikersvriendelikheid in woorde-
boeke eerstens 'n duidelike uitleg wat maklik interpreteerbaar is en wat duide-
lik tussen verskillende inligtingtipes onderskei en, tweedens, 'n duidelik intuï-
tiewe enkodering van inligting, veral die vermyding van obskure afkortings en
kodes wat slegs verstaan kan word na die raadpleging van die woordeboek se
voor- of agtertekste. Om 'n woordeboekkultuur gevestig te kry, moet die
gemeenskap by die leksikografie aanpas deur vertroud te raak met onder meer
verskillende woordeboeksoorte, die tipiese data wat in woordeboeke aange-
bied word, die waarde en beperkinge van verskillende woordeboeksoorte en
met naslaanvaardighede om woordeboeke suksesvol te kan gebruik. 'n Woor-
http://lexikos.journals.ac.za
Op pad na 'n omvattende woordeboekkultuur in die digitale era 111
deboekkultuur sluit 'n samelewing se kennis van en vertroudheid met die lek-
sikografie in asook die vermoë om woordeboeke op 'n kundige manier te kan
gebruik. Vergelyk in hierdie verband ook Gouws en Prinsloo (2005: 12), Hart-
mann en James (1998) en Nkomo (2015). Waar 'n woordeboekkultuur in 'n
bepaalde samelewing of taalgemeenskap geld, sal daar kundige woordeboek-
gebruikers wees, vergelyk Wiegand (1998: 506).
Die voortgesette ontwikkeling van die leksikografieteorie moet ook voor-
siening maak vir en aanpas by die veranderde omgewing waarin woordeboeke
gebruik word, spesifiek die digitale era, en die potensiële gebruikers van woor-
deboeke in hierdie era. Alle fasette van die leksikografieteorie, ook die gebrui-
kersperspektief, moet telkens herbekyk en waar nodig aangepas word.
Al die veranderende invloede in die leksikografiese praktyk en teorie het
'n invloed op die woordeboekkultuur. Dit is daarom belangrik om vas te stel of
die tradisionele bestek van die begrip woordeboekkultuur nog voldoende is en of
daar aanpassings gemaak moet word in die interpretasie van hierdie begrip.
Dit word vervolgens bespreek.
3. 'n Omvattende woordeboekkultuur
3.1 'n Oorkoepelende term
In verskeie publikasies, onder meer Gouws (2012; 2013; 2016; 2016a) is daar
reeds gepleit vir 'n breër interpretasie van die begrip woordeboekkultuur. Gouws
(2013; 2016: 108) voer aan dat die term woordeboekkultuur veral geïnterpreteer
word met betrekking tot woordeboeke vir algemene taalgebruik. Dit is die
woordeboeksoort waarmee die meeste woordeboekgebruikers bekend is. Die
gewone lid van 'n taalgemeenskap is veel minder bekend met ander woorde-
boeksoorte, onder meer die groot verskeidenheid vakwoordeboeke en hulle rol
as naslaaninstrumente. Hierdie beperkte benadering tot woordeboekkultuur is
te wagte as daar in ag geneem word dat woordeboeknavorsing, die metaleksi-
kografie, dikwels 'n wetenskaplike aktiwiteit is wat slegs op algemene taalwoor-
deboeke gerig is. Vergelyk in hierdie verband Wiegand (1989: 257). Wiegand
lewer 'n pleidooi vir die verbreding van kennis oor die leksikografie en die
wetenskaplike studie daarvan, vergelyk Wiegand (1989: 258). 'n Vergelykbare
verbreding kan ook ten opsigte van die begrip woordeboekkultuur en navorsing
oor hierdie komponent van die leksikografie verlang word. 'n Omvattender
siening van 'n woordeboekkultuur sal die samelewing se vertroudheid met
woordeboeke verder as 'n kennis van slegs algemene taalwoordeboeke laat
strek. Die aanpassing van die samelewing by die leksikografie moet gebruikers
ook in aanraking bring met en hulle kennis verbreed van ander woordeboek-
soorte, onder meer vakwoordeboeke.
'n Uitbreiding in die bestek van 'n woordeboekkultuur sluit ook ander
fasette van die leksikografie in wat nie vroeër as deel van die woordeboekkul-
tuur beskou is nie. Gouws (2016a) bespreek verskillende aspekte van woorde-
http://lexikos.journals.ac.za
112 Rufus H. Gouws
boekkritiek en wys onder meer op die verantwoordelikheid van die metaleksi-
kograaf teenoor die gemeenskap om deur middel van resensies die woorde-
boekgebruikende gemeenskap leiding te gee oor die gehalte en beskikbaarheid
van woordeboeke. Woordeboekkritiek is 'n formele komponent van die meta-
leksikografie, vergelyk onder meer Wiegand (1984: 15; 1989: 262; 1998: 113). 'n
Omvattender siening van woordeboekkultuur sluit ook die rol van woorde-
boekkritiek en 'n deeglike kennis van die rol en waarde van woordeboekkritiek
by sowel die gebruiker as die leksikograaf in.
Die bestek van 'n omvattende woordeboekkultuur behoort nog verder te
strek as byvoorbeeld 'n fokusverbreding om ook aan ander woordeboeksoorte
en aan woordeboekkritiek aandag te gee. Wiegand (1998: 587) pleit ten gunste
van die vestiging van die metaleksikografiese term gebruikersvriendelikheid maar
laat hom nie in dieselfde mate oor die term woordeboekkultuur uit nie. Teenoor
die term gebruikersvriendelikheid wat gereeld ook buite die leksikografie gebruik
word, is die term woordeboekkultuur meer spesifiek leksikografies van aard.
