ArticlePDF Available

Abstract

Die Boswet van 1984 gee aan die NBT die opdrag om die “bewaring van en navorsing in verband met Suider-Afrikaanse flora te bevorder”, maar ook onder andere om “die ekonomiese potensiaal van inheemse plante te ondersoek, benut en die benutting te bevorder”. Alhoewel daar reeds met die stigting van Kirstenbosch in 1913 ekonomies belangrike plante aangeplant is en in 1933 reeds 222 soorte in die tuin was, is diepoging later laat vaar as gevolg van ander probleme wat ’n hoer prioriteit geniet het. Saadverspreiding van inheemse plantsoorte en die verspreiding van snyblomme, ook na die buiteland, het egter steeds toegeneem. Vir die afgelope tien jaar is plante reeds jaarliks te Kirstenbosch deur ’n plantverkoping direk aan die publiek verskaf. By ander tuine van die NBT het plantverkopings op jaarlikse, maandelikse en daaglikse basis ook begin plaasvind. In die toekoms word beoog om plante met tuinboukundige, medisinale of ekonomiese potensiaal te evalueer, teselekteeren te ontwikkel en, indien moontlik, ook te kweek en te bemark. ’n Saadbank sal ontwikkel en bedryf word om die genetiese diversiteit in die vorm van saad te bewaar en om ook te versprei vir kweek in ander tuine en kwekerye. Op die afgelope jaarlikse plantverkoping te Kirstenbosch is 595 verskillende plantsoorte aan die publiek verkoop. Dit is aansienlik meer as die 28 verskillende plantsoorte wat in meer as die helfte van kwekerye in die Kaapstad-omgewing aangebied word. Plante en blomme moet gevolglik geredelik aan die besoekerspubliek aan botaniese tuine beskikbaar gestel word op ’n wyse wat kommersiele kwekers nie sal bedreig nie.
ISSN 0254-3486 = 5-/1. Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 6, no. 3 1987 123
A Igemene A rtikels
Plantbenutting: ’n Kernaktiwiteit van die Nasionale Botaniese
Tuine
J.N. Eloff
Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin, Privaatsak X7, Claremont 7735
UITTRKKSEL
Die Boswet van 1984 gee aan die NBT die opdrag om die “bewaring van en navorsing in verband met Suider-
Afrikaanse flora te bevorder”, maar ook onder andere om “die ekonomiese potensiaal van inheemse plante te
ondersoek, benut en die benutting te bevorder”. Alhoewel daar reeds met die stigting van Kirstenbosch in 1913
ekonomies belangrike plante aangeplant is en in 1933 reeds 222 soorte in die tuin was, is diepoging later laat vaar as
gevolg van ander problem e wat n hoer prioriteit geniet het. Saadverspreiding van inheemse plantsoorte en die
verspreiding van snyblomm e, ook na die buiteland, het egter steeds toegeneem. Vir die afgelope tien jaar is plante
reeds jaarliks te Kirstenbosch deur n plantverkoping direk aan die publiek verskaf. By ander tuine van die NBT het
plantverkopings op jaarlikse, maandelikse en daaglikse basis ook begin plaasvind. In die toekom s word beoog om
plante met tuinboukundige, medisinale o f ekonomiese potensiaal te evalueer, teselekteeren te ontwikkel en, indien
moontlik, ook te kweek en te bemark. n Saadbank sal ontw ikkel en bedryf word om die genetiese diversiteit in die
vorm van saad te bewaar en om o ok te versprei vir kweek in ander tuine en kwekerye. Op die afgelope jaarlikse
plantverkoping te Kirstenbosch is 595 verskillende plantsoorte aan die publiek verkoop. Dit is aansienlik meer as
die 28 verskillende plantsoorte wat in meer as die helfte van kwekerye in die Kaapstad-omgewing aangebied word.
Plante en blomme moet gevolglik geredelik aan die besoekerspubliek aan botaniese tuine beskikbaar gestel word op
’n wyse wat kommersiele kwekers nie sal bedreig nie.
AB STRACI
Plant utilization: A core activity of the National Botanic Gardens
The National Botanic Gardens were given a directive by the Forestry Act o f 1984 “to promote the conservation of,
and research in connection with southern African flora” and also, interalia, to investigate and utilize, and promote
the utilization of, the economic potential of indigenous plants”. Although plants were cultivated fo r economic pur
poses when Kirstenbosch was established in 1913 and there were already 222 economically important species in the
garden in 1933, the effort was later abandoned as a result o f other problem s which had higher priority. However,
the distribution o f seed o f indigenous species and cut flowers, both locally and overseas, has continued to increase.
Surplus plants have, fo r the past ten years been supplied directly to the public by means o f a plant sale at Kirsten
bosch . A t other gardens o f the NBG plant sales are also held on a yearly, monthly and daily basis. It is anticipated
that in fu ture plants with horticultural, medicinal and economic potential will be evaluated, selected, developed
and, when feasible, also grown and marketed. A seedbank will also be established and operated to conserve genetic
diversity in the form o f seed and also to distribute seed f or cultivation in other gardens and nurseries. A t the last an
nual plant sale at Kirstenbosch 595 different plant species were sold to the public, considerably more than the 28
different species which are offered in the majority o f the nurseries in the Cape Town area. It follows that plants and
flow ers m ust be made more readily available to the public visiting botanic gardens, but it should be done in such a
manner that commercial growers are not threatened.
1. INLEIDING
Die Nasionale Botaniese Tuine (NBT) het in 1913 tot
stand gekom met die stigting van Kirstenbosch.
