Content uploaded by Adri Breed
Author content
All content in this area was uploaded by Adri Breed on Dec 06, 2016
Content may be subject to copyright.
Content uploaded by Gerhard Beukes Van Huyssteen
Author content
All content in this area was uploaded by Gerhard Beukes Van Huyssteen on Jul 22, 2016
Content may be subject to copyright.
708
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 54 No. 4: Desember 2014
Aan die en besig in Afrikaanse progressiwiteits-
konstruksies: die ontstaan en ontwikkeling (1)
Aan die and besig in Afrikaans progressive constructions: the origin and development (1)
Adri Breed
Vakgroep: Afrikaans en Nederlands, Skool vir Tale,
Noordwes-Universiteit, Potchefstroom
adri.breed@nwu.ac.za
GerhArd vAn huyssteen
Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT),
Noordwes-Universiteit, Potchefstroom
gerhard.vanhuyssteen@nwu.ac.za
Adri Breed is ’n senior dosent in Afrikaanse
taalkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU)
se Potchefstroomkampus. In 2007 voltooi sy haar
Meestersgraad in Afrikaanse letterkunde (Skryf-
kuns) aan die NWU en in 2012 haar PhD in
Afrikaanse taalkunde. Sy spandeer ongeveer tien
maande van haar studietydperk in België, as lid
van die Universiteit Antwerpen se Centrum voor
Grammatica, Cognitie en Typologie (CGCT).
Ger hAr d vAn hu yss tee n is professor in
Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die
Noordwes-Universiteit. Hy dien sedert 2005 op die
Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie
vir Wetenskap en Kuns, en is tans voorsitter van
dié liggaam. Vanaf 2009 dien hy ook op die paneel
van mensetaaltegnologiekundiges van die Departe-
ment Kuns en Kultuur. Hy is onder andere
ontvanger van die Elizabeth Eybers-beurs, asook
van die CL Engelbrecht-prys vir taalkunde-
navorsing vir sy aandeel in die publikasie van die
Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. Hy het al ver-
skeie grootskaalse, internasionale multimiljoen-
randprojekte gelei, waaronder projekte vir Micro-
soft, MTN en die Suid-Afrikaanse regering. Van
Huyssteen is veral bekend vir sy bydrae as taal-
kundige in die ontwikkeling van tekstegnologie-
toepassings en verskeie elektroniese hulpbronne
vir Afrikaans, asook vir sy taalvasvraprogram op
Radio Sonder Grense.
Adri Breed is a senior lecturer in Afrikaans
linguistics at the North-West University. She
completed her Master’s degree in Afrikaans
Literature (Creative Writing) in 2007 and her PhD
in Afrikaans linguistics in 2012, both at the NWU.
She spent almost ten months of her study term in
Belgium, as a member of the University of
Antwerp’s Center for Grammar, Cognition and
Typology (CGCT).
GerhArd vAn huyssteen is a professor in
Afrikaans linguistics and language technology at the
North-West University. He has been serving in the
Language Commission of the South African
Academy for Science and Arts since 2005, and is
currently chairperson of this language standardi-
sation body. In 2009, he was appointed as member
of the HLT Expert Panel of the South African
Government’s Department of Arts and Culture. Van
Huyssteen is the holder of the prestigious Elizabeth
Eybers bursary, as well as the CL Engelbrecht Prize
for Scientic Language Research for his contribution
to the publication of the tenth edition of the
Afrikaanse Woordelys en Spelreëls [“Afrikaans
Wordlist and Spelling Rules”]. He has initiated and
led numerous large-scale, international multimillion
rand projects, for clients such as Microsoft, MTN
and the South African Government. Van Huyssteen
is best known for his contribution as a linguist in the
development of real-world text-based computer
applications and core computer technologies for
Afrikaans, as well as for his weekly language quiz
on Radio Sonder Grense.
Gerhard van Huyssteen
Adri Breed
709
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 54 No. 4: Desember 2014
ABSTRACT
Aan die and besig in Afrikaans progressive constructions: the origin and development (1)
Progressive aspect is a grammatical category which signies that an event is continuing or taking
place (Comrie 1976:33-36; Bybee et al. 1994:126). In two articles, this article and Breed and Van
Huyssteen (submitted), we investigate the manner in which two periphrastic constructions, namely
the VCOP besig om te V and the VCOP aan die V constructions, are used to express progressive meaning
in Afrikaans. The discussions are based on a corpus investigation in which the three Afrikaans
periphrastic progressive constructions (the two already mentioned) and the VPOS en V constructions
are compared to each other (Breed 2012; Breed & Brisard submitted). Dutch has three similar
constructions, and for this reason the constructions were also compared to the Dutch ones where
relevant. Breed and Brisard (submitted) explain how the VPOS en construction is used to express
progressive meaning. In this article and in Breed and Van Huyssteen (submitted) the focus is therefore
on the specic manner in which the besig and aan die constructions are used as progressive markers.
The main objective of this rst article is to show the origin and development of the two
constructions, while the focus of the second article is to demonstrate – on the basis of the results of
the corpus investigation – the specic ways in which the constructions are used.
The grammaticalisation theory offers insight into the manner in which grammatical constructions
develop. For this reason, the origin, development and use of the two relevant periphrastic
constructions were investigated from this perspective. Grammaticalisation can be described as the
process of language change during which lexical constructions develop systematically into
constructions with grammatical meaning (Bybee et al. 1994; Hopper & Traugott 2003; Lehmann
1995). This process of language change is characterised by specic mechanisms or characteristics,
for instance universal routes, unidirectional change, lexical origin, semantic generalisation, an
increase in frequency and re-analysis.
This rst article rstly explains the theory of grammaticalisation. The grammaticalisation of
the Afrikaans auxiliary het is given as an example to illustrate specic relevant aspects of
grammaticalisation. Secondly, it explains how the aan die and besig periphrastic constructions
originate and develop. One of the most general lexical origins of progressives is constructions with
locative meaning (Bybee et al. 1994:129). The motivation behind the development of a progressive
from locative constructions is probably the connotation of “be in the place of VERBing” or “be at
VERBing” (Bybee et al. 1994:129-130). The hypothesis offered by Bybee et al. (1994:131) is that,
apart from a few exceptions, all progressive constructions develop from locative meaning.
The aan die progressive is a construction of locative origin. The structure of the periphrastic
construction can be divided into three parts: rstly, the introductory copulative verb; secondly, the
locative aan preposition; and thirdly, the nominalised verb which is preceded by the denite article
die [aan + die] has received unit status and forms the analysed construction of the periphrase. The
aan die progressive therefore supports the hypothesis that progressive constructions develop from
locative meanings.
The besig progressive’s lexical origin differs from that of the aan die progressive, as well as
from the VPOS en progressive (consult Breed 2012; Breed & Brisard submitted), due to the fact that
this progressive construction does not have a locative origin. The word besig has a lexical meaning
which implies that a subject is involved in a process which is continuing, and the development of
this progressive construction is, therefore, lexically motivated.
