ArticlePDF Available

Title XLV van dir Lex Salica (De Migrantibus) en die Evangelie volgens Johannes

Authors:
Article

Title XLV van dir Lex Salica (De Migrantibus) en die Evangelie volgens Johannes

I must cease giving examples. The last part of my article has
become only a sketch, trying to give hints for reading the Bible. I only
want to say now at last, that it has been my aim always to establish
a narrow connection between the "scholarly " reading, so as it takes
shape in modern research, and the devotional reading.
AAGE BENTZEN.
Copenhagen, 23rd March, 1950.
T IT EL XL V V AN D IE L EX SA LIC A (D s MiGRANTmus) EN DIE
EV AN GELIE V OLG EN S JOH AN NES, HO OFST UK I. V ER S XI.
Titel X LV van die lex Salica bevat n reeling wat myns insiens
kan help om die sin en betekenis van die woorde in Hoofstuk I vers 11
van die Evangelie volgens Johannes toe te lig.
Die lex Salica is die optekening in vulgair Latyn van die Salies-
Frankiese volksreg. Die teboekstelling van die oudste dele daarvan
dateer vermoedelik uit die laaste twee decennia van die vyfde eeu na
Christus, tydens die regering van koning Clovis (481-511), onder wie
se bewind die ryk van die Franke geweldig uitgebrei het en die grond
slag gelê is vir die latere grootheid daarvan. Die Saliese Franke was
'n Germaanse volkstam wat, komende uit Germania oos van die Ryn,
in die loop van die derde eeu na Christus toegelaat is om hulle ooi
die rivier binne die gebied van die Romeinse ryk in wat later die Sui-
delike Nederlande heet, te vestig.
In die vyfde eeu na Christus is hulle ontwikkeling blykens hul
opgetekende en aan ons oorgelewerde reg nog heel primitief. Van stads-
lewe is daar geen spoor nie. Die bepalings is gerig op die beskerming
van die besit van vee. van perde, honde, ganse, bye, van stalle en skure,
van die landbou en die tuinbou en van bosse, van jag en visvangs, van
grenspale. Slawe en perde word gelykgestel. Dieselfde ruimte is woning
en stal. 'n Frank sou hom oor die verhaal van die geboorte van Jesus
in n stal nie verbaas het nie. Daar is bepalings betreffende die roof
van lyke en die towerkuns, simptome van heidendom. V an Christelike
invloed is daar nog geen sprake nie. Indiwiduele eiendomsreg van
grond en wat daarop gebou is, is onbekend. Die reg van die gebruik
van grond kom toe aan die familiegroep, die vader en sy seuns en
kleinseuns en ander verwante miskien, en wie verder tot die groep toe
gelaat is. Die enkeling het slegs reg op die grond en wat daarop is,
kragtens die feit dat hy deel vorm van n familiegroep wat regte daar-
oor kan laat geld.
15
Titel X LV behande! nou die geval dat iemand wat nie op die
grond en in die huis, of huise wat daarop gebou is, woon nie, nogtans
wens om daar sy intrek te neem en hom daar te vestig. Hy sou dit uit
die aard van die saak nooit kan doen nie indien aHe lede van die groep
huHe daarteen sou verset. Dit is nie nodig om vir daardie gevat n
regsreël op te stel nie. Dit is casus non dabilis. Maar geste! nou dat
die familiegroep verdeel is, gestel dat daar lede is wat hom wil toelaat
om by hulle te kom bly, op grond van sy werkkrag byvoorbeeld, en dat
daar ander lede is wat huHe daarteen verset, omdat aan die inkomeling
dan n eweredige aandeel in die familiegoed afgestan moet word en
dit, volgens hulle, nie opweeg teen die moontlike resultate van sy
werkkrag nie, dan is dit denkbaar dat die persoon wat van buite kom
en hom daar wens te vestig, gebruik maak van die tegemoetkomende
gesindheid van die gewillige familielede en tog intrek, tenspyte van die
beswaar aan die kant van die anderes. Die vraag is dan of die lede
wat beswaar maak iets kan doen.
Die antwoord van die lex Salica is bevestigend. Allereers word in
titel X LV bepaal dat indien daar ook maar een lid is wat beswaar
maak, die persoon wat van buite kom geen vergunning het om hom daar
te vestig nie. Maar gesteld nou dat hy hom tog sonder so n vergunning
sou vestig? Dan is dit in stfyd met die reg. W a t kan die beswaar-
makende party dan egter doen om die reg te handhaaf?
Die wet gee 'n uitvoerige reeling wat bewys lewer van die om-
sigtigheid waarmee primitiewe reg regsinbreuke vasstel en bestry.
Volgens die bepalings van die wet moet die beswaarmakende party
protesteer teen die indringer se vestiging. Dit moet op formele wyse
geskied. In teenwoordigheid van getuies moet 'n bepaalde formule
teen die indringer uitgespreek word, waarby hy gemaan word om
binne die verloop van tien nagte (die lex Salica tel die tyd in nagte,
nie in dae nie) die grond te verlaat.