Sedertdien is daar ook sewe ander tuine deur die res
van die land gestig. Volgens die Boswet van 1984 het
die NBT ’n Statutere Raad geword met baie sterk,
uitgebreide opdragte. Die oogmerk van die Raad is
“ om die bewaring van, en navorsing in verband met,
Suider-Afrikaanse flora te bevorder” .
In die Boswet is dit ook gestel dat een van die
oogmerke van die Raad is om “ die ekonomiese
potensiaal van inheemse plante te ondersoek, benut,
en die benutting daarvan te bevorder” . Die Raad van
die NBT het besluit dat die aktiwiteite van die NBT in
vier verskillende, funksionele gebiede tot uiting moet
kom, naamlik: tuinbou, navorsing, opvoeding/inlig-
ting en plantbenutting.'
Die Raad van die NBT het vervolgens bepaal dat die
langtermyndoelstelling van plantbenutting die
volgende behoort te wees:
a) om inheemse plante met ekonomiese, tuinboukun
dige of medisinale potensiaal te identifiseer en te
ontwikkel;
b) om ’n waardering vir inheemse plante aan te
moedig en druk op plante in die natuur te ver-
minder deur inheemse plantmateriaal beskikbaar
124 ISSN 0254-3486 = 5-/1. Tydskrif vir Naluurwelenskap en Tegnologie 6, no. 3 1987
te maak en die gebruik van inheemse plante te
bevorder.
Hierdie langtermyndoelstelling was die resultaat
van:
a) die groot behoefte aan navorsing en ontwikkeling
in die benutting van inheemse plante in Suid-
Afrika, soos ook in die redaksionele bydrae van
die vorige volume van die tydskrif aangedui word;
b) die uitgangspunt van die NBT dat al die bates van
die NBT tot voordeel van die mense van Suid-
Afrika aangewend moet word.
Hierdie is ’n nuwe aktiwiteit van die NBT en, om-
dat dit ’n uitgangspunt is om onnodige oorvleueling
uit te skakel, is breedvoerige samesprekings met ver-
wante organisasies, soos die Nasionale Instituut vir
Tuinbou en die Suid-Afrikaanse Kwekersvereniging,
gevoer. In hierdie bydrae word die planne met
betrekking tot die plantbenuttingsaktiwiteite van die
NBT aangedui.
2. PLANTBEN UTTING IN DIE VERLEDE
In die samesprekings wat gelei het tot die vestiging
van die NBT is dit gereeld beklemtoon dat dit baie
wenslik is dat daar navorsing gedoen moet word op
plante wat van direkte voordeel vir die mense van
Suid-Afrika kan wees. In die eerste verslag van die
Direkteur, in 1914, is dit byvoorbeeld gestel dat een
van die primere doelstellings van die tuin die
volgende was:
“ The economic study of the native vegetation and
the study of certain well known exotic economic
plants whose behaviour under South African con
ditions has not been investigated.”
Eksperimente is uitgevoer op ’n groot aantal in
heemse en buitelandse plante. Dit het plante soos
boegoe, spekboom, olywe, roosmaryn, belladonna,
laventel, pelargonium, peperment, pekanneute en
macadamianeu te ingesluit. In 1933 is daar
byvoorbeeld in die “ Journal of the Botanical
Society” ’n lys van 222 plante gepubliseer met
ekonomiese of medisinale waarde wat te Kirsten-
bosch gekweek is.^
In die 1934-jaarverslag van die Direkteur is die
volgende stellings gemaak;
“ Owing to lack of special funds for economic ex
periments the work was largely in abeyance” ; “ It is
greatly to be desired that the question of work on
economic plants should be placed on a satisfactory
basis and that some means should be found of exten
ding and using the results of recent years.”
Na 1934 het die werk, wat op ekonomiese plante
uitgevoer is, tot stilstand gekom. Dit mag moontlik
toegeskryf word aan die probleme wat die destydse
Direkteur, prof. Compton, gehad het met die stigting
van die “ Journal of S A Botany” in 1935, met die af-
trede van die eerste Kurator in 1936, en met die begin
van die tuin se herbarium, wat later in 1937 as die
Compton-herbarium hernoem is nadat ’n botsing
tussen verskillende persone in 1938 gelei het tot die
oorplasing van die Bolusherbarium en biblioteek van
Kirstenbosch na die Universiteit van Kaapstad.
Hibridisering is nog nooit as ’n prioriteit van die
NBT beskou nie. Daarenteen het die seleksie van
goeie vorms egter voortdurend plaasgevind en baie
van die uitstekende vorms van inheemse plante wat
tans in Kirstenbosch en die ander Nasionale
Botaniese Tuine groei, bewys hoe suksesvol dit
toegepas is.
Die verspreiding van saad het reeds ’n groot om-
vang in die verlede aangeneem. In 1986 is daar
byvoorbeeld meer as 66 000 pakkies saad uit ’n lys
van 673 taksons van plante wat in die tuin groei, aan
lede van die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika
verskaf. Saad van 230 verskillende planttaksons is
ook in die veld versamel en gratis versprei aan 582
botaniese tuine, universiteite en navorsingsinstitute
reg oor die wereld. Verder is saad van 638 ver
skillende inheemse spesies te koop aangebied aan die
saadhandel in 1987.