KEYWORDS: aspect, imperfective, progressive, periphrastic construction, gramma ticalisation,
Afrikaans, Dutch
TREFWOORDE: aspek, imperfektief, progressief, perifrastiese konstruksie, gramma tikalisering,
Afrikaans, Nederlands
710
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 54 No. 4: Desember 2014
1 Met dank aan prof. Frank Brisard (Universiteit Antwerpen, België) vir sy waardevolle bydrae tot
hierdie studie. Die National Research Foundation, Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek
en Noordwes-Universiteit word ook bedank vir die nansiële ondersteuning wat hierdie ondersoek
moontlik gemaak het. Dankie ook aan die drie anonieme keurders vir hul waardevolle bydrae tot die
verbetering van die artikelinhoud.
2 Die genoemde perifrastiese konstruksies sal voorts onderskeidelik na verwys word as aan die-, besig-
en VPOS en-konstruksies. Wanneer daar na die aan die-konstruksie verwys word, sal die aan
‘t-variasiekonstruksie daarby ingereken of geïmpliseer wees.
3 Tensy anders aangedui, is alle Afrikaanse voorbeeldsinne geneem uit die Taalkommissiekorpus (2011).
Die doel van hierdie 60 miljoen-woord-korpus is om ’n gestratiseerde voorbeeld te wees van geskrewe
Standaardafrikaans. Dit bestaan uit ’n verskeidenheid tipes tekste, byvoorbeeld prosa, akademiese
tekste, koerante, tydskrifte en nie-ksie boeke. Aangesien die korpusondersoek eers in die volgende
artikel aan die bod kom, word die korpus volledig in Breed & Van Huyssteen (voorgelê) bespreek.
OPSOMMING
In ’n tweetal artikels (hierdie artikel en Breed & Van Huyssteen (voorgelê)) stel ons ondersoek in
na die wyse waarop twee perifrastiese konstruksies, te wete die VKOP besig om te V- en die VKOP
aan die V-konstruksies, gebruik word om progressiewe betekenis in Afrikaans uit te druk. Die
bespreking word gebaseer op ’n korpusondersoek waarin drie Afrikaanse perifrastiese progressiewe
konstruksies (d.i. die twee genoemde konstruksies, sowel as die VPOS en V-konstruksie; sien Breed
2012 en Breed & Brisard voorgelê) met mekaar vergelyk is. Drie ewekniekonstruksies word in
Nederlands gevind, en daarom word die konstruksies ook, waar ter sake, met die Nederlandse
konstruksies vergelyk. Aangesien Breed & Brisard (voorgelê) fokus op die VPOS en-konstruksies,
handel hierdie tweetal artikels oor die besig- en aan die-progressiewe. Terwyl die tweede artikel
se fokus is om, aan die hand van die korpusondersoek se resultate, die spesieke wyses aan te dui
waarop die twee konstruksies gebruik word, is die hoofdoelwit van hierdie eerste artikel om die
twee konstruksies se totstandkoming en ontwikkeling aan te toon. In hierdie artikel word die
grammatikaliseringsproses aan die hand van die evolusie van die hoofwerkwoord het tot temporele
hulpwerkwoord verduidelik, en daar word aangetoon dat die aan die-/aan het-konstruksies lokatiewe
oorsprong het, terwyl die oorsprong van die besig-/bezig-konstruksies leksikaal gemotiveerd is.
1. INLEIDING1
Progressiewe aspek is ’n grammatikale kategorie wat uitdruk dat ’n gebeurtenis voortgesit word
of aan die gang is (Bybee et al.1994:126; Comrie 1976:33-36). ’n Situasie wat in die verlede
afgespeel het, kan ook as progressief aangebied word, indien dit in die verlede beskou is as ’n
situasie wat oor ’n tydperk aan die gang was. Voorbeeldsinne (1) en (2) dui aan hoe progressiewe
betekenis in Engels morfologies uitgedruk word deur die sufks -ing:
(1) I am doing the best I can. (Progressiewe hedetyd)
(2) I was being angry for no reason. (Progressiewe verledetyd)
In Afrikaans word drie perifrastiese konstruksies hoofsaaklik gebruik om progressiewe betekenis
uit te druk, te wete die is+aan+die/’t+V-konstruksie (vergelyk voorbeeldsinne (3) en (4)), die
is+besig+om+te+V-konstruksie (waarvan sin (5) ’n voorbeeld is) en die VPOS+en+V-konstruksie
(byvoorbeeld sinne (6) tot (8)).2 Perifrastiese konstruksies kan beskryf word as ’n grammatikale
kategorie wat betekenis uitdruk deur losstaande woorde (teenoor byvoorbeeld morfologiese
markering soos die -ing-morfeem in Engels).
(3) Die storm was aan die afneem.3
(4) Die mense is al aan’t optrek eetkamer toe.
(5) Sy ma is besig om brood af te knie.
711
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 54 No. 4: Desember 2014
(6) Maja sit en kyk hoe hy swem en beny hom.
(7) Jy kan glad nie so in die donker kamer lê en muf nie!
(8) Sy bly staan en glimlag vir hom.
In Nederlands word drie soortgelyke konstruksies4 gebruik om progressiewe betekenis uit te druk.
Vergelyk voorbeelde (9) tot (13).5
(9) Ik ben aan het eten, kom later maar weer terug.i
(10) Wij moeten op dit punt meer doen, en ik ben bezig dat ook te verwezenlijken.ii
(11) Ik zit gewoon mijn eigen kind uit te lachen.iii
(12) Hallo, ik sta al een hele tijd te wachten, hoor.iv
(13) Ik lig te dromen onder een boom.v
Ten spyte van enkele vormlike verskille tussen die twee tale se konstruksies, kan die progressiewe
perifrastiese konstruksies van Afrikaans en Nederlands as ewekniekonstruksies beskou word.
Hierdie ooreenstemming is nie verrassend nie: Afrikaans en Nederlands kan immers as sustertale,
oftewel nabyverwante tale, beskou word. Daar word trouens gereken dat tussen 90 en 95 persent
van Afrikaans en Nederlands se woordeskat ooreenstem (Carstens 1989:144, Brandford &
Claughton 1995:214; Raidt 1972:177). Op grond van die sterk verband tussen Afrikaans en
Nederlands, sou daar gemaklik ’n hipotese gestel kon word dat hierdie ooreenstemmende
konstruksies in die twee verskillende tale op naastenby ooreenstemmende wyse gebruik word om
progressiwiteit uit te druk.
Vanuit ’n literatuuroorsig oor die Nederlandse progressiewe konstruksies6 is dit duidelik dat
die aan het-progressief semanties gesien ’n redelik veralgemeende progressief is, terwyl die
bezig-progressief besonder skaars en periferaal is. Die VPOS te-progressief is, hoewel frekwent, ’n
gespesialiseerde konstruksie wat byvoorbeeld duidelik met sekere soort werkwoorde kollokeer,
naamlik werkwoorde wat sosiale interaksie (byvoorbeeld praat en gesels), kreatiewe aktiwiteit
(byvoorbeeld skryf en brei), persepsie (byvoorbeeld kyk en luister), kognitiewe aktiwiteit
(byvoorbeeld dink en lees), menslike noodsaaklikheid (byvoorbeeld eet en slaap) of afwagting
(wag en uitkyk) uitdruk.