Vanuit hierdie terminologiese tweedeling kan die laasgenoemde term eerder as
voorkeurterm in die leksikografie gebruik word, maar dan wel op so 'n manier
dat dit as 'n oorkoepelende term dien vir dit wat tans as woordeboekkultuur en
gebruikersvriendelikheid bekendstaan. Met die term omvattende woordeboekkul-
tuur word daar voortaan in hierdie artikel na die tweerigtingverhouding tussen
leksikografie en die gemeenskap verwys. Daar word gepleit vir 'n breë inter-
pretasie van hierdie term wat veel meer insluit as wat tradisioneel as ter sake
beskou is vir die suksesvolle verhouding tussen die gemeenskap en die leksi-
kografie
Die belang van 'n omvattende woordeboekkultuur word so hoog geskat
dat die invloed daarvan op 'n algemene leksikografieteorie erken behoort te
word. Deur hierdie invloed word daar vanuit die metaleksikografie riglyne aan
die leksikografiepraktyk gegee ter daarstelling van woordeboeke wat vir 'n ver-
anderende gebruikersgroep se veranderende behoeftes in 'n veranderende
woordeboekgebruiksomgewing en vir 'n veranderde medium en werktuigtipe
voorsiening maak.
Naas 'n erkenning van die invloed van woordeboekkultuur op die leksiko-
grafieteorie kan 'n studie van woordeboekkultuur 'n formele onderafdeling van
'n algemene leksikografieteorie word. In die uiteensetting van die bestek van
die metaleksikografie word daar onder die kategorie woordeboeknavorsing tans
vir vier hoofkomponente voorsiening gemaak, naamlik woordeboekgebruiks-
navorsing, kritiese woordeboeknavorsing, historiese woordeboeknavorsing en
sistematiese woordeboeknavorsing, vergelyk Wiegand (1998: 118) en Schier-
holz (2016: 306). Om die leksikografie se verantwoordelikheid teenoor 'n woor-
deboekkultuur deurgevoer te kry, moet woordeboekkultuur nie as 'n afson-
derlike komponent van woordeboeknavorsing gesien word nie. Dit is veel eer-
der 'n afdeling van die leksikografieteorie wat in elkeen van hierdie hoofkom-
ponente geïntegreer is omdat die navorsing wat ten opsigte van elkeen van
hierdie komponente gedoen word dit onder meer ten doel het om die leksiko-
http://lexikos.journals.ac.za
Op pad na 'n omvattende woordeboekkultuur in die digitale era 113
grafie beter by die samelewing te laat aanpas. 'n Omvattende woordeboekkul-
tuur is geïntegreer in 'n algemene leksikografieteorie.
3.2 Indiwiduele en kollektiewe woordeboekkultuur
Die bestaande terme gebruikersvriendelikheid en woordeboekkultuur word onder-
afdelings van 'n omvattende woordeboekkultuur. Uitbreiding van die bestek van
die term omvattende woordeboekkultuur geld ten opsigte van sowel dit wat vroeër
onder gebruikersvriendelikheid as onder woordeboekkultuur verstaan is. In die ver-
houding tussen leksikografie en samelewing moet die leksikografiepraktyk,
met die leksikografieteorie as basis, produkte lewer wat die gebruiker meer ter
wille is. Die keersy van die wisselwerkende verhouding is dat die vlak van
woordeboekkultuur in 'n betrokke taalgemeenskap dit vir leksikograwe
moontlik maak om meer gesofistikeerde woordeboeke te kan maak sonder
vrees dat die potensiële teikengebruiker dit nie optimaal sal kan benut nie.
Daar moet deur albei rolspelers in die aktiewe wisselwerkende verhouding
tussen samelewing en leksikografie gepoog word om 'n omvattende woorde-
boekkultuur so wyd moontlik in die samelewing gevestig te kry.
Gouws (2013: 51) maak voorsiening vir die onderskeid tussen 'n indiwi-
duele en 'n samelewings- of kollektiewe woordeboekkultuur. Binne 'n samele-
wing of taalgemeenskap wat gekenmerk word deur die afwesigheid van 'n
woordeboekkultuur kan daar indiwidue wees wat wel oor 'n woordeboekkul-
tuur beskik. Dit sal 'n voorbeeld van indiwiduele woordeboekkultuur wees.
Waar daar 'n wydverspreide woordeboekkultuur in die samelewing geld, is dit
'n samelewings- of kollektiewe woordeboekkultuur. Die ideaal is dat 'n omvat-
tende woordeboekkultuur ook 'n kollektiewe woordeboekkultuur is waaraan
die grootste deel van 'n bepaalde samelewing of taalgemeenskap deel het. Een
van die kenmerke van die digitale era is die grootskaalse toegang tot data deur
'n groot aantal gebruikers. 'n Kollektiewe woordeboekkultuur is ook hier nodig
om die gebruikers van digitale woordeboeke en ander naslaanbronne vertroud
te maak met die aard en omvang van die inligtingonttrekking aan aanlyn
woordeboeke wat moontlik is. Hier gaan dit veral om die verskeidenheid data-
tipes en die gemak van toegang tot hierdie data wat vanuit 'n omvattende kol-
lektiewe woordeboekkultuur bekendgemaak moet word.
3.3 Aanpassings in die samelewing
'n Omvattende woordeboekkultuur impliseer 'n tweerigtingwerking tussen
leksikografie en samelewing. Aanpassings in die samelewing kan implikasies
vir die leksikografie hê en aanpassings in die leksikografie kan implikasies vir
die samelewing hê. Sulke aanpassings moet ook in die konseptualisering en
formulering van die woordeboekkultuur weerspieël word. Van die verande-
ringe in die samelewing wat hier 'n rol kan speel, is onder meer 'n verskuiwing
http://lexikos.journals.ac.za
114 Rufus H. Gouws
in die teikengebruikersgroepe van woordeboeke. Daar was byvoorbeeld in die
voorafgaande dekades 'n uitbreiding in die woordeboektipologie ten gunste
van aanleerderwoordeboeke omdat taalaanleerders 'n belangrike deel van die
samelewing geword het en daarom as 'n teikengebruikersgroep van woorde-
boeke geïdentifiseer is. 'n Woordeboekkultuur moes dus ook voorsiening maak
vir aspekte wat deur so 'n verskuiwing van teikengebruikersgroepe meege-
bring is.