Suid-Afrika se besondere plantegroei is nie net ’n
belangrike toeristeaantreklikheid nie, maar Suid-
Afrikaanse blomme is ook belangrike ambassadeurs
vir Suid-Afrika in die buiteland. Namens die
Departement van Buitelandse Sake verskeep Kirsten
bosch meer as 5,5 ton blomme jaarliks na die
buiteland vir ’n verskeidenheid amptelike funksies en
ook vir internasionale blommeskoue. Die beroemde
Wilkinson Sword-toekenning vir die beste vertoning
by die Chelsea-blommeskou is tot met die beeindi-
ging van die toekenning vir vier agtereenvolgende
jare ontvang vir uitstalling van plantmateriaal wat
grotendeels deur Kirstenbosch Nasionale Botaniese
Tuin voorsien is. Daar is beswaarlik ’n amptelike
Suid-Afrikaanse funksie in die buiteland waartydens
blomme van Kirstenbosch nie ’n baie belangrike roi
vervul nie.
Die afgelope 11 jaar het die Botaniese Vereniging
van Suid-Afrika elke jaar ’n verkoping van ’n oor-
maat plante. Die inkomste tydens hierdie een- of
tweedagverkoping het gegroei tot meer as R73 000
per geleentheid. By die afgelope plantverkoping is
daar 595 verskillende soorte plante te koop
aangebied. Plantverkopings wat by die ander ses Na
sionale Botaniese Tuine oor die res van die land
plaasvind, genereer tans meer as R40 000 per jaar.
By Kirstenbosch is dus taamlik werk gedoen ten
opsigte van sekere aspekte van plantbenutting, maar
ander gebiede, soos die ondersoek na die chemiese
komponente van inheemse plante, of die moontlike
medisinale en ekonomiese gebruik van plante, is nog
skaars aangeraak en verg nog baie aandag.
3. PLANTBENUITING IN DIE TOEKOMS
3.1 Inleidin(>
Om die langtermyndoelstelling van plantbenutting
te realiseer kan die volgende komponente geiden-
tifiseer word:
1. bepaling van waiter plante tuinboukundige,
medisinale of ekonomiese potensiaal het;
2. ontwikkeling van plante met tuinboukundige,
medisinale of ekonomiese potensiaal;
3. voorsiening van saad aan die publiek;
4. voorsiening van plante of blomme aan die
publiek.
ISSN 0254-3486 = S./1. Tydskrif vir Naiuurweienskap en Tegnologie (t, no. 3 1987 125
3.2 Bepaling van watter plante tuinboukundige,
medisinale of ekonomiese potensiaal het
Suid-Afrika is geseen met n baie ryk flora - waar-
skynlik van die rykste in die hele w-ereld. Gevolglik
word Suid-Afrika baie gereeld besoek deur tuin-
boukundiges uit die buiteland om plante hier te ver-
samel wat later vir tuinboukundige toepassings
aangewend word. Tans is veral die Japannese en die
Israeli’s baie aktief betrokke in hierdie verband.
Om plante suksesvol te benut, kan die volgende
vrae gevra word:
a) Wat word benodig?
b) Wat is beskikbaar?
c) Kan ons dit kweek?
d) Hoe waardevol is die plant?
e) Hoe bemark ons die plant om maksimale voordele
te bereik?
3.2.1 Wat word benodig?
’n Goeie kennis van die mark, asook van die
toekomstige benodigdhede van die mark is essensieel.
Om hierdie inligting te bekom sal daar geskakel moet
word met kwekerye, uitvoerders en met ander per-
sone wat betrokke is by die plantbedryf. Dit is verba-
send tot watter mate buitelandse tuinboukundiges
belangstel in Suid-A frikaanse plante. Suid-
Afrikaanse plante het ’n groot inslag in die siertuine
in die res van die wereld. Die drie mees gesogte
huisplante in die wereld is byvoorbeeld almal in-
heems aan Suid-Afrika.^ In Engeland word malvas
(G eranium-spp.) in 32% en hen-met-kuik ens
(Chlorophytum-spp.) in 31% van alle huise wat
plante bevat, aangetref.'' Om hierdie inligting te
bekom, sal die NBT ’n advieskomitee moet stig
waarop deskundiges by al hierdie verskillende
aspekte ingesluit word.
3.2.2 Wat is beskikbaar?
Deur plante met die benodigde eienskappe uit die
veld te selekteer, kan ons gebruik maak van die
natuurlike variasie wat daar in die natuur voorkom.
Indien daar byvoorbeeld droogtebestande plante
benodig word, behoort die ariede gebiede van die
land ondersoek te word. Indien skadubestande plante
benodig word, behoort die woude en bosse onder
soek te word.
Indien die parameter wat benodig word, nie
maklik bepaalbaar is nie, byvoorbeeld die teenwoor-
digheid van sekere medisinale of ekonomies-
belangrike komponente, dan is die probleem aan-
sienlik groter. Gewoonlik word ’n oorsig gemaak van
plante wat naverwant is aan ’n belangrike plant, of as
alternatief kan etnobotaniese kennis opgevolg word
deur laboratorium en/o f farmakologiese onder-
soeke.
In die praktyk gebeur dit dikwels dat ’n plant met
waardevolle eienskappe in die veld raakgesien word.
In hierdie verband is die beroemde stelling van
Pasteur sekerlik van toepassing, naamlik dat geluk
slegs die verstand bevoordeel wat voorbereid is op
ontdekkings deur geduldige studie en volgehoue po-
gings.
’n Baie groot voordeei wat die NBT het, is dat sy
tuinboukundiges en ondersteuners dikwels in die veld
kom waar plante met besondere eienskappe raakge
sien kan word. Dit mag moontlik oorweeg word dat
daar ’n jaarlikse prys toegeken word vir die
belowendste plant wat onder die aandag van die NBT
gebring word.