Aangesien daar tot op hede nog min navorsing gepubliseer is oor die Afrikaanse progressiewe
konstruksies, sou die vraag gevra kon word of die Afrikaanse progressiewe perifrastiese konstruksies
op dieselfde wyse gebruik word as dié van Nederlands. Is die bevindinge oor die Nederlandse
konstruksies ook geldig vir die ooreenstemmende Afrikaanse konstruksies? In Breed en Brisard
(voorgelê) is aangedui dat daar inderwaarheid ’n baie sterk ooreenstemming bestaan tussen die
Nederlandse en Afrikaanse VPOS-progressiewe konstruksies. In beide tale is hierdie progressief
byvoorbeeld ’n gespesialiseerde konstruksie wat prototipies saam met werkwoorde kombineer wat
sosiale interaksie, kreatiewe en kognitiewe aktiwiteite, persepsie of menslike noodsaaklikheid
uitdruk.
Die doel van hierdie artikel, sowel as die artikel, “Aan die en besig in Afrikaanse progres-
siwiteits konstruksies: ’n korpusondersoek” (Breed & Van Huyssteen voorgelê),is om verder
4 Daar word voorts onderskeidelik na hierdie konstruksies verwys as aan het-, bezig- en VPOSte-
konstruksies.
5 Nederlandse en Engelse voorbeeldsinne is meestal bekom vanaf internetbronne of is oorgeneem uit
ander bronne. Die bronverwysings van die voorbeeldsinne word in die eindnotas van die artikel
aangedui.
6 Booij (2003), (2004), (2008); Geleyn (2010); Geleyn & Colleman (2014); Lemmens (2003), (2005);
Mortier (2008); Van Pottelberghe (2002).
712
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 54 No. 4: Desember 2014
ondersoek in te stel na die moontlike ooreenstemming tussen Afrikaanse en Nederlandse
ewekniekonstruksies. Daarom word daar in hierdie eerste artikel ondersoek ingestel na die herkoms
en gebruik van die aan die- en besig-perifrastiese konstruksies. Resultate van die ondersoeke na
die twee Nederlandse ewekniekonstruksies word, waar moontlik, as basis gebruik, sodat die mate
van ooreenstemming tussen die twee tale se konstruksies bepaal kan word. Die ondersoek word
vanuit ’n grammatikaliseringsperspektief aangepak, aangesien dit, soos aangetoon sal word,
toeligting bied op die wyse waarop die konstruksies ontwikkel het, asook op die spesieke wyses
waarop dit gebruik word om progressiewe betekenis uit te druk.
In hierdie artikel word gefokus op die totstandkoming van die aan die- en besig-konstruksies.
Daar sal aangetoon word dat die twee konstruksies deur ’n proses van grammatikalisering vanuit
vrye leksikale morfeme ontwikkel het tot perifrastiese progressiewe konstruksies. Alvorens die
ontwikkeling van aan die en besig aangetoon word, sal ’n kort beskrywing van grammatikalisering
aangebied word, en die proses van grammatikalisering sal met ’n voorbeeld (naamlik die
ontwikkeling van het tot tempuskonstruksie) geïllustreer word. Laastens sal die grammatikalisering
van die twee genoemde perifrasties progressiewe konstruksies omvattend bespreek word.
In die volgende artikel, “Aan die en besig in Afrikaanse progressiwiteitskonstruksies: ’n
korpusondersoek”, (Breed & Van Huyssteen voorgelê) word ’n korpusondersoek geloods om te
bepaal op watter verskillende wyses die twee konstruksies gebruik word om progressiewe
betekenis uit te druk. Die twee konstruksies word op grond van drie parameters ondersoek, te
wete i) die frekwensie; ii) die verhouding tussen aspektuele teenoor leksikale gebruik; en iii) die
werkwoordkollokasies. Sodoende kan daar aangedui word op watter spesieke of unieke wyses
elkeen van die konstruksies gebruik word om progressiwiteit in Afrikaans uit te druk en in watter
mate dit verskil of ooreenstem met die twee Nederlandse ewekniekonstruksies.
2. GRAMMATIKALISERING
Die grammatikaliseringsteorie bied insig in die wyse waarop grammatikale konstruksies ontwikkel.
Om hierdie rede is dit ook sinvol om die totstandkoming en ontwikkeling van perifrastiese
konstruksies vanuit hierdie perspektief te bekyk.
Grammatikalisering kan beskryf word as die proses van taalverandering waar leksikale
konstruksies stelselmatig ontwikkel om grammatikale betekenis uit te druk. Hierdie taalver-
anderingsproses word gekenmerk deur spesieke meganismes, eienskappe of prosesse.7 Vir
doeleindes van hierdie ondersoek kan ses van hierdie meganismes uitgelig word, te wete universele
roetes, eenrigtingsroetes, leksikale oorsprong, semantiese verbleking, frekwensie en reanalise.
Hierdie ses meganismes sal kortliks bespreek word en daarna aan die hand van ’n voorbeeld uit
Afrikaans geïllustreer word.
2.1 Ses meganismes van grammatikalisering
Die eerste veronderstelling van grammatikalisering is dat hierdie tipe taalverandering altyd op ’n
universele roete evolueer. ’n Universele roete kan gesien word as die ontwikkelingspad wat ’n
evoluerende konstruksie volg. Vanuit ’n tipologiese perspektief lyk dit asof dieselfde roetes in
verskillende tale gevind word (Hopper & Traugott 2003:6). Bybee et al. (1994:15) gee ’n motivering
vir hierdie tipologiese ooreenstemming van universele roetes – daar bestaan gedeelde kognitiewe
en kommunikatiewe patrone in taal:
7 Vergelyk Bybee et al. (1994:4-5); Croft (1990:257); Heine & Reh (1984:11-12); Hopper & Traugott
(2003:1); Lehmann (1995:3).
713
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 54 No. 4: Desember 2014
The degree of cross-linguistic similarity that recent studies have uncovered suggests that
forces in language are pushing toward the selection of particular source material and movement
along particular paths propelled by certain common mechanisms of change… We attribute
the fact that certain grammaticalization paths are common in diverse genetic and areal groups
to the existence of common cognitive and communicative patterns underlying the use of
language. (Bybee et al. 1994:15)
Aansluitend hierby is die tweede veronderstelling van grammatikalisering, die beginsel van ’n
eenrigtingsroete. Die taalverandering wat volgens ’n grammatikaliseringsroete evolueer, behoort
in ’n bepaalde rigting plaas te vind – van minder grammatikaal (of leksikaal) na meer grammatikaal
(Campbell & Janda 2001:101). Aangesien grammatikaliseringsprosesse altyd bepaalde grammati-
kaliseringsroetes volg, behoort die bepaalde stappe of fases altyd in die spesieke volgorde voor
te kom. Hierdie fases stem ook tipologies ooreen.