Die werktuie wat gebruik word in die digitale era het hulle eie voordele
en beperkinge en dit verg 'n eiesoortige tipe opleiding in woordeboekgebruiks-
vaardighede — 'n faset wat 'n komponent van 'n omvattende woordeboekkul-
tuur behoort te wees en wat tot sekere aanpassings moet lei.
Leksikograwe moet bewus wees van wie die teikengebruikers van hulle
spesifieke woordeboeke is maar ook wat die wyer maatskaplike posisie en
behoeftes van hierdie gebruikers is. Daar is ongetwyfeld buiteleksikografiese
aspekte binne die samelewing wat 'n wesenlike invloed op die leksikografie
kan uitoefen. 'n Voorbeeld van so 'n buiteleksikografiese aspek is die tipiese
gebruiksituasie van 'n beplande woordeboek. 'n Woordeboek vir gebruikers
wat leerders in 'n omgewing is met onvoldoende fisiese geriewe sal heel
moontlik anders lyk as 'n woordeboek van vergelykbare aard en omvang vir
gebruikers in 'n gebruiksomgewing met optimale fisiese geriewe. Eersge-
noemde woordeboek mag dalk primêr deur gebruikers wat in plakkerskampe
woon, gebruik word. Die niebeskikbaarheid van voldoende elektriese lig mag
meebring dat ter wille van suksesvolle woordeboekgebruik 'n groter lettertipe
in dié woordeboek gebruik word, vergeleke met die vergelykbare woordeboek
wat saamgestel word vir leerders wat die woordeboek onder optimale
gebruiksomstandighede gebruik. Hier lei gebruikersvriendelikheid nogmaals
tot 'n aanpassing van die leksikografie by die gemeenskap.
Die tipiese gebruiksituasie wat voorsien is vir die Ju
ǀ
'hoan Tsumkwe Dialect/
Prentewoordeboek vir kinders/Children's picture dictionary (Jones et al. 2014) is nie
'n biblioteek, studeerkamer of goed toegeruste klaskamer nie, maar veel eerder
'n omgewing waar die woordeboek deur sy teikengebruikers, jong kinders, in
'n informeler situasie gebruik word. Die woordeboek se bladsye is van 'n dik en
sterk glanspapier gemaak wat verhoed dat dit maklik skeur of vuil raak (Jones,
persoonlike mededeling). Die leksikografie pas sy produk ook in terme van
buiteleksikografiese aspekte aan by die gemeenskap wat die betrokke woorde-
boek gebruik. Voorskrifte in die leksikografieteorie moet soepel genoeg wees
om vir sulke aanpassings voorsiening te maak.
'n Verandering in die kundigheidsvlak van potensiële teikengebruikers
van woordeboeke is nog 'n buiteleksikografiese aspek wat 'n invloed op die
leksikografiese teorievorming en praktyk kan hê en wat in 'n omvattende
woordeboekkultuur verreken behoort te word. Naas die verrekening van ver-
skuiwings in gebruikersgroepe lei die bewusmaking in 'n omvattende woorde-
boekkultuur van meer woordeboeksoorte as net algemene taalwoordeboeke
daartoe dat daar ook aandag gegee moet word aan uiteenlopende gebruikers
http://lexikos.journals.ac.za
Op pad na 'n omvattende woordeboekkultuur in die digitale era 115
van dieselfde tipe woordeboek. In die vakleksikografie maak Bergenholtz en
Tarp (1995: 19) voorsiening vir verskillende deelnemers aan vakgesprekke, te
wete deskundiges, semideskundiges en leke. Hierdie gebruikers moet ook in ag
geneem word by die vasstelling van 'n vakwoordeboek se teikengebruiker-
groep en die gevolglike datakeuse vir aanbieding in die woordeboek. In aan-
sluiting by Bergenholtz en Tarp se driedeling stel Gouws (2016: 109) 'n verdere
gebruikerskategorie voor, naamlik die ingeligte leek. Dit gaan hier om leke ten
opsigte van 'n bepaalde vakgebied wat deur gereelde blootstelling aan terme uit
daardie vakgebied 'n sekere vertroudheid met die vakgebied verwerf. Waar vak-
terme in algemene aanlyn woordeboeke bewerk word, stel Gouws (2016: 113)
voor dat naas die verstekbewerking vir die leek in die semantiese kommentaar
van die woordeboekartikel daar 'n bykomende teksblok in die artikelstruktuur
opgeneem kan word waar 'n bewerking aangebied word wat toegevoegde
waarde vir die ingeligte leek sal hê. Verdere ondersoek kan gedoen word om
vas te stel of kundigheidsvlakke in ander opsigte ook tot 'n aanpassing in die
verdeling van teikengebruikers lei. In die pedagogiese leksikografie word daar
voorsiening gemaak vir verskillende taalaanleervlakke, naamlik 'n beginners-
vlak, intermediêre en gevorderde vlak. Vir die aanlyn leksikografie moet 'n
omvattende woordeboekkultuur daarvoor voorsiening maak dat gebruikers
vertroud raak met doelgemaakte woordeboeke waar daar aan een databasis
verskillende woordeboeke onttrek kan word — met die gebruiker wat sy/haar
profiel moet opstel sodat 'n woordeboek wat aan hulle behoeftes voldoen aan
die databasis onttrek kan word. Vergelyk in hierdie verband Bergenholtz en
Bergenholtz (2013). 'n Omvattende woordeboekkultuur is ook op gebruikers-
vriendelikheid gerig wat impliseer dat die leksikografie aanpassings moet
maak om produkte te lewer wat ten beste in al hierdie verskillende gebruikers-
groepe se leksikografiese behoeftes kan voorsien. In hierdie verband is dit ook
noodsaaklik dat gebruikers vertroud moet wees en vertroud gemaak moet
word met die elektroniese toestel waarop die woordeboeke verskyn. Dit is 'n
buiteleksikografiese aspek wat aandag verdien in die uitbreiding van 'n omvat-
tende woordeboekkultuur. 1
Nog 'n buiteleksikografiese aspek wat ingrypende leksikografiese implika-
sies kan hê, is die omstandighede van potensiële woordeboekgebruikers in die
digitale era met verwysing na hulle vertroudheid met tegnologiese vordering
en hulle houding teenoor gedrukte bronne, veral naslaanbronne. 'n Groot per-
sentasie van die lede van die samelewing wat 'n behoefte aan betroubare
naslaanbronne het, behoort tot die jonger geslag. Dit is mense wat in die digi-
tale era gebore is en daarin opgroei. Om te probeer verseker dat daar 'n voort-
gesette behoefte aan die gebruik van woordeboeke sal wees, moet die woorde-
boekkultuur ook deur die naslaanbehoeftes en naslaanvoorkeure van hierdie
geslag potensiële gebruikers beïnvloed word. Die digitale era is die era van
Generasie Z en die leksikografie moet op hulle behoeftes reageer. 'n Omvat-
tende woordeboekkultuur moet ook buiteleksikografiese aanpassings in die
samelewing in ag neem en die leksikografie moet daarby aanpas.
http://lexikos.journals.ac.za
116 Rufus H. Gouws
4. Generasie Z
Generasie Z, ook bekend as Gen Z, sluit diegene in wat na 1990 gebore is, dit is die
kinders van Generasie X (gebore 1965–1976) en die kinders of kleinkinders van die
Baby Boomers (gebore 1946–64) en soms selfs reeds die kinders van Generasie Y
(gebore 1977–1998), vergelyk http://de.wikipedia.org/wiki/Generation_Y. Alhoe-
wel baie Gen Z-lede nog op skool is, behoort hulle binne 'n dekade die grootste
deel van die werkkrag uit te maak, aldus Asthana (2008). Dit is 'n geslag wat
met die internet opgegroei het en hulle nie 'n lewe daarsonder kan voorstel nie.
Volgens die urbandictionary:
This generation is very networked with social networks and many means of
communication and means of entertainment at their finger tips such as Cell
Phones, iPod, Facebook, YouTube and IM. Digital networking and sharing is
common and many have not known a time without the internet ...
(http://www.urbandictionary.com)
Hierdie netbewoners ("net citizens" of "netizens") stel ander verwagtinge aan
naslaanbronne. Volgens Generation Z: Born in the digital age (2011) glo hulle dat
alles moontlik is met behulp van tegnologie en lei hulle 'n lewe:
that seems a million miles removed from the hopes, dreams and morals of pre-
vious generations … They want everything, everywhere and immediately. They
surf on two screens simultaneously. They don't mind paying through the nose
for the latest smart phone but turn up their nose at paying for a film or a song
when you can get that for free online. ... Even as young as they are, they have
already seen so many technologies become obsolete. For this reason, they have
become the ultimate "self-educators", learning how to use new stuff via self-help
videos on YouTube.
Leksikograwe wat leksikografiese produkte vir die onmiddellike toekoms
beplan, moet die tipiese kenmerke van Gen Z in gedagte hou want dit gaan 'n
invloed op hulle naslaanbehoeftes, woordeboekgebruik en woordeboekge-
bruiksvaardighede hê. Dit vereis ingrypende aanpassings in die leksikografie-
teorie en die leksikografiepraktyk en 'n verdere verbreding van 'n omvattende
woordeboekkultuur. Gedrukte bronne is nie Gen Z se voorkeurleesstof nie en
hierdie gebrek aan belangstelling in boeke, hulle voorkeur vir gratis aanlyn
produkte en hulle vermeende vermoë om hulleself met behulp van die internet
op te voed, moet leksikograwe daarvan oortuig dat hulle met 'n deel van die
samelewing te doen het onder wie tradisionele woordeboeke min of geen
invloed het nie, vergelyk Gouws (2017) en Gouws en Tarp (2016).
Parker (2013) beweer dat indien Gen Z digitale integreerders is
then we can't teach them in analogue, where teachers do the teaching, spoon-
feeding them knowledge. Those days are gone.
In 'n omvattende woordeboekkultuur moet daar voorsiening gemaak word vir
hierdie potensiële teikengebruikers van nuwe leksikografiese produkte. Woor-
http://lexikos.journals.ac.za
Op pad na 'n omvattende woordeboekkultuur in die digitale era 117
deboekdidaktiek moet ook hierby aangepas word. Die gesprek oor leksikogra-
fiese hulpmiddels moet nie tot aanlyn woordeboeke beperk word nie, maar
ander inligtingsinstrumente wat deur Gen Z gebruik word, moet ook in
gedagte gehou word en leksikografiese produkte moet waar moontlik daarby
geïntegreer word. Gen Z is ook die selfoongenerasie omdat selfone 'n onaf-
skeidbare en onvervreembare deel van die meeste lede van hierdie generasie is.
O'Farrell (2011) wys op die hoë persentasie van die tienerbevolking wat selfone
besit. Drie dinge wat selfone aan hierdie gebruikers gee, is toeganklikheid,
gewildheid en verbindbaarheid.
Die gemak en onmiddellike bevrediging van kommunikatiewe behoeftes
wat selfone meebring, is heel belangrik vir leksikografiese produkte. Daarom
moet leksikograwe probeer om leksikografiese produkte te integreer in slim-
fone om waarde toe te voeg tot hierdie veelsydige instrumente en daardeur 'n
beter kans te bewerk om woordeboekgebruik onder Gen Z-lede te vestig. Dit
sluit aan by die gedagtes van Finch (2015):
It's critical that we recognize Gen Z's differences and meet them where they are,
rather than where we want them to be.