Die wet is daarop voorberei dat die indringer hom van die protes-
iormule niks aantrek nie, want dit maak voorsiening vir 'n herhaling
van dieselfde proses na tien nagte verstryk het en nog weer 'n herhaling
van dieselfde proses na nog weer tien nagte verstryk het. Dus drie
proteste na mekaar. En gebruik ons nie vandag ook nog die uitdrukking
driemaal is skeepsreg, d.i. dieselfde ding driemaal doen is die voorskrif
van die reg van die skepene, die scabini, die vonnisvinders van die
Germaanse volksreg? Dus driemaal dieselfde protes om 'n regsgevolg
te bewerkstellig.
Wanneer nou na verloop van die drie termyne die indringer nog
nie gehoor gegee het nie en op die grond bly sit, kan die beswaarmaker
hom dagvaar om in die volkshof te verskyn, waar die eiser dan deur
middel van sy getuies sal moet bewys dat hy die voorgeskrewe
16
formaliteite ten opsigte van die indringer nagekom het. W at verder
in die hof geskied, word nie vermeid nie, maar ons kan maar veronder
stel dat die indringer formeel in die ongelyk gestel word. Vonnis word
teen hom gewys. Na regte mag hy nie langer op die grond vertoef nie.
Maar daarmee is hy nog nie daadwerklik van die grond verwyder nie.
Die wet vervolg dat indien die indringer daarna nie vrywillig
vertrek nie en daar ook geen beletsel vir hom is om te vertrek nie, die
beswaarmakende party dan die geregsdienaar kan versoek om die
indringer te verdryf, op voorwaarde dat hy, d.i. die beswaarmakende
party ,,furtuna sua ponat", d.i. met sy fortuin, sy vermoë, al sy aardse
goed, daarvoor instaan dat die geregsdienaar geregtig is om die
indringer uit te sit.
W at die beswaarmaker besiel om hierdie stap te doen is duidelik.
Hy wil verhoed dat iemand van buite die familiegroep, wat blykbaar
nie daartoe geregtig is omdat hy nie deel vorm van die groep nie, reg
op n aandeel in die erfdeel van die groep sou verkry en daarmee die
aandeel van die lede van die groep pro tanto sou verminder. Bewaring
van sy reg op aardse besit is sy doel, gepaard gaande met n verpanding
van daardie reg, om verbeur te word in geval dit mog blyk dat die
stappe tot bewaring ten onregte gedoen is, aangesien die indringer
tenslotte tog wel reghebbende is. Dit is soos 'n kansspel, waarby die
regsposisie van die indringer die onsekere element vorm en die beswaar
maker se aandeel in die familiegoed die inset. Die beswaarmaker
waag alles om alles te behou, met die moontlikheid dat hy alles sal
verloor, indien mog blyk dat hy hom in die reg van die indringer vergis
het. Deur negasie kan wins nie gemaak word nie, hoogstens hand-
hawing van die status quo, met as alternatief totale verlies.
Gesteld nou egter dat die indringer wel reg het om op die grond
te woon, bv. omdat hy lid is van die familiegroep, alhoewel hy nie
in staat is om dit te bewys nie en hy van die lede geen erkenning
as sodanig kan erlang nie, omdat hulle sy bewerings nie kan of wil
glo nie. Gesteld nou dat ons te doen het met n persoon wat as kind
deur die vyand geroof is en as man uit die hande van die vyand weet
te ontsnap en terugkeer na sy familiegroep, hulle grond en hulle huis.
Sy ouers en sy broers en susters, almal wat hom destyds intiem geken het
en met wie hy gemeenskaplike ervaring gehad het, is inmiddels oorlede
of ook deur die vyand weggevoer. Daar is slegs neefs wat hom nooit
gesien het nie en skaars van hom gehoor het, oor. Nogtans is hy lid
van die familiegroep en geregtig om op die grond en in die huis te
woon. M aar hy kan sy reg nie bewys nie en sy aansprake vind geen
geloof nie, altans nie by sommiges van hulle nie, die wat hulle nou
teen hom verset. En hulle staan daarop dat hy weer moet vertrek en
wens hom nie as een van hulle aan te neem nie. Hulle kan dit doen,
17
regtens, mits hulle die voorgeskrewe prosedure volg en hulle goed
in pand gee, met die moontlikheid van dit alles te verloor wanneer hulle
ontkenning ongegrond mog blyk te wees.
Die evangelis Johannes verhaal in Hoofstuk 1 vers 11 van Jesus
dat Hy na Sy ,eiendom' gekom het en dat Sy eie mense Horn nie
aangeneem het nie. Die woord .eiendom' is geen gelukkige vertaling
in Afrikaans van die woorde van die skrywer nie. ,Ta idia' is iets
anders, 'n wyere, vee! meer omvattende begrip. In Latyn kan dit met
.familia' vertaal word in die sin van gesin of familiegroep, sowel as
gesinsvermoë of familievermoë.') Die evangehs bedoel nie slegs goed
nie, 'n ding wat dood is, wat geen weerk!ank kan gee nie. In die
verband van die teks is dit absurd. Die evangehs bedoel 'n lewende
mensegemeenskap wat kan dink en voel en wil en veral ook glo, glo
in die afkoms en in die verwantskap. na die bloed of na die gees, van
'n persoon, van elke persoon wat hom as sodanig aandien. En verder
bedoel hy ook die goed wat aan daardie mensegemeenskap behoort,
aardse goed of geestelike goed. Hy bedoel myns insiens met name
die familiegroep wat gevorm word deur diè wat geroepe is as kinders
van die Vader van Jesus Christus en daarby ook die geestelike goedere
wat as kinders van die Vader hulle erfdeel is (vgl. Romeine 8, vs. 17).