3.2.3 Kan ons dit kweek?
Dit is vanselfsprekend dat, indien ons ’n plant met
potensiaal nie kan kweek nie, dit nie van veel onmid-
dellike waarde is nie. Ondervinding met die kweek
van verwante plante kan baie waardevol in hierdie
verband wees. Dit mag ook nodig wees om die pro-
bleme in ’n laboratorium op te los deur navorsing te
doen op ontkiemingsbehoeftes, of op die vegetatiewe
voortplanting van die betrokke plant. Die probleem
kan ook uitgekontrakteer word na universiteite of
ander navorsingsinstitute indien daar nie voldoende
personeel beskikbaar is om die probleem by die NBT
te ondersoek nie.
3.2.4 Evaiuering van die plant
Plante met potensiele waarde sal onder ver
skillende omgewingstoestande ondersoek moet word.
Die sewe verskillende nasionale botaniese tuine wat
in verskillende klimaatstreke in die land gelee is, kan
’n baie belangrike rol hierin speel. Telkens sal die
plante met die beste eienskappe geselekteer word.
Tydens al die fases van die evaiuering sal die plante
met die beste eienskappe natuurlik uitgesoek word.
Nadat die plant volledig geevalueer is, sal die
moontlikheid om planttelersregte uit te neem of om
die plant te patenteer ondersoek moet word. Plante
kan ook aan sekere kwekerye beskikbaar gemaak
word vir voortplanting onder sekere voorwaardes. As
alternatief kan groot getalle plante in kwekerye van
die NBT voortgeplant word en gelyktydig vrygestel
word.
3.2.5 Hoe bemark ons die plante om ons voordele te
maksimeer?
Indien n plant nie lewensvatbare saad vorm nie, of
indien die saad nie tipe-getrou voortplant nie, en in
dien tegnieke om die plant met weefselkuituurteg-
nieke voort te plant ontwikkel kan word, is dit waar-
skynlik die beste indien die plant geregistreer word en
dan beskikbaar gestel word aan kwekerye in Suid-
Afrika en in die buiteland. Alle kwekerye wat die
plant verkoop, sal dan tantieme moet betaal aan die
NBT. As alternatief, kan groot hoeveelhede plante
met of sonder die samewerking van kwekerye
gekweek word en dan gelyktydig vrygestel word op ’n
gepaste tyd en met die geskikte bemarkingsaksies.
3.3 Ontwikkeling van plante met tuinboukundige,
medisinale of ekonomiese waarde
3.3.1 Inleiding
Die meeste van die aspekte wat hierbo onder
paragrawe 3.2.1-3.2.5 bespreek is, is ook toepasbaar
in hierdie geval. Indien ’n baie belowende plant ge-
vind word en daar nog steeds probleme met die plant
126 ISSN 0254-3486 = 5./!. Tydskrifvir Natuurwetenskap en Tegnologie 6, no. 3 1987
ondervind word, kan plantteling of hibridisering ook
oorweeg word. Indien daar ’n baie belangrike
bemarkingsgeleentheid geidentifiseer kan word, kan
’n plant geteel of geselekteer word om daardie
bemarkingsgeleentheid te bevredig. Dit is langter-
mynprojekte en is ook betreklik duur.
Aangesien die resultate dikwels te onseker is vir ’n
kommersiele kwekery om dit op behoorlike basis aan
te pak, word daar betreklik min aandag hieraan
gewy. Mnr. Doug Watson, ’n voormalige Direkteur
van die Suid-Afrikaanse Kwekersvereniging, het ’n
voordrag voor die Suid-Afrikaanse Genootskap van
Plantkundiges te Potchefstroom in 1985 gelewer. Hy
het beklemtoon hoe belangrik dit is vir die tuin-
boukundige Industrie dat ’n organisasie wat onder-
steun word deur die staat, betrokke moet raak by
hierdie tipe navorsing. Aihoewel baie private in-
diwidue betrokke raak by soortgelyke telingspro-
jekte, is die sukses daarvan dikwels wisselvallig of
betreklik beperk.
fINO t
^ Q MOU AGTtRWEii
^ Vt««O OP
MAAX I lS K UtA A R FIGUU R I: Algoritme vir plantbenutting in N BT.
3.3.2 Wat het die N BT nodig?
Die NBT beskik alreeds oor ’n groot aantal van die
benodigdhede om by plantteling betrokke te raak.
Die bates van die NBT sluit onder andere in: ’n
toegewyde tuinboukundige personeel met ’n uiters
waardevolle tuinboukundige kennis en ondervinding
van die kweek van inheemse plante; tuine met ver-
skillende klimate en grondtipes; ’n groep onder-
steuners, wat insluit sowel amateurs (bv. 15 000
Botaniese Vereniginglede) as professionele mense
(S.A. Genootskap vir Plantkundiges, personeel van
universiteite en navorsingsinstitute); kwekeryperso-
neel; en tuinboukundiges en personeel van botaniese
tuine, sowel hier as in die buiteland.
Indien die benodigde personeel en fasiliteite gevind
kan word, kan die NBT ’n baie groot bydrae maak
tot voordeel van Suid-Afrika. Gekwalifiseerde per
soneel, voldoende laboratoriumfasiliteite en ’n ad-
vieskomitee wat deskundiges van ander organisasies
ook insluit, is nodig. Dit is ook baie belangrik dat ’n
beleid geformuieer moet word deur die Raad van die
NBT wat die teling van plante betref en dat prioriteite
bepaal sal word vir sover as wat personeel en fondse
betref. Indien die regte persone aangestel word en
ons fasiliteite korrek benut word, sal hierdie funksie
mettertyd kan oirtwikkel in ’n belangrike bron van
fondse vir die ander funksionele areas van die NBT.
3.4 Hoe sal dit werk?
Dit is ’n taamlike komplekse situasie wat aangetref
sal word in plantseleksie en teelprogramme. Die
algoritme, aangedui in flguur 1, kan aandui watter
aspekte almal ’n rol speel en hoe die verskillende
komponente van hierdie proses by mekaar inskakel.
3.5 Wat van medisinale en ander ekonumiese
aspekte?
Seleksie of hibrisering van plante om hierdie
ISSN 0254-3486 = S.>1. Tydskrif vir Naluurwetenskap en Tegnologie 6, no. 3 1987 127
oogmerke te bereik sal in wese op dieselfde wyse
plaasvind as wat voorgestel is in figuur 1 hierbo vir
tuinboukundige komponente. Die tegniek wat
gebruik moet word om die gewensde parameter te
bepaal, is dikwels hier die grootste struikelblok.
Samewerking met navorsingsinstitute, soos die
Mediese Navorsingsinstituut, die Voedingsnavor-
singsinstituut, of universiteitsdepartemente soos die
Farmaseutiese Chemiedepartement by die Univer-
siteit van Potchefstroom, sal noodwendig ’n rol moet
speel om hierdie langtermyndoelstellings te help
realiseer.
3.6 Voorsiening van saad aan die publiek
3.6.1 Inleiding
Die meeste groot botaniese tuine verskaf n Index
Seminum, of ’n saadlys waaruit ander institute of
botaniese tuine saad normaalweg gratis kan bestel. In
enkele gevalle, soos byvoorbeeld Kew Botaniese Tuin
in Londen, is hierdie gebruik afgeskaf omdat die pro-
bleme wat daarmee gepaard gaan, waarskynlik die
voordele daaraan verbonde ophef. Kew sal tans
beskikbare saad verskaf slegs op goed gemotiveerde
aanvraag. Die mate waarby NBT betrokke is by
verspreiding van saad, is in paragraaf 2 aangedui.
3.6.2 Probleme o ndervind met saadverwante
aktiwiteite
Tot in hierdie stadium was daar baie min of geen
wetenskaplike ondersteuning beskikbaar om die
saadverwante aktiwiteite van die NBT te bestuur nie.
Vanwee ’n tekort aan personeel en fasiliteite is die
kiemkragtigheid van saad prakties nooit getoets
voordat dit uitgestuur is nie. Min mense besef
hoeveel werk dit is om saad van ’n verskeidenheid
plante te versamel, skoon te maak, te berg en dan uit
te stuur na tienduisende adresse. Dit is beslis ’n ver-
morsing van tyd, geld en energie om saad te ver
samel, te berg en te versprei indien die saad nie
kiemkragtig is nie.
Die vraag kan ook gevra word of dit nodig is om
elke jaar saadmateriaal van ongeveer 600 taksons te
versamel. Indien die bergingseienskappe bekend is,
sal dit waarskynlik beter wees om een keer in drie tot
vier jaar te versamel en dan uit die saad wat geberg is,
te voorsien. Dit is waarskynlik beter om eerder saad
te versamel na ’n jaar wat tot goeie saadvorming gelei
het, omdat ’n groter persentasie van die saad dan
lewensvatbaar behoort te wees. Dit sal waarskynlik
beter wees om eerder op ’n kleiner verskeidenheid
goeiegehaltesaad te konsentreer as om uitgebreide
lyste van saad te he waarvan baie nie ontkiem nie.
3.6.3 Waarom moet ons saad voorsien?
Benewens die belangrike rol om die bevordering
van die gebruik van inheemse plante in tuine aan te
moedig, speel saad ook ’n baie belangrike rol in die
bewaring van bedreigde en skaars plantspesies. Daar
is drie alternatiewe vir die bewaring van die genetiese
diversiteit van flora en veral van skaars en bedreigde
plantsoorte:
1. Bewaar die habitat.
2. Kweek in botaniese tuine.
3. Bewaar die kiemplasma oor verlengde periodes in
die vorm van saad.
Die mees praktiese metode om plante te hervestig
in ’n omgewing vanwaar hulle verdwyn het, is waar
skynlik deur die gebruik van kiemkragtige saad.
Gevolglik is dit baie belangrik dat die faktore wat die
ontkieming en die lewensduur van saad onder ber-
gingstoestande be'invloed, goed bestudeer moet
word.
Lewende saad kan ook versprei word na ver-
skillende navorsingsinstitute of botaniese tuine om
navorsing aan te moedig en om die vestiging van
skaars en bedreigde plante in verskillende botaniese
tuine as versekering teen uitsterwing te bevorder. Om
hierdie baie belangrike funksie te vervul sal ’n saad-
bank daargestel moet word, ’n Saadbank behels egter
baie meer as net die laetemperatuurbewaring van
droe saad.
3.6.4 Walter stappe is betrokke in die daarstelling
van n saadbank?
1. Versameling van saad:
Teenswoordig versamel tuinboukundiges en
wetenskaplikes van Kirstenbosch en al die ander
Nasionale Botaniese Tuine saad in die veld, wat
versprei word aan wetenskaplikes en aan alle
botaniese tuine. Die Index Seminum bestaan tans
uit ’n lys van saad van 230 verskillende plant
soorte. Saad wat uit 673 plantsoorte, wat in tuine
groei, versamel is, word ook versprei aan lede van
die Botaniese Vereniging. ’n Probleem is die lang
tydsverloop tussen versameling en berging wat
waarskynlik tot ’n aansienlike verlaging van
kiemkragtigheid van die saad lei.
2. Dataversameling:
’n M ikrorekenaar sal waarskynlik gebruik moet
word om al die gegewens met betrekking tot
saadversameling, -berging en -verspreiding te
hanteer. Dit is ook belangrik dat daar herbarium -
monsters van die plante, waarvan saad versamel
is, geberg moet word om as verwysing te dien vir
die identifisering van die saad wat versamel is.
3. Skoonmaak en droog:
Die uiters tydrowende proses om saad skoon te
maak sal aangevul moet word met meganiese ap-
paraat wat spesiaal daarvoor ontwerp is. Pro-
sedures sal ook ontwerp moet word om nie-
lewensvatbare saad van lewensvatbare saad te
skei. In hierdie verband kan die X-straalonder-
soek van verteenwoordigende monsters ’n taamlik
belangrike rol speel. Saad sal daarna gedroog
moet word tot ten minste ’n 5%-voginhoud in ’n
droogkamer voordat dit by lae tem peratuur
geberg kan word.
4. Opberging:
Saad sal in lugdigverseelde houers in koue
kamers by - 20°C geberg word. Oor die algemeen
is die konsensus onder navorsers dat die voordele
128 ISSN 0254-3486 = S./4. Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 6, no. 3 1987
wat moontlik mag spruit deur laer temperature,
soos - 90°C te gebruik, nie die probleme daaraan
verbonde regverdig nie.^
5. Bepaling van kiemkragtigheid:
Een van die wesenlike probleme hier is dat dit
dikwels baie moeilik is om te onderskei tussen
saad wat in rustoestand is en saad wat nie meer
lewensvatbaar is nie. Gevolglik is dit noodsaaklik
dat daar uitgebreide studies uitgevoer moet word
op die faktore wat die rustoestand van saad
beinvloed. Gelukkig wil dit voorkom asof die pro-
sedures benodig om die rustoestand te breek
dikwels dieselfde is vir plante wat na aan mekaar
verwant is. Indien daar dus ’n aanvaarbare ontkie-
mingsprotokol vasgestel is, kan die invloed van
bergingsprosedures op saad van naverwante
plante daarop bepaal word. Elke vyf tot tien jaar
behoort saad wat geberg is in elk geval oor-
getoets te word om te bepaal of daar enige verlies
in kiemkragtigheid is. Die moontlikheid dat
verlies in kiemkragtigheid tot genetiese verande-
rings mag lei, moet ook deeglik in berekening ge-
bring word.^
6. Bevestiging van identiteit:
Saad wat geberg word, behoort ook gekweek te
word sodat die identiteit van die saad bevestig kan
word uit die plant wat daaruit groei. Die daarstel-
ling van ’n verwysingsversameling van saad of van
foto’s van saad en ’n gerekenariseerde databank
mag ook tot die tentatiewe identifikasie van saad
lei.
7. Regenerasie van saad:
In die geval van plante wat baie ernstig bedreig
word, behoort saad in verskillende botaniese tuine
gekweek te word om voorrade op te bou, en om
die moontlikheid van genetiese verarming te
verlaag.
8. Probleemoplossing:
Probleme wat ondervind word in ontkieming en
opberging van saad, kan ondersoek word as pro-
jekte deur nagraadse studente wat by verskillende
universiteite of by Kirstenbosch navorsing doen.
3.6.5 Strategic wat gevolg sal word
1. Die huidige fasiliteite van die NET sal aanvanklik
gebruik word, alhoewel dit vir drie maande van
die jaar baie intensief gebruik word om saad, wat
in die tuin versamel is, aan lede van die Botaniese
Vereniging te verskaf. Die fasiliteite wat tans
beskikbaar is, voldoen ook nie aan die vereistes vir
’n saadbank nie. Die navorsingslaboratorium vir
bedreigde plante wat opgerig is met behulp van
fondse beding deur die S.A. Natuurstigting (Leta
en Rowland Hill erflating) sal egter ook ’n
saadlaboratorium en ’n saadbank insluit. Onder-
vinding in die buiteland met die inrigting van
sodanige saadbanke word tans gebruik in die
beplanning van die fasiliteit.
2. Gegewens sal uit soveel as moontlik bronne ver
samel word sodat suksesvolle tegnieke toegepas
kan word vir die ontkieming van verskillende
plantsoorte.
3. Probleme met die ontkieming van saad sal opn
logiese, sistematiese wyse aangepak word deur die
gebruik van goedgevestigde prosedures. Indien die
probleem nie opgelos kan word nie, sal dit as
navorsingsprojekte gehanteer word deur M.Sc.-
of Ph.D . -studente.
4. Die klem sal val op skaars en bedreigde plante of
op taksons naverwant aan skaars en bedreigde
plante.
3.7 Voorsiening van plante en blomme aan die
publiek
3.7.1 Inleiding
Die belangstelling van die publiek in die gebruik
van inheemse plante het die afgelope aantal jare baie
sterk toegeneem. Dit kan toegeskryf word aan n hele
aantal faktore soos byvoorbeeld die televisiepro-
gramme van prof. Kristo Pienaar, die Flora
’83-blomskou en aktiwiteite van die NET en die
Botaniese Vereniging van Suid-Afrika.
Soos reeds gestel, het die jaarlikse verkoping van
inheemse plante te Kirstenbosch die afgelope 10 jaar
gegroei tot ’n omset van meer as R73 000 per jaar,
terwyl die verkope by al die ander Nasionale
Botaniese Tuine wat ook op daaglikse basis geskied,
al meer as R40 000 bedra.
Uit algemene kommentaar wat van baie kante na
die NBT toe kom, is dit duidelik dat daar ’n behoefte
aan ’n groter verskeidenheid inheemse plante by die
publiek is. Ongelukkig voorsien plaaslike kwekers nie
in hierdie behoefte nie. ’n Onlangse ondersoek het
byvoorbeeld aangedui dat daar slegs 28 inheemse
plantspesies was wat by meer as 50% van al die
kwekerye in die Kaapstad-omgewing aangebied is.
Hierdie getal van 28 vergelyk baie sleg met die 595
verskillende plantsoorte wat aangebied is op die 1987
jaarlikse Botaniese Vereniging-plantverkoping. Daar
is ook klagtes van die publiek ontvang dat inheemse
plante soms foutief benoem is by kwekers of in
enkele gevalle, dat die plante ook nie in ’n gesonde
toestand verkeer het nie. Alhoewel die meeste
kwekers goeie gehalte inheemse plante aanbied, is
daar tog enkele gevalle waar hierdie kritiek geldig is.
In die buiteland is daar botaniese tuine, soos
byvoorbeeld die een in Wisley in Engeland, wat ’n
plantverkopingsgebied het waaruit ’n betreklik groot
gedeelte van die totale tuinkoste verhaal word.
Gevolglik het ons besluit om die moontlikheid te
ondersoek om plante op ’n dag-tot-dag-basis aan lede
van die publiek te verkoop.
3.7.2 Aan wie behoort ons plante te verkoop?
In die langtermyndoelstelling van plantbenutting is
dit gestel dat die plante aan die publiek beskikbaar
gestel moet word ten einde ’n waardering vir die in
heemse plante te bevorder. Indien die kwekerye ver-
vreem sou word van die NBT, sou dit die bereiking
van die missie van die NBT, nl. om kennis van en
ISSN 0254-3486 = S./I. Tyd skrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 6, no. 3 1987 129
waardering vir Suider-Afrikaanse plante te bevorder,
belemmer. Aangesien die kwekerye ’n baie wyer kon-
tak met die algemene publiek het as die verskillende
botaniese tuine, moet hulle juis aangemoedig word
om ’n baie groot verskeidenheid inheemse plante te
verkoop. ’n Doelwit sou dus eerder wees om
kwekerye aan te moedig om ook inheemse plante te
verskaf. Dit kan gedoen word deur plante aan
kwekerye te verskaf teen aanvaarbare pryse, of selfs
beter: om tegnieke wat ontwikkel is vir die kweek van
inheemse plante, beskikbaar te maak vir kwekerye
om sodoende die gebruik van sekere inheemse plante
te bevorder. Die bemarking of promosie van die
plante sal dus in ’n groot mate vanaf die NBT kom
en, alhoewel sommige plante direk beskikbaar gestel
sal word, moet gesorg word dat dieselfde plante by ’n
verskeidenheid plekke vir die publiek beskikbaar is.
Besoekers aan botaniese tuine is dikwels baie
geinteresseerd daarin om ’n plant te koop wat hulle in
die tuin sien groei, maar hulle ontsien die moeite om
’n groot soektog op tou te sit by verskillende
kwekerye. Gevolglik is dit baie belangrik dat daar wel
plante, veral van die minder bekende plante by die
botaniese tuin, direk aan die publiek beskikbaar
gestel moet word.
Die m oontlikheid om plante te verkoop of te skenk
aan organisasies soos munisipaliteite, ander plaaslike
owerhede, skole en universiteite en organisasies soos
die Nasionale Vervoerkommissie, behoort ook baie
aandag te ontvang.
a) Kirstenbosch en die ander Nasionale Botaniese
Tuine behoort te konsentreer op plante wat nie
algemeen beskikbaar is by kwekerye nie.
b) Plante behoort verkoop te word teen soortgelyke
pryse as wat by kwekerye gevra word. Plante sou
waarskynlik slegs aan besoekers aan NBT verkoop
word, sodat so ’n persoon in elk geval addisionele
toegangsgeld moet betaal voordat hy die plante
kan koop.
c) Plante sou teen ’n sekere afslag ook aan kwekerye
verkoop kon word en plante wat by ander
kwekerye aangekoop is, sou ook by die NBT
verkoop kon word.
d) ’n Lys van kwekerye wat inheemse plante verskaf
en wat goedgekeur is deur die NBT, kan by die
verkopingsgebied aangebring word. Persone sal
dan na hierdie kwekerye verwys word indien hulle
inheemse plante, wat algemeen beskikbaar is en
wat die NBT nie aanhou nie, wil koop.
e) ’n Advieskomitee wat ’n aantal lede van die Suid-
Afrikaanse Kwekersvereniging insluit, moet
gevorm word om enige potensiele wrywing te
voorkom en om probleme op te los.
f) Die fondse benodig vir die vestiging van die plant-
verkopingsfasiliteite moet alles van skenkings, of
van die 21% eie inkomste van die NBT afkomstig
wees.
Hierdie voorstelle is na uitvoerige samesprekings
eenparig deur die Uitvoerende Komitee van die Suid-
Afrikaanse Kwekersvereniging aanvaar.
3.7.3 Probleme wat ondervind kan word met die
verkope van plante
Sekere kwekerye mag voel dat die NBT op hulle
terrein begin oortree. Mense mag ook voel dat die
NBT, as ’n statutere raad, wat staatsondersteuning
ontvang, nie betrokke behoort te wees by ’n aksie
waarby die privaatsektor ook betrokke is nie. Som
mige mense mag dit sien as onregverdige kompetisie.
3.7.4 M oontlike oplossings vir die probleme
Indien die kwekerye aanvaar dat die basiese
uitgangspunt van die NBT is om die mark vir in
heemse flora te verhoog en nie om enige besigheid
weg te neem van die kommersiele kwekery nie, sal die
vrees waarskynlik minder wees. Samesprekings met
enkele lede van die uitvoerende komitee van die S. A.
Kwekersvereniging het aangedui dat hulle ons baie
sterk ondersteun in ons doelwitte.
Die saak is ook op ’n openbare vergadering
bespreek waar ’n aantal mense van ’n groot ver
skeidenheid organisasies teenwoordig was en hulle is
gevra om te reageer op die volgende stelling: “ Die
beplanning met betrekking tot die plantbenutting in
die NBT is op die regte spoor.” 86% van die mense
het ten voile met die stelling saamgestem, of net
saamgestem; 9% was neutraal; en 5% het nie
saamgestem nie. Daar was geen persoon wat
hoegenaamd nie met die stelling saamgestem het nie.
Die volgende kan ook oorweeg word om sommige
van die vrese van die kommersiele kwekerye te
besweer:
4. SAM EVATTING
Indien die plantbenuttingsaktiwiteite van die NBT
ingefaseer word, sal dit tot die volgende voordele lei:
1. Die handel in inheemse plante in Suid-Afrika sal
uitgebrei word en dit sal lei tot die benutting van
ons plante - nie net binnelands nie - maar ook in
die buiteland.
2. Die uitvoer van inheemse plantmateriaal deur
kommersiele kwekerye kan aansienlik toeneem.
3. Die waardering vir kennis van inheemse plante
deur Suid-Afrikaners sal toeneem.
4. Deur saad, plante en blomme te voorsien, kan ’n
ekonomiese inset gemaak word wat daartoe kan
lei dat die begroting van die NBT as ’n nie-
winsorganisasie kan balanseer.
On tvang 22 Sept. 1986; aanvaar 2 Febr. 1987.
I.H KR ATI I R
1. Eloff, J .N. (1985). Botanic Gardens: Victorian Relic or 21sl
Ce ntury Challenge? Inlreerede, Universiieit van Kaapstad,
Nuwe reeks nr. 102, U.K .
2. C ompto n, R .H. (1933). Work on Eco nomic Plants at Kirsten
bosch , Jl Botanical Soc. S. Afr., 19, 18-22.
3. Van Jaa rsveld, E .J. (1981). Die inslag van Suid-A frikaanse
plante in wereld siertuinb ou. Parks and Grounds, 19, 17-22.
4. Hessayon, D.G. (1980). The hous e plant expert (Hazell W atson
an d Viney Ltd., Aylesbury, Bucks, England).
5. Croma iry, A.S., Ellis. R .H. & Ro berts, E .H. (1985). The
design o f see d stora ge facilities f or G enetic Conse rvation
(Interna tional Board for Plant Gen eric Resources, Rome).
6. Ellis, R .H ., Hong, T.D. & Roberts, E.H. (1985). Handbook o f
seed technology fo r Seed Banks. Vol. 1: P rinciples and
.M ethodology (Internationa l B oard for Plant Ge netic
Resources, Rome).
ResearchGate has not been able to resolve any citations for this publication.
Die inslag van Suid-Afrikaanse plante in wereld siertuinbou
  • E J Van Jaarsveld
Van Jaarsveld, E.J. (1981). Die inslag van Suid-Afrikaanse plante in wereld siertuinbou. Parks and Grounds, 19, 17-22.
H andbook o f seed technology f o r Seed Banks
  • R H Ellis
  • T D Ong
  • E H Roberts
Ellis, R.H., H ong, T.D. & Roberts, E.H. (1985). H andbook o f seed technology f o r Seed Banks. Vol. 1: Principles and .M ethodology (In tern a tio n a l B oard for P lan t G enetic Resources, Rome).
Botanic Gardens: Victorian Relic or 21sl Century Challenge? Inlreerede
  • J N Eloff
Eloff, J.N. (1985). Botanic Gardens: Victorian Relic or 21sl Century Challenge? Inlreerede, Universiieit van Kaapstad, Nuwe reeks nr. 102, U.K.
The house plant expert
  • D G Hessayon
  • W Hazell
  • Atson
  • L Viney
Hessayon, D.G. (1980). The house plant expert (Hazell W atson and Viney L td., Aylesbury, Bucks, England).
W ork on Economic Plants at Kirsten bosch
  • C Om Pton
C om pton, R.H. (1933). W ork on Economic Plants at Kirsten bosch, J l Botanical Soc. S. A fr., 19, 18-22.
die plantbenuttingsaktiwiteite van die NBT ingefaseer word, sal dit tot die volgende voordele lei: 1. Die handel in inheemse plante in Suid-Afrika sal uitgebrei word en dit sal lei tot die benutting van ons plante -nie net binnelands nie -m aar ook in die buiteland
  • Sam Evatting Indien
SAM EVATTING Indien die plantbenuttingsaktiwiteite van die NBT ingefaseer word, sal dit tot die volgende voordele lei: 1. Die handel in inheemse plante in Suid-Afrika sal uitgebrei word en dit sal lei tot die benutting van ons plante -nie net binnelands nie -m aar ook in die buiteland.
The house plant expert (Hazell W atson and Viney L td
  • D G Hessayon
Hessayon, D.G. (1980). The house plant expert (Hazell W atson and Viney L td., Aylesbury, Bucks, England).
The design o f seed storage facilities f o r Genetic Conservation (International Board for Plant Generic Resources
  • C Rom Airy
  • A S R H Ellis
  • E H Roberts
C rom airy, A.S., Ellis. R.H. & Roberts, E.H. (1985). The design o f seed storage facilities f o r Genetic Conservation (International Board for Plant Generic Resources, Rome).