Dit is ook in die leksikografie ter sake en leksikograwe moet woordeboeke
dienooreenkomstig beplan maar ook die woordeboekkultuur dienooreenkoms-
tig aanpas en woordeboekdidaktiek, spesifiek die aanleer van woordeboek-
gebruiksvaardighede, dienooreenkomstig aanpas. Vergelyk in hierdie verband
ook Gouws (2017). Nkomo (2015: 74) sê:
No form of culture can thrive without being inculcated or nurtured by means of
education, be it formal or informal. The same applies to dictionary culture …
Hier moet woordeboekdidaktiek 'n aktiewe rol speel om die sukses van 'n
omvattende woordeboekkultuur te help verseker.
5. Woordeboekdidaktiek
Dit is 'n gevestigde siening in die leksikografie dat die opleiding van woorde-
boekgebruikers 'n noodsaaklikheid is. Binne die tradisionele siening van 'n
woordeboekkultuur, dit is die aanpassing van die gemeenskap by die leksiko-
grafie, kan woordeboekopleiding as 'n ononderhandelbare komponent beskou
word. Whitcut (1986) wys reeds op die belang van die opleiding van woorde-
boekgebruikers. In 'n omvattende woordeboekkultuur moet woordeboek-
didaktiek ook as ononderhandelbare komponent gesien word, maar die oplei-
ding moet op sowel woordeboekgebruikers as leksikograwe gerig wees. Lew
(2013: 16) wys op twee belangrike aspekte wat nodig is vir suksesvolle woorde-
boekgebruik. Dit is hoë gehalte, gebruikersvriendelike woordeboeke en woor-
deboekgebruikers wat weet wat hulle doen. Hierdie twee aspekte weerspieël
die kern van die tradisionele tweedeling van gebruikersvriendelikheid en
http://lexikos.journals.ac.za
118 Rufus H. Gouws
woordeboekkultuur en dus ook die kern van die tweerigtingverhouding wat 'n
omvattende woordeboekkultuur kenmerk. Om leksikograwe daartoe in staat te
stel om hoë gehalte gebruikersvriendelike woordeboeke saam te stel en om
gebruikers te hê wat weet wat hulle doen, is opleiding, spesifiek woordeboek-
didaktiek, noodsaaklik.
Die behoefte aan woordeboekdidaktiek word gereeld in metaleksikografiese
publikasies bespreek. Vergelyk in hierdie verband onder meer Béjoint (1989),
Lew en Galas (2008), Engelberg en Lemnitzer (2009), Schierholz (2016) en vir
aanlyn woordeboeke Klein (2008). Domínguez Vázquez en Sanmarco Bande
(2017) word volledig gewy aan die tema leksikografie en didaktiek. Die behoefte
aan formele opleiding vir leksikograwe het gelei tot die instelling van graad-
kursusse in teoretiese leksikografie, onder meer in Suid-Afrika aan die Univer-
siteit van Stellenbosch en die toonaangewende MA-program EMLex, dit is die
interuniversitêre, internasionale European Master in Lexicography, vergelyk
http:// www.emlex. phil.uni-erlangen.de/.
Volgens Klein (2007: 423) is dit vir 'n suksesvolle woordeboekkultuur
nodig dat daar voortdurend samewerking tussen leksikograwe en onderwysers
moet wees. Die onderwysers is, aldus Klein, 'n belangrike faktor in die ontwik-
keling van 'n woordeboekkultuur. Vir die digitale era moet woordeboekdidak-
tiek gerig wees op vaardighede in die gebruik van aanlyn woordeboeke maar
daar moet ook die nodige fokus op die tipiese gebruikers van hierdie aanlyn
woordeboeke wees. Die behoeftes en vaardighede van lede van Gen Z stel
nuwe uitdagings aan die leksikografieteorie. In 'n samelewing met 'n aktiewe
omvattende woordeboekkultuur wat gekenmerk word deur die aanpassing
van die gemeenskap by die leksikografie en van die leksikografie by die
gemeenskap moet die digitale era 'n invloed hê op die aanpassings wat deur
albei groepe rolspelers in die woordeboekkultuur gemaak word — ook ten
opsigte van woordeboekdidaktiek. Leksikograwe moet kreatief dink oor vernu-
wende maniere waarop woordeboekgebruik en woordeboekgebruiksvaardig-
hede onderrig moet word. Vergelyk in hierdie verband onder meer Dringó-
Horváth (2014) en Tiberius en Müller-Spitzer (2015). In hierdie beplanning
moet woordeboeke nie in isolasie gesien word nie maar as deel van 'n veel
wyer reeks digitale naslaanbronne. Woordeboekvaardighede moet ook vaar-
dighede meebring om ander aanlyn naslaanbronne te raadpleeg. Mettertyd kan
'n omvattende woordeboekkultuur uitgebrei word tot 'n omvattende naslaan-
kultuur.
7. Ten slotte
Die sukses van woordeboeke as praktiese gebruiksinstrumente is daarvan
afhanklik dat die kundige teikengebruikers weet wanneer om watter woorde-
boek te kies, weet watter data in watter woordeboek aangebied behoort te
word en daartoe in staat is om toegang te kry tot die data waaraan die tersaak-
like inligting onttrek moet word. Wanneer 'n woordeboekraadpleging afgesluit
http://lexikos.journals.ac.za
Op pad na 'n omvattende woordeboekkultuur in die digitale era 119
word met die verkryging van inligting wat 'n oplossing bied vir die probleem
wat die woordeboekraadpleging gemotiveer het, is daar sprake van sukses.
Suksesvolle woordeboekgebruik en die maak van woordeboeke wat aan die
geïdentifiseerde teikengebruikersgroep se leksikografiese behoeftes voldoen,
word bevoordeel deur die bestaan van 'n omvattende woordeboekkultuur met
'n tweerigtingwerking tussen die leksikografie en die samelewing. Met die oog
op die digitale era waar lede van Gen Z oorreed moet word om woordeboeke
as naslaanbronne te gebruik en waar aanlyn woordeboeke ook op die behoeftes
van Gen Z gerig is, is die vestiging van 'n omvattende woordeboekkultuur
maar ook voortgesette metaleksikografiese navorsing om die gehalte van die
woordeboekkultuur te verbeter en uit te brei dringend noodsaaklik.
8. Nota
1. My dank aan 'n anonieme keurder wat my aandag op hierdie aspek gevestig het.
9. Erkenning
This research is supported in part by the National Research Foundation of
South Africa (grant specific unique reference number (UID 85434). The Grant-
holder acknowledges that opinions, findings and conclusions or recommenda-
tions expressed in any publication generated by the NRF supported research
are that of the author, and that the NRF accepts no liability whatsoever in this
regard.
10. Bibliografie
10.1 Woordeboeke
Hartmann, Reinhard R.K. en Gregory James. 1998. Dictionary of Lexicography. Londen/New York:
Routledge.
Johnson, S. 1755. A Dictionary of the English Language. Londen: J. & P. Knapton/T. & T. Longman et al.
Jones, Kerry L. et al. (Reds.). 2014. Ju
ǀ
'hoan Tsumkwe Dialect/Prentewoordeboek vir kinders/Children's
Picture Dictionary. Pietermaritzburg: University of KwaZulu-Natal Press.
urbandictionary = http://www.urbandictionary.com
10.2 Ander bronne
Asthana, Anushka. 2008. They Don't Live for Work ... They Work to Live. http://www.theguardian.
com/money/2008/may/25/workandcareers.worklifebalance.
Atkins, Beryl T.S. (Red.). 1998. Using Dictionaries. Studies of Dictionary Use by Language Learners and
Translators. Tübingen: Max Niemeyer.
http://lexikos.journals.ac.za
120 Rufus H. Gouws
Béjoint, Henry. 1989. The Teaching of Dictionary Use: Present State and Future Tasks. Hausmann,
Franz-J. et al. (Reds.). 1989–1991: 208-215.
Bergenholtz, Henning en Sven Tarp (Reds.). 1995. Manual of Specialised Lexicography. Amsterdam/
Philadelphia: John Benjamins.
Bergenholtz, Inger en Henning Bergenholtz. 2013. One Database, Four Monofunctional Diction-
aries. Hermes 50: 119-125.
Caruso, Valeria. 2015. Explorations on Data Condensation and Data Distribution in the Microstruc-
tures of e-Dictionaries. Lexicographica 31: 38-66.
Domínguez Vázquez, Maria. J. en M.T. Sanmarco Bande (Reds.). 2017. Lexicografía y Didáctica.
Frankfurt: Peter Lang. (Om te verskyn.)
Dringó-Horváth; Ida. 2014. Wörterbuchdidaktik für digitale Wörterbücher. http://www.daf-online.hu/
docs/DringoHorvath_2014_Woerterbuchdidaktik_218-228.pdf.
Du Plessis, André. 2015. 'n Funksionele analise van die e-WAT: 'n Grondslag vir die verbetering van
internet- en selfoonwoordeboeke. Ongepubliseerde M.A.-tesis. Universiteit van Stellenbosch.
Engelberg, Stefan en Lothar Lemnitzer. 2009: Lexikographie und Wörterbuchbenutzung. Tübingen:
Stauffenburg.
Finch, Jeremy. 2015. What Is Generation Z, And What Does It Want? http://www.fastcoexist.com/
3045317/what-is-generation-z-and-what-does-it-want.
Generation Z: Born in the Digital Age. 2011. http://english.astroawani.com/lifestyle/generation-z-
born-digital-age-53754.
Giacomini, Laura. 2015. Macrostructural Properties and Access Structures of LSP e-Dictionaries for
Translation: The Technical Domain. Lexicographica 31: 90-117.
Gouws, Rufus H. 2003. Aspekte van mikrostrukturele verskeidenheid en inkonsekwentheid in
woordeboeke. Lexikos 13: 92-110
Gouws, Rufus H. 2005. Meilensteine auf dem historischen Weg der Metalexikographie. Lexico-
graphica 21: 158-178.
Gouws, Rufus H. 2012: Towards a System of Integrated Dictionary Use. Karpova, Olga en Faina
Kartashkova (Reds.). 2012. Multi-disciplinary Lexicography: Traditions and Challenges of the XXI-st
Century: 134-144. Cambridge: Cambridge Scholars Publishing.
Gouws, Rufus H. 2013. Establishing and Developing a Dictionary Culture for Specialised Lexicog-
raphy. Jesenšek, Vida (Red.). 2013. Specialised Lexicography: 51-62. Berlyn/New York: De
Gruyter.
Gouws, Rufus H. 2014. Article Structures: Moving from Printed to e-Dictionaries. Lexikos 24: 155-177.
Gouws, Rufus H. 2014a. Makrostruktuuraanpassings vanaf gedrukte na e-woordeboeke. Tydskrif
vir Geesteswetenskappe 54(3): 481-504.
Gouws, Rufus H. 2015. Expanding the Notion of Addressing Relations. Lexicography: 1(2): 159-184.
Gouws, Rufus H. 2016. Increasing the Scope of the Treatment of Specialised Language Terms in
General Dictionaries. Schierholz, Stefan et al. (Reds.). 2016: 101-118.
Gouws, Rufus H. 2016a. Dictionary Criticism and Dictionary Critics. Bielińska, Monika and Stefan
J. Schierholz (Reds.). 2016. Wörterbuchkritik. Berlyn: De Gruyter. (Om te verskyn.)
Gouws, Rufus H. 2017. La sociedad digital y los diccionarios. Domínguez Vázquez, Maria. J. en
Sanmarco M.T. Bande (Reds.) 2017. Lexicografía y Didáctica. Frankfurt: Peter Lang. (Om te ver-
skyn.)
Gouws, Rufus H., Ulrich Heid, Wolfgang Schweickard en Herbert Ernst Wiegand (Reds.). 2013.
Dictionaries. An International Encyclopedia of Lexicography. Supplementary Volume: Recent Devel-
http://lexikos.journals.ac.za
Op pad na 'n omvattende woordeboekkultuur in die digitale era 121
opments with Focus on Electronic and Computational Lexicography. Berlyn/New York: Walter de
Gruyter.
Gouws, Rufus H. en Danie J. Prinsloo. 2005. Principles and Practice of South African Lexicography.
Stellenbosch: SUN PReSS.
Gouws, Rufus H., Wolfgang Schweickard en Herbert Ernst Wiegand. 2013. Lexicography through
the Ages: From the Early Beginnings to the Electronic Age. Gouws, Rufus H. et al. (Reds.).
2013: 1-24.
Gouws, Rufus H. en Sven Tarp. 2016. Information Overload and Data Overload in Lexicography.
International Journal of Lexicography 29. (Om te verskyn.)
Hartmann, Reinhard R.K. 1987. Four Perspectives on Dictionary Use: A Critical Review of Research
Methods. Cowie, Anthony P. (Red.). 1987. The Dictionary and the Language Learner: 11-28.
Tübingen: Niemeyer.
Hartmann, Reinhard R.K. 1989. Sociology of the Dictionary User: Hypotheses and Empirical
Studies. Hausmann, Franz J. et al (Reds.). 1989: 102-111.
Hausmann, Franz J. 1989. Die gesellschaftlichen Aufgaben der Lexikographie in Geschichte und
Gegenwart. Hausmann, Franz J. et al. (Reds.). 1989–1991: 1-19.
Hausmann, Franz J. et al. (Reds.). 1989–1991. Wörterbücher. Ein internationales Handbuch zur Lexiko-
graphie/Dictionaries. An International Encyclopedia of Lexicography/Dictionnaires. Encyclopédie
internationale de lexicographie. Berlyn: De Gruyter.
Hausmann, Franz J. en Herbert Ernst Wiegand. 1989. Component Parts and Structures of General
Monolingual Dictionaries: A Survey. Hausmann, Franz J. et al. (Reds.). 1989–1991: 328-360.
Johnson, S. 1747. The Plan of a Dictionary of the English Language. Faksimilee-uitgawe 1970. Menston:
The Scolar Press.
Klein, Juliane. 2007. Implementing a Dictionary Culture in South Africa: An Attempt at a General
Framework for the African Languages. Lexikos 17: 416-423.
Klein, Juliane. 2008. Teaching Dictionary-using Skills for Online Dictionaries: An Attempt at a
Theoretical Framework for South Africa. Bernal, Elisenda en Janet DeCesaris (Reds.). 2008.
Proceedings of the XIII EURALEX International Congress, Barcelona, 15–19 July 2008: 1265-1271.
Sèrie Activitats 20. Barcelona: Universitat Pompeu Fabra, Institut Universitari de Lingüística
Aplicada.
Klosa, Annette. 2009. Außentexte in elektronischen Wörterbüchern. Beijk, Egbert et al. (Reds.).
2009. Fons Verborum: Feestbundel Fons Moerdijk: 49-60. Amsterdam: Gopher BV.
Klosa, Annette en Rufus H. Gouws. 2015. Outer Features in e-Dictionaries. Lexicographica 31: 142-
172.
Klotz, Michael en Thomas Herbst. 2016. English Dictionaries. A Linguistic Introduction. Berlyn: Erich
Schmidt Verlag.
Lew, Robert. 2013. Online Dictionary Skills. Kosem, Iztok et al. (Reds.). 2013. Electronic Lexicography
in the 21st Century: Thinking outside the Paper: 16-31. Ljubljana/Tallinn: Trojina, Institute for
Applied Slovene Studies/Eesti Keele Instituut.
Lew, Robert. Om te verskyn. Space Restrictions in Paper and Electronic Dictionaries and their
Implications for the Design of Production Dictionaries. Bański, Piotr en Beata Wójtowicz
(Reds.). Om te verskyn. Issues in Modern Lexicography. München: Lincom Europa.
Lew, Robert en Katarzyna Galas. 2008. Can Dictionary Skills Be Taught? The Effectiveness of Lexi-
cographic Training for Primary-School-Level Polish Learners of English. Bernal, Elisenda en
Janet DeCesaris (Reds.). 2008. Proceedings of the XIII EURALEX International Congress, Barcelona,
http://lexikos.journals.ac.za
122 Rufus H. Gouws
15–19 July 2008: 1273-1285. Barcelona: Universitat Pompeu Fabra.
McArthur, Tom. 1986. Worlds of Reference. Lexicography, Learning and Language from the Clay Tablets
to the Computer. Cambridge: Cambridge University Press.
Müller-Spitzer, Carolin. 2013. Textual Structures in Electronic Dictionaries. Gouws, Rufus H. et al.
(Reds.). 2013: 367-381.
Müller-Spitzer, Carolin en Sascha Wolfer. 2015. Vernetzungsstrukturen digitaler Wörterbücher.
Neue Ansätze zur Analyse. Lexicographica 31: 173-199.
Nkomo, Dion. 2015. Developing a Dictionary Culture through Integrated Dictionary Pedagogy in
the Outer Texts of South African School Dictionaries: The Case of Oxford Bilingual School Dic-
tionary: IsiXhosa and English. Lexicography 2(1): 71-99.
O'Farrell, Nicholas. 2011. http://www.ning.com/blog/2011/07/generation-mobile1.html.
Parker, Phil. 2013. http://www.sec-ed.co.uk/blog/how-generation-z-is-different.
Schierholz, Stefan. 2016. Einige kurze Überlegungen zur Metalexikographie in der Lehre. Schier-
holz, Stefan, et al. (Reds.). 2016: 295-308.
Schierholz, Stefan, et al. (Reds.). 2016. Wörterbuchforschung und Lexikographie. Berlyn: De Gruyter.
Svensén, Bo. 2009. A Handbook of Lexicography: The Theory and Practice of Dictionary-making. Cam-
bridge: Cambridge University Press.
Tarp, Sven. 2008. Lexicography in the Borderland between Knowledge and Non-knowledge. General Lexico-
graphical Theory with Particular Focus on Learner's Lexicography. Tübingen: Max Niemeyer.
Tiberius, Carole en Carolin Müller-Spitzer. 2015. Research into Dictionary Use. Wörterbuchbe-
nutzungsforschung. 5. Arbeitsbericht des wissenschaftlichen Netzwerks „Internetlexikografie“.
Mannheim: Institut für Deutsche Sprache.
Tono, Yukio. 2001. Research on Dictionary Use in the Context of Foreign Language Learning. Focus on
Reading Comprehension. Tübingen: Max Niemeyer.
Van der Merwe, Michele. 2015. Perceptions of the MAAL Generation in Higher Education on the Use of
LSP Dictionaries on Mobile Phones. Paper presented at the StelleLex-Colloquium, Stellenbosch,
March 2015.
Welker, Andreas. 2013. Empirical Research into Dictionary Use since 1990. Gouws, Rufus H. et al.
(Reds.). 2013: 531-540.
Welker, Andreas. 2013a. Methods in the Research of Dictionary Use. Gouws, Rufus H. et al.
(Reds.). 2013: 540-547.
Whitcut, Janet. 1986. The Training of Dictionary Users.Ilson, Robert (Red.). 1986. Lexicography: An
Emerging International Profession: 111-122. Manchester: Manchester University Press.
Wiegand, Herbert Ernst. 1977. Nachdenken über Wörterbücher: Aktuelle Probleme. Drosdowski,
Günther, Helmut Henne en Herbert E. Wiegand (Reds.). 1977. Nachdenken über Wörterbücher:
51-102. Mannheim/Wenen/Zürich: Bibliographisches Institut.
Wiegand, Herbert Ernst. 1984. On the Structure and Contents of a General Theory of Lexicog-
raphy. Hartmann, Reinhard R.K. (Red.). 1984. LEX'eter '83 Proceedings. Papers from the Interna-
tional Conference on Lexicography at Exeter, 9–12 September 1983: 13-30. Tübingen: Max Niemeyer.
Wiegand, Herbert Ernst.1989. Aspekte der Makrostruktur im allgemeinen einsprachigen Wörter-
buch: Alphabetische Anordnungsformen und ihre Probleme. Hausmann, Franz J. et al.
(Reds.). 1989–1991: 371-409.
Wiegand, Herbert Ernst. 1989a. Der Begriff der Mikrostruktur: Geschichte, Probleme, Perspek-
tiven. Hausmann, Franz J. et al. (Reds). 1989–1991: 409-462.
http://lexikos.journals.ac.za
Op pad na 'n omvattende woordeboekkultuur in die digitale era 123
Wiegand, Herbert Ernst. 1989b. Arten von Mikrostrukturen im allgemeinen einsprachigen Wörter-
buch. Hausmann, Franz J. et al. (Reds). 1989–1991: 462-501.
Wiegand, Herbert Ernst. 1989c. Der gegenwärtige Status der Lexikographie. Hausmann, Franz J. et
al. (Reds.). 1989–1991: 246-280.
Wiegand, Herbert Ernst. 1996. Das Konzept der semiintegrierten Mikrostrukturen. Ein Beitrag zur
Theorie zweisprachiger Printwörterbücher. Wiegand, Herbert Ernst (Red.). 1996. Wörter-
bücher in der Diskussion II. Vorträge aus dem Heidelberger lexikographischen Kolloquium: 1-82.
Tübingen: Max Niemeyer.
Wiegand, Herbert Ernst. 1998. Wörterbuchforschung. Untersuchungen zur Wörterbuchbenutzung, zur
Theorie, Geschichte, Kritik und Automatisierung der Lexikographie. 1. Teilband. Mit 159 Illustratio-
nen im Text. Berlyn/New York: Walter de Gruyter.
Wiegand, Herbert Ernst. 2003. Überlegungen zur Typologie von Wörterbuchartikeln in Printwör-
terbüchern. Ein Beitrag zur Theorie der Wörterbuchform. Lexicographica 19: 169-313.
Wiegand, Herbert Ernst. 2008. Zugriffsstrukturen in Printwörterbüchern. Ein zusammenfassender
Beitrag zu einem zentralen Ausschnitt einer Theorie der Wörterbuchform. Lexicographica 24:
209-315.
Wiegand, Herbert Ernst (Red.). 2015. Lexicographica 31. Berlyn: De Gruyter.
Wiegand, Herbert Ernst en Sandra Beer. 2013. Access Structures in Printed Dictionaries. Gouws,
Rufus H. et al. (Reds.). 2013:110-149.
Wiegand, Herbert Ernst, Sandra Beer en Rufus H. Gouws. 2013. Textual Structures in Printed Dic-
tionaries: An Overview. Gouws, Rufus H. et al. (Reds.). 2013: 31-73.
Wiegand, Herbert Ernst, Ilse Feinauer en Rufus H. Gouws. 2013. Types of Dictionary Articles in
Printed Dictionaries. Gouws, Rufus H. et al. (Reds.). 2013:314-366.
Wiegand, Herbert Ernst en Rufus H. Gouws. 2013. Macrostructures in Printed Dictionaries.
Gouws, Rufus H. et al. (Reds.). 2013: 73-110.
Wiegand, Herbert Ernst en Maria Smit. 2013. Microstructures in Printed Dictionaries. Gouws,
Rufus H. et al. (Reds.). 2013: 149-214.
10.3 Webblaaie
http://de.wikipedia.org/wiki/Generation_Y.
http://www.emlex.phil.uni-erlangen.de/
http://lexikos.journals.ac.za