Die beginsel van eenrigtingontwikkeling behels dat ’n spesieke fase altyd op ’n ander
spesieke fase sal volg en dat daar ’n vaste patroon bestaan oor watter fase op ander fases volg
(Bybee et al. 1994:13). Hierdie roetes met fases wat in ’n vaste volgorde voorkom, kan ook ’n
klien genoem word.
The term “cline” is a metaphor for the empirical observation that cross-linguistically forms
tend to undergo the same kinds of changes or have similar sets of relationships, in similar
orders. (Hopper & Traugott 2003:6-7)
In die derde plek word aangeneem dat die leksikale oorsprong (d.i. die letterlike, oorspronklike
betekenis) van die woord ’n invloed het op die grammatikaliseringsroete wat gevolg word. Die
leksikale betekenis van ’n konstruksie bepaal dus op ’n spesieke wyse die roete wat hierdie
grammatikaliseringproses gaan volg, asook die grammatikale funksie wat die konstruksie gaan
verrig (Campbell & Janda 2001:101). Deur die verskeie grammatikaliseringsroetes wat in
verskillende tale gevind word met mekaar te vergelyk, kan geldige aeidings gemaak word oor
watter tipe konstruksies geneig is om tot ander tipes konstruksies te ontwikkel. So is daar
byvoorbeeld gevind dat werkwoorde van beweging, behoefte of verpligting tipologies
vergelykend geneig is om te ontwikkel tot toekomsmerkers (Bybee et al. 1994:13). In Afrikaans
het die bewegingswerkwoord gaan (byvoorbeeld in sin (14)) ontwikkel tot ’n toekomsmerker
(byvoor beeld in sin (15)):
(14) Hy gaan huis toe, en maak verskoning omdat hy effe laat is.
(15) Hy gaan in Augustus in Suid-Korea aan die Wêreld-brandweerspele deelneem.
Wanneer ’n leksikale konstruksie stelselmatig volgens ’n universele en eenrigtingsroete evolueer
tot ’n grammatikale konstruksie, vind semantiese verbleking plaas. Hierdie is ’n vierde veronder-
stelling van grammatikalisering en impliseer dat daar betekenisverskuiwing plaasvind. Waar ’n
inhoudswoord, vanweë sy spesieke leksikale betekenis, beperkte gebruike het (d.i. slegs binne
die toepaslike leksikale moontlikhede), het ’n woord wat ’n grammatikale funksie verrig (en dus
nie hierdie selfde leksikale betekenis het nie) groter gebruiksmoontlikhede. Daar vind dus ’n
semantiese veralgemening (semantic generalization) plaas waarbinne ’n item gebruik kan word
(Bybee et al. 1994:6; Bybee & Pagliuca 1985:60). ’n Konstruksie kan tot so ’n mate veralgemeen
dat die oorspronklike leksikale betekenis van die konstruksie heeltemal afwesig is en dat die
konstruksie dan leksikaal deursigtig is (lexical transparency of opacity, soos aangetoon is deur
Rhee 2008:10). Hoe meer gegrammatikaliseer ’n konstruksie se betekenis is, hoe minder
ooreenstemming bestaan daar tussen die grammatikale gebruik van die ontwikkelende konstruksie
en die oorspronklike leksikale betekenis. Vergelyk die verduidelikings van Lehmann (1995:127):
714
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 54 No. 4: Desember 2014
For the sake of simplicity, I will assume that the semantic representation of a sign consists
of a set of propositions taken from some semantic metalanguage commonly called semantic
components or features, and that those propositions which are conjoined (rather than disjoined)
contribute to semantic complexity or semanticity of the sign (details in Lehmann 1978).
Desemanticization, or semantic depletion (Weinreich 1963:180f) or bleaching, is then the
decrease in semanticity by the loss of such propositions. (Lehmann 1995:127)
Hierdie semantiese veralgemening of verbleking bring die vyfde veronderstelling van gramma-
ti kalisering teweeg, naamlik dat die gebruiksfrekwensie van die konstruksie begin toeneem. Aan-
gesien die grammatikaliserende konstruksie afstand doen van sy leksikale betekenis, kan die
konstruksie in meer kontekste gebruik word as vantevore en derhalwe toeneem in frekwensie. ’n
Hoë frekwensie van ’n grammatikale konstruksie kan derhalwe dikwels ’n aanduiding wees van
’n hoër mate van grammatikalisering. Dit is egter nie te sê dat ’n konstruksie met ’n hoë frekwensie
noodwendig ’n grammatikale konstruksie is nie, aangesien sommige leksikale konstruksies ook
’n hoë frekwensie kan hê.
Reanalise, die sesde en laaste grammatikaliseringsmeganisme wat gedenieer kan word, is
nie ’n voorvereiste van grammatikalisering nie, maar dikwels ’n proses wat grammatikalisering
aan die gang sit. Langacker (1977:59) denieer reanalise as “change in the structure of an expression
or class of expressions that do not involve any immediate or intrinsic modication of its surface
manifestation”.
Vergelyk byvoorbeeld truvorming (back-formation) as ’n voorbeeld van morfologiese
reanalise. Die woord pakkasie “klomp goedere” kom uit die Nederlandse pakkage < packaige
“daad van inpak”, wat weer uit die Franse pacquage met dieselfde betekenis kom (Van Veen &
Van der Sijs 1997). ’n Korrekte morfologiese analise van pakkasie sou wees pak(k)-asie, waar
-asie algemeen as nominaliseerder in Afrikaans voorkom – vergelyk byvoorbeeld plant-asie, of
rot-asie (<rot-eer). Wanneer pakkasie egter gereanaliseer word as ’n diminutiefvorm op grond van
’n verbeelde diminutiefmorfeem –ie in die woord, lei dit tot die morfologiese analise pakkaas-ie,
waar pakkaas (as truvorm) geïnterpreteer word as “enorme klomp goedere”. Dieselfde reanalise
vind plaas by bosgaas “enorme wilde haardos” (<bosgasie) of stellaas “groot, omvattende
steierwerk” (<stellasie), waar die -ie “verkeerdelik” as diminutiefmorfeem geanaliseer word.
Sintaktiese reanalise is veral relevant vir die ondersoek na die grammatikalisering van
perifrastiese progressiewe konstruksies in Afrikaans. Lord (1976:179), soos aangehaal deur Heine
en Reh (1984:97) verduidelik sintaktiese reanalise as “a process by which a verb loses semantic,
morphological and syntactic properties, and survives as a grammatical morpheme marking the
relationship between clauses”. Hopper en Traugott (2003:50) gee die Engelse try and V-konstruksie
as ’n voorbeeld van sintaktiese reanalise. Daar is ’n verskil in die wyse waarop try in voorbeeldsin
(16) en voorbeeldsinne (17) en (18) gebruik word:
(16) I’ll try and contact her.vi
(17) They have tried and failed to contact her.
(18) I’ll try to contact her.
In (17) en (18) word try in sy oorspronklike, leksikale betekenis as hoofwerkwoord gebruik. Die
konstruksie kan geanaliseer word as [[V] + and + [V]]. Onder sekere omstandighede het [try
and] in die konstruksie try and V (byvoorbeeld (16)) eenheidstatus bekom en as hulpwerkwoord
begin optree. Die konstruksie is derhalwe gereanaliseer tot [hulpwerkwoord (try and) + werkwoord
(contact)] en word ontleed as [[VAUX]+[V]].
715
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 54 No. 4: Desember 2014
2.2 ’n Grammatikaliseringsvoorbeeld in Afrikaans: die werkwoord hê
’n Goeie voorbeeld vanuit Afrikaans om die grammatikalisering van ’n konstruksie te illustreer,
is die evolusie van het as hoofwerkwoord tot hulpwerkwoord van tyd. Hoewel nie al ses bespreekte
meganismes by die bespreking betrek word nie, is dit ’n nuttige voorbeeld om die basiese beginsel
van grammatikalisering te illustreer.
Die leksikale betekenis (dus die leksikale oorsprong) van hê8 dui op ruimtelike besitting
(d.i. “om iets te besit”). Om die volledige grammatikalisering van het tot tempusmerker te
verduidelik, is dit egter noodsaaklik om die ontwikkeling van die Afrikaanse werkwoord te
vergelyk met die ontwikkeling van dieselfde werkwoord in ander Germaanse tale soos Engels
(have) en Nederlands (hebben).
In al drie tale word ’n gegrammatikaliseerde het/have/hebben-konstruksie gebruik om temporele
betekenis uit te druk. Hierdie konstruksie het dieselfde oorsprong en het volgens die tipologiese
grammatikaliseringsroete [leksikaal à aspek] geëvolueer tot aspektuele merker. Vergelyk sinne
(19) en (20):
(19) Eng: a. I have a beach house.
Ndl: b. Ik heb een strandhuis.
Afr: c. Ek het ’n strandhuis.
(20) Eng: a. I have eaten an apple.
Ndl: b. Ik heb een appel gegeten.
Afr: c. Ek het ’n appel geëet.
In sinne (19) druk die leksikale werkwoorde have/hebben/het ruimtelike betekenis van besitlik-
heid uit – die spreker “besit ’n strandhuis”. Die leksikale betekenis van have/hebben/het in
voorbeeld sinne (20) het verbleek om grammatikale, oftewel aspektuele betekenis uit te druk. Die
wyse waarop have/hebben/het in hierdie sinne gebruik word, skep die interpretasie dat die handeling
van die appel wat in die verlede geëet is en die resultaat van hierdie handeling, steeds relevant is
vir die hede. Hierdie sinne se betekenis wat deur die gegrammatikaliseerde have/hebben/het
uitgedruk word, is dus anterior betekenis.
Die konstruksie is in al drie tale egter nie ewe ver gegrammatikaliseer nie. Het in Afrikaans
is die verste gegrammatikaliseer op die roete [leksikaal à aspek à tempus] en die Nederlandse
hebben is verder gegrammatikaliseer as die Engelse have. Vergelyk die volgende sinne:
(21) Eng: a. *Yesterday I have eaten an apple.
b. Yesterday I ate an apple.
Ndl: c. Ik heb gisteren een appel gegeten.
Afr: d. Ek het gister ’n appel geëet.
Die aanwesigheid van die bywoord gister/gisteren/yesterday is ’n aanduiding daarvan dat hierdie
sinne na ’n bepaalde tyd in die verlede (dus denite past) verwys. In beide Afrikaans en Nederlands
is dit moontlik om die bepaalde verledetyd deur het/hebben uit te druk, terwyl dit in Engels nie
moontlik is om have te gebruik om bepaalde verledetydsinne uit te druk nie. Die eenvoudige
verledetyd (simple past) word gebruik om in Engels die bepaalde verledetyd uit te druk.
Hoewel die moontlike gebruik van die Afrikaanse en Nederlandse het/hebben in bepaalde
verledetydskonstruksies ooreenstem (soos byvoorbeeld in die wyse waarop dit in bepaalde verlede-
8 Hê is die innitiewe werkwoordvorm en impliseer in hierdie artikel alle ander vorme van hierdie
werkwoord, byvoorbeeld het en gehad.
716
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 54 No. 4: Desember 2014
tyd gebruik word), is die Afrikaanse het in selfs nog meer kontekste as die Nederlandse hebben
bruikbaar. Vergelyk die voorbeelde in (22):
(22) Eng: a. *Thick smoke has lled the corridorvii. (¹ imperf.verledetyd)
b. Thick smoke lled the corridor.
c. Thick smoke was lling the corridor.
Ndl: d.*Dikke rook heeft de gang gevuld. (¹ imperf.verledetyd)
e. Dikke rook vulde de gang.
f. Dikke rook was de gang aan het vullen
Afr: g. Digte rook het die vertrek gevul.
In die bogenoemde kontekste kan die situasie telkens as imperfektief geïnterpreteer word, maar
dit is onmoontlik om die imperfektiewe betekenis van hierdie kontekste met die Engelse en
Nederlandse have-/hebben-konstruksie oor te dra (vergelyk ook Michaelis 2004:53-54). In Engels
en Nederlands is dit verpligtend om die eenvoudige- (byvoorbeeld (22) b en (22) e) of progressiewe-
(byvoorbeeld (22)c en (22)f) verledetydsvorme te gebruik om hierdie imperfektiewe betekenis
oor te dra, terwyl dit in Afrikaans heeltemal grammatikaal is om het te gebruik om ook hierdie
imperfektiewe betekenis uit te druk.
Die feit dat die Afrikaanse het-werkwoord in meer grammatikale kontekste as die Nederlandse
en Engelse ewekniewerkwoorde gebruik kan word, is ’n aanduiding daarvan dat die Afrikaanse
het verder gegrammatikaliseer is as die Nederlandse hebben en die Engelse have. Die Nederlandse
hebben is op sy beurt weer verder gegrammatikaliseer as die Engelse have. Hierdie veralgemening
van die Afrikaanse het-werkwoord verduidelik waarom die Afrikaanse het ge-verledetydskon-
struksie aspektueel meerduidig is, aangesien die het in betekenis só veralgemeen het dat dit afstand
doen van grammatikaal-aspektuele betekenis (d.i. perfektiewe of imperfektiewe betekenis) en
gewoon tempusbetekenis uitdruk.
’n Verdere gevolg van Afrikaanse het-konstruksie se veralgemening van ’n aspek- tot ’n
tempusmerker, is dat dit gebruik kan word in kontekste waar die gebruik van have of hebben in
Engels en Nederlands onmoontlik is. ’n Voorbeeld hiervan is die sogenaamde “oop voorwaardelike
konstruksie” (open conditional construction) (Mittwoch et al. 2002:748). Vergelyk die volgende
voorbeeldsinne:
(23) Eng: a. If he bought it at that price, he got a bargain.viii
Ned: b.Als hij het voor die prijs kocht, kreeg hij een koopje.ix
Afr: c. As hy dit teen daardie prys gekoop het, het hy ’n winskopie gemaak.
(24) Eng: a. If he had bought it at that price, he would have got a bargain.
Ned: b. Als hij het voor die prijs had gekocht, zou hij een koopje hebben gekregen.
Afr: c. As hy dit maar teen daardie prys gekoop het, het hy ’n winskopie gemaak.
In Engels en Nederlands word die eenvoudige verledetyd gebruik om ’n oop voorwaarde aan te
dui (vergelyk(23)a en (23)b), wat beteken dat daar nie duidelikheid is of die subjek wel die item
aangekoop het teen ’n winskopie, al dan nie. Dit is dus eerder ’n hipotetiese stelling. Indien have/
hebben egter in die voorwaardekonstruksie gebruik word, verander die betekenis na irreaal, oftewel
teenfeitlik: die subjek het sy kans verspeel om die item teen ’n winskopie te koop. Mittwoch et
al. (2002:784) noem hierdie ongerealiseerde voorwaardelike konstruksie ’n “afstandsvoorwaarde”
(remote conditional) (vergelyk (24)a en (24)b). In Afrikaans word het in beide tipes voorwaarde-
konstruksie gebruik – dus in die geval van ’n hipotetiese stelling, sowel as in ’n teenfeitlike
717
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 54 No. 4: Desember 2014
stelling. Om ’n niemeerduidige teenfeitlike betekenis te impliseer, moet verdere konstruksies,
byvoorbeeld die bywoord maar tot die voorwaardelike sin gevoeg word (vergelyk voorbeeldsinne
(23)c en (24)c).
3. GRAMMATIKALISERING VAN DIE AAN DIE- EN DIE BESIG-PROGRES-
SIEWE KONSTRUKSIES
In die hipotese is gestel dat daar, net soos die Nederlandse en Afrikaanse VPOS-progressiewe
konstruksies, ooreenstemming bestaan in die wyse waarop hierdie nabyverwante tale se ander
twee ewekniekonstruksies, d.i. die aan het/aan die- en die bezig/besig-perifrases, progressiewe
betekenis uitdruk.
In die volgende gedeelte word aangetoon hoe hierdie ewekniekonstruksies tot stand gekom
het. Ook die vormlike ooreenkomste en verskille tussen die Afrikaanse en Nederlandse konstruksies
sal hier aandag geniet.
3.1 Die leksikale oorsprong van progressiewe konstruksies
Soos genoem, grammatikaliseer konstruksies volgens vasgestelde roetes. Hierdie grammatika-
liseringsroete is in een rigting en ontwikkel vanuit ’n bepaalde leksikale oorsprong. Dit blyk dat
een van die mees algemene leksikale oorspronge vir progressiewe konstruksies, konstruksies met
lokatiewe betekenis is (Bybee et al.1994:129). Die motivering vir die ontwikkeling van ’n
progressief uit lokatiewe konstruksies is waarskynlik as gevolg van die konnotasie van “is op die
plek waar V plaasvind” (“be in the place of VERBing”) of “wees by V” (“be at VERBing”) (Bybee
et al. 1994:129-130). Die hipotese wat Bybee et al. (1994:131) stel, is dat, behalwe vir enkele
bepaalde uitsonderings, alle progressiewe konstruksies uit lokatiewe betekenis ontwikkel het:
Thus one strong hypothesis for sources of progressives would be that a progressive involving
a stative auxiliary always derives from a construction which originally included an element
with locative meaning. Or, stated another way, aside from movement sources, reduplications,
and constructions with verbs meaning “to keep on”, all progressives derive from locative
constructions. (Bybee et al. 1994:131)
Bybee et al. (1994:131) toon aan dat Heine (1990) egter ’n verdere leksikale oorsprong aantoon.
Volgens hom kan progressiewe konstruksies ook afgelei word van gelykstellende sinne in die
vorm van “X is a Y” soos byvoorbeeld He is (an) eating (one). Verder is daar ook bewegings-
werkwoorde geïdentiseer wat as leksikale oorsprong dien vir progressiewe konstruksies. Die
Spaanse werkwoord seguir (“om te volg”) word byvoorbeeld gebruik om kontinuatiewe aspek
aan te dui, en in Nederlands en Afrikaans kan die perifrastiese konstruksie loop te VINF/loop en
VINF gebruik word om progressiewe betekenis uit te druk. Die ooreenkoms tussen lokatiewe en
bewegingswoorde is dat albei ’n mate van lokatiewe betekenis uitdruk. Albei tipes konstruksies
sê iets oor die ruimtelike plasing van die subjek en die aktiwiteit – hetsy dat die subjek êrens
geplaas is en iets doen, óf dat die subjek (rond)beweeg (in ’n ruimte) terwyl hy iets doen (Bybee
et al.1994:133).
Garcia (1990) wys daarop dat perifrastiese konstruksies ontwikkel om betekenis uit te druk
wat nie reeds grammatikaal deur die huidige taalkonstruksies uitgedruk word nie. Alle tale het
maniere om hedetyd en voortdurende aktiwiteite uit te druk, maar tale sonder eksplisiete
progressiewe grammatikale items wat progressiwiteit uitdruk, gebruik gewoonlik dieselfde middele
vir habituele situasies, voortgesette toestande en alle ander hedetydsituasies (Bybee et al. 1994:133).
718
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 54 No. 4: Desember 2014
Bybee et al. (1994:133) bespreek die antwoord op die vraag in (25) as voorbeeld:
(25) Q: Where is Lou?
A: He is sleeping.
Die meer geskikte antwoord op die vraag sou waarskynlik eerder kon wees “in his bedroom”,
maar die progressiewe konstruksie “he is sleeping” bied meer informasie aan. Enersyds bied dit
lokatiewe inligting aan, aangesien daar binne hierdie konteks aangeneem kan word dat Lou in
die slaapkamer is. Andersyds bied hierdie antwoord ook inligting rakende ’n aktiwiteit waarmee
Lou homself besig hou. ’n Progressiewe konstruksie verskaf dus ’n gepaste antwoord op ’n
lokatiewe navraag.
Indien daar na die betekeniselemente van progressiewe perifrastiese konstruksies gekyk word,
blyk dit dat die oorspronklike funksie van die progressief was om plasing van die agente te midde
van ’n aktiwiteit aan te toon. Nielokatiewe progressiewe konstruksies is daarom baie skaars –
“…if they exist at all” (Bybee et al. 1994:135). Die semantiese verandering wat plaasvind in die
ontwikkeling van die progressief na ’n volgende konstruksie, is die geleidelike verandering weg
vanaf die oorspronklike, voller betekenis van hierdie konstruksie. Die oorspronklike betekenis
van die progressiewe konstruksie is dat:
A. ’n Agent
B. ruimtelik geplaas is
C. te midde van
D. ’n aktiwiteit
E. op die oomblik waarna verwys word. (Bybee et al. 1994:136)
Op grond van hierdie algemene verskynsel word daar gereeld na progressiewe konstruksies verwys
as voorbeelde van temporele kategorieë wat gebaseer is op lokatiewe kategorieë (Anderson 1973;
Traugott 1978, soos aangehaal deur Bybee et al.1994:137). Die vraag kan derhalwe gevra word
of die leksikale oorsprong van die twee genoemde Afrikaanse perifrastiese progressiewe
konstruksies, te wete die aan die- en die besig-progressiewe, met hierdie gestelde hipotese
ooreenstem. In hierdie volgende gedeelte word die grammatikalisering van die twee konstruksies
van naderby bekyk.
3.2 Die grammatikalisering van die aan die-progressief
Om die leksikale oorsprong en ontwikkeling van die aan die-progressiewe konstruksies aan te
toon, is dit noodsaaklik om die sintaktiese struktuur van die konstruksie van naderby te bekyk.
Vergelyk voorbeelde (26) en (27):
(26) Ik ben aan het lezen.
(27) Ek is aan die lees.
In hierdie Nederlandse en Afrikaanse progressiewe konstruksies word die werkwoord zijn/is
gebruik, gevolg deur die abstrakte ruimtelike voorsetsel aan, wat ’n voorsetselstuk as komplement
met ’n genominaliseerde innitiewe werkwoord neem (Lemmens 2005:184). Die konstruksie kan
ontleed word as ’n struktuur met drie dele: 1) die inleidende werkwoord; 2) ’n perifrastiese element
en 3) ’n nominale komplement (Mortier 2008:9); vergelyk Figuur 1:
719
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 54 No. 4: Desember 2014
So volg die struktuur van die Nederlandse aan het-progressief – d.i. ’n voorsetselstuk en ’n verbale
innitief as hoofwerkwoord – die reëls van die Nederlandse sintaksis. Innitiewe kan in hierdie
konteks funksioneer as nomina en is onsydig; om hierdie rede word die lidwoord het gebruik
(Lemmens 2005:184). Die voorsetsel aan kan ook gebruik word om aan te toon waar die subjek
van die sin homself bevind. Die lokatiewe oorsprong van die aan het/aan die-progressief is dus
duidelik, aangesien die aan-voorsetsel in sy leksikale gebruik aandui dat ’n objek hom in die
nabye omgewing van iets bevind (byvoorbeeld (28)), of selfs “aanraak” (byvoorbeeld (29)) (Den
Boon & Geeraerts 2005).
(28) Ik ben aan het station met een groot transport kongresafgevaardigden en een belangrijke
post en kan niet verder.x
(29) Op welke punten zitten de panlatten gespijkerd aan het dak?xi
Die verskil tussen die Afrikaanse en Nederlandse konstruksie is dat Afrikaans wat geen het-
lidwoord het nie, gevolglik die bepaalde lidwoord die gebruik. Die lidwoord word gevolg deur
die ongemerkte, genominaliseerde innitiewe werkwoord, soos in (30):
(30) Afr: a. Ek is aan die lees.
(31) Ndl: b. Ik ben aan het lezen.
Die Afrikaanse variasiekonstruksie van die aan die-progressief, naamlik die aan ’t-progressief,
stem vormlik meer ooreen met die Nederlandse konstruksie. Die afkappingsteken in ’t dui die
afwesigheid van uitgespreekte [hə] aan. Slegs die [t] van die Nederlandse het ([hət]) word behou
en die oorspronklike 17de-eeuse Nederlandse aan het-konstruksie is in Afrikaans foneties gereduseer
of saamgesmelt tot aan ’t. Hierdie redusering van aan het tot aan ’t word in Nederlands ook gevind.
In Afrikaans word hierdie twee konstruksies, dit is die aan die- en die aan ’t-progressiewe,
beide gebruik. Soos in Breed en Brisard (voorgelê) aangetoon word, is beide konstruksies nie ewe
frekwent nie en word die konstruksies nie op presies dieselfde wyse gebruik nie.
Die totstandkoming en ontwikkeling van aan die tot progressiewe konstruksie, ondersteun
dus Bybee et al. (1994) se hipotese dat die leksikale oorsprong van progressiewe konstruksies
lokatief van aard is.
Figuur 1: Analise van die aan het/aan die-perifrase
Ik was aan het lezen
Ek was aan die lees
Nominaal
Inleidende Perifrastiese Hoof-
werkwoord Element met ’n werkwoord
lokatiewe voorsetsel
720
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 54 No. 4: Desember 2014
3.3 Die grammatikalisering van die besig-progressief
Besig se leksikale betekenis impliseer dat ’n subjek betrokke is by ’n proses of situasie. Besig
dien as ’n adjektief by die kopula is of wees om ’n bepaalde kwaliteit van die subjek aan te toon,
byvoorbeeld sinne (32)en (33):
(32) Hy is besig met takies in en om die huis.
(33) Die dorp is baie besig.
Anders as aan die, kan geen lokatiewe interpretasie aan besig gekoppel word wat sal verklaar
waarom dit tot progressief sou kon ontwikkel nie. Onses insiens kan die ontwikkeling van die
leksikale konstruksie besig tot ’n grammatikale konstruksie wat progressiewe aspek uitdruk, eerder
verklaar word aan die hand van die beginsel van leksikale gemotiveerdheid – besig se leksikale
gebruik as adjektief hou betekenis in wat op sigself ’n mate van progressiewe betekenis uitdruk.
In beide Afrikaans en Nederlands kan ’n perifrastiese konstruksie met besig/bezig gebruik
word om progressiewe betekenis uit te druk (Geleyn 2010:1). Sin (34) is ’n voorbeeld van die
Afrikaanse konstruksie, terwyl sinne (35) tot (37) voorbeelde is van die Nederlandse konstruksie.
(34) Ek is besig om die kos te maak.
(35) Ben jij bezig de krant te lezen?xii
(36) Ik ben bezig om mijn stukjes verder uit te werken.xiii
(37) We waren net bezig met eten.xiv
Uit die voorbeelde is dit duidelik dat die Nederlandse konstruksie vormlike variasie toon, terwyl
dieselfde vormlike moontlikhede nie ewe algemeen in Afrikaans bestaan nie. Die Afrikaanse
progressiewe perifrase vorm hoofsaaklik deur besig+om+te+V,9 terwyl die Nederlandse
konstruksie op drie wyses kan vorm, te wete bezig+te+V soos in (35), bezig+om+NOBJ+te+V
soos in (36) en bezig+met+V soos in (37) (vergelyk Geleyn 2010:1, Geleyn & Colleman 2014:57;
sowel as Breed 2012:106-112).
Behalwe vir onlangse werk gedoen deur Geleyn (2010) en Geleyn en Colleman (2014), het die
Nederlandse bezig-progressief nog nie veel aandag in die literatuur oor die Nederlandse progressief
gekry nie, aangesien dit skynbaar nie dikwels voorkom nie. Mortier (2008:9) bevraagteken selfs die
perifrastiese aard van die Nederlandse bezig-progressief. Die rede hiervoor kan waarskynlik
toegeskryf word aan die feit dat dié konstruksie sintakties nog ’n onvaste struktuur het.
The construction bezig zijn met is compatible with the innitive as well as with nouns (for
example ik ben besig met de was). It is, however, doubtful that this construction, as well as
its variants with met + innitive and te + innitive, is really periphrastic by nature. We
therefore chose not to treat them under the heading of verbal periphrases. (Mortier 2008:9)
9 Geleyn & Colleman (2014:66) vind in hul Afrikaanse korpus enkele voorbeelde van ’n progressief
wat vorm met besig+met+V en dui aan dat hierdie konstruksie ’n “marginale konstruksie” is. In die
TK-korpus word ses voorbeelde van hierdie konstruksie gevind, naamlik saam met die werkwoorde
[kos] aandra, [kos] kook, skilder, skryf en teken. Hoewel die resultate te min is om ’n duidelike
gevolgtrekking te maak rakende ’n moontlike gespesialiseerde gebruik van die konstruksie, is dit tog
opmerklik dat vier van die vyf werkwoorde kreatiewe handeling uitdruk.
721
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 54 No. 4: Desember 2014
Vanweë die frekwensie van die konstruksie (vergelyk Breed & Van Huyssteen voorgelê), sowel
as die vaste sinstruktuur, bestaan daar egter geen twyfel oor die perifrastiese aard van die Afrikaanse
besig-progressief nie. Die items waaruit die Afrikaanse besig-konstruksie bestaan, kan geanaliseer
word as VKOP + besig + om + te +VINF.
Die totstandkoming van die besig-progressief kan onses insiens toegeskryf word aan twee
gelyktydige taalveranderingsprosesse wat ’n invloed gehad het op die ontwikkeling van die
perifrastiese konstruksie, te wete die grammatikalisering van om te, asook die grammatikalisering
van besig.
Eerstens word die konstruksie om te in Afrikaans gebruik as deel van ’n doelwitskonstruksie
om aan te dui wat die doelwit of motivering is waarom ’n bepaalde aksie uitgevoer word,
byvoorbeeld (38). Terselfdertyd word om te in Afrikaans gebruik om die innitiewe werkwoord
in sommige sinne te merk. In (39) is bly die innitiewe werkwoord wat ingelei word deur om te
en gesmeek tree op as die hoofwerkwoord van die sin (Ponelis 1979:208). ’n Moontlike aeiding
wat gemaak kan word, is dat die doelwitkonstruksie om te, net soos die Engelse doelwitkonstruksie
to (vergelyk Hopper & Traugott 2003:2-3), verder gegrammatikaliseer het tot innitiefmerker:
(38) Ek kom om jou te help.
(39) Ek het hulle gesmeek om te bly.xv
Die tweede ontwikkeling wat relevant is vir die totstandkoming van die besig-progressiewe
perifrastiese konstruksie, te wete die grammatikalisering van besig, is egter moeiliker om aan te
toon. Dit behoort vanuit ’n diakroniese perspektief benader en gestaaf te word en aan die hand
van ’n diakroniese korpus getoets te word. Hierdie studie word egter vanuit ’n sinkroniese
perspektief aangepak en slegs ’n sinkroniese korpus is in hierdie studie gebruik. Daar is tans nog
geen voldoende Afrikaanse diakroniese korpus beskikbaar wat gebruik kan word om die historiese
ontwikkeling van die konstruksie aan te toon nie. Die ontwikkeling van besig tot progressiewe
merker, word daarom slegs as ’n hipotese aangebied. Hoewel ons besef dat die verandering
gradueel plaasgevind, gaan ons tog poog om dit aan die hand van vier onderskeibare fases te
illustreer.
Die adjektief besig word in sy leksikale betekenis gebruik om aan te dui dat ’n subjek “druk,
bedrywig”, “werksaam, aan die werk” is (Pharos 2009), soos in voorbeeldsinne (40) en (41):
(40) Los my uit, ek is besig!
(41) Ek is besig met die kos, dit is amper klaar.
In die leksikale gebruik is die besig-konstruksie kombineerbaar met ’n voorsetselstuk (byvoorbeeld
met die kos). Die is word geanaliseer as die koppelwerkwoord en die besig as die adjektiefstuk.
Dié konstruksie is hoofsaaklik beperk tot naamwoordelike konstruksies en nie oor die algemeen
kombineerbaar met werkwoorde nie (byvoorbeeld (42)), aangesien besig se leksikale gebruik
vereis dat die subjek besig moet wees “met iets”.
(42) Ek is besig met eet.10
10 Soos aangetoon in Voetnota 9, is daar wel enkele voorbeelde van die besig+met+V-konstruksie in die
TK-korpus te vinde, maar dit is nie ’n algemene konstruksie nie. Wanneer die handeling eet in die
progressief aangebied word, sal die verstekkonstruksie – afgelei uit die frekwensie en werkwoord-
kollokasies van beide konstruksies – eerder die besig om te-konstruksie wees as die besig met-
konstruksie. Verdere navorsing sou ook uitgevoer kon word om te bepaal wat die betekeniseffek van
die nominalisering van die werkwoord eet in die geval van besig met eet is en of dit eerder semanties
ooreenstem met die konstruksies besig+met+die+V+van+N (24 resultate in die TK-korpus,
722
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 54 No. 4: Desember 2014
In die volgende fase van ontwikkeling tot progressiewe konstruksie veralgemeen is besig om te
kombineer met die doelwitkonstruksie om te. Die konstruksie kry die letterlike betekenis “is besig
met die doel om te VINF”. Op hierdie stadium is die konstruksie dus kombineerbaar met VINF wat
uitdruk dat die subjek ten doel het om die aksie wat deur die werkwoord uitgedruk word, uit te
voer (byvoorbeeld (43)). Tydens hierdie fase het die eenheidstatus van is besig wel reeds begin
vorm en die proses van ouksiliëring het al begin.
(43) Ek is besig om te help.
Lett.: “Ek is besig met die doel om te help.”
Die derde fase van die ontwikkeling tot progressiewe perifrase, is naamlik dat die om te in die is
besig om te-konstruksie veralgemeen vanaf doelwitkonstruksie tot infinitiefmerker. Die
werkwoorde wat in die konstruksie gebruik kan word, is nie meer slegs werkwoorde wat die
doelwit van die subjek uitdruk nie, maar het veralgemeen tot enige werkwoord wat progressief
van aard kan wees, soos in voorbeeld (44):
(44) Die vuur is besig om te brand.
Lett.: *Die vuur is besig met die doel om te brand.
Die semantiese beperking van die Nederlandse bezig om te-progressiewe konstruksie word hier
vanuit ’n sinkroniese perspektief aangebied om die geldigheid van die gestelde hipotese te toets.
Die bezig om te-progressief, byvoorbeeld (36), is, in teenstelling met bezig te (byvoorbeeld (34))
en bezig met (byvoorbeeld (37)), semanties skynbaar beperk tot teliese situasies. In Nederlands
kan die perifrastiese konstruksie bezig om te VINF oënskynlik slegs gebruik word in situasies waar
’n resultaat verwag word, terwyl die ander twee variasies van die bezig-progressief ook met
aktiwiteitswerkwoorde kan kombineer. Die bezig om te-konstruksie is dus meer