Om ,ta idia' met eiendom te vertaal is buitendien ook nog verkeerd
omdat dit 'n anglisisme is. In Afrikaans moes dit goedere gewees het.
Dit is die korrekte ekwivalent van .property', soos ook blyk uit
die uitdrukking gemeenskap van goedere, wat ons in Engels met
community of property aandui. Maar goedere gee slegs die materiële
en daarmee die mins belangrike kant van die saak weer. W ant wat
beteken goed, ook geestelike goed. sonder die mens wat dit bewus as
syne besit en nie slegs besit nie. maar ook gebruik en dit bewerk om
daaruit profyt te haal en daarvan te lewe. Die klemtoon moes by die
vertaling buite twyfel op die menslike element geval het. Die goed
(,eiendom') is volkome sekundair.
Wanneer ons nou die bepalings van die lex Salica mag gebruik
om die bedoeling van die evangelis te verduidelik, en ek doen dit met
skroom, dan kan ons dit miskien so stel dat Jesus hom om erkenning
gerig het tot die kinders van Sy Vader, die groep waarvan hy kragtens
sy Seunskap van God deeel gevorm het, sy broers en sy susters (U
Vader en My Vader), en dat hulle hom nie as een van hulle wou
erken het nie en sy regte weerstaan het.
Billikheidshalwe moet daarop gewys word dat hulle in 'n moeilike
posisie was, want volgens Filippense 2, vs. 7 het hy die gestalte van 'n
dienskneg aangeneem en n dienskneg is immers nie kind van die
huisvader en het ook geen deel aan die familie-goedere nie.
*) Hiëronym us vertaa) )etter]ik met .propria' m.i. nie korrek nie.
18
Volgens die bepalings van die lex Salica sal hierdie weerstand
teen die bewering wat Jesus teenoor hulle gemaak het op grond van sy
Seunskap van God, van hulle kant gepaard moet gegaan het met
inpandgewing van hulle hele geestelike besit, hulle aandeel in die
erfenis van hulle Vader, om dit te verbeur indien dit blyk dat Jesus
se miskende bewering gegrond is.
Die verwerping van Jesus as Seun van God en medelid van die
groep van kinders van God sou dus beteken 'n verbeuring terselfder
tyd van alle eie regte op die geestelike goed, waartoe die kinders van
God geroepe is, regte ter bewaring waarvan hulle die indringer nie
wou toelaat of erken nie. Wanneer Jesus se Seunskap van God blyk,
sal hulle verloor wat hulle wou behou en om die behoud waarvan
hulle Hom nie wou aanneem nie.
D. PO NT
DIE W A RE KERK EN 'N VA LSE KER K
MEN S MAG JO U VAN DtE KERK NIE AFSKE! NtE.
In Hebreeërs 11 vers 1 vind ons die klassieke definisie van wat
geloof is. Dit word daar omskryf as n vaste vertroue op die dinge
wat ons hoop, as n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Vir die
Roomse teologie is hierdie definisie 'n struikelblok en 'n dwaasheid.
Rome wil nie deur geloof wandel nie maar deur aanskouing. Rome wil
sien. Die opgevare Heer en Heiland, die onsigbare Hoof van die Kerk
moet volgens Rome hier sigbaar aanwesig wees, sigbaar deur die
biskop van Rome wat Hom sigbaar verteenwoordig, sigbaar deur
die brood en wyn wat in die avondmaal ophou om brood en wyn te
wees en in die liggaam en bloed van Christus verander. Die geloof
het dan ook vrywel geen plek by Rome nie.
Die Reformatore het weer baie sterk op die geloof die nadruk
gelê en veral op die persoonlike geloof. Die waaragtige protestant
weet dan ook dat hy hier op aarde 'n vreemdeling en 'n bywoner is wat
in die geloof wandel en nie deur die aanskouing nie. Maar hierdie
persoonlike geloof is nie as 'n blote individualistiese verhouding tussen
God en mens voorgestel nie. Nee, die Reformatore en met name Calvyn,
het beklemtoon dat hierdie verhouding nie ingedink kan word tensy
op die onsigbare sowel as op die sigbare kant van die Kerk die nadruk
gelê word nie. Rome maak geen onderskeid tussen die sigbare en die
onsigbare Kerk nie maar ken alleen die sigbare Kerk met die pous, die
sigbare verteenwoordiger van Christus op aarde as die Hoof.
19
ResearchGate has not been able to resolve any citations for this publication.
ResearchGate has not been able to resolve any references for this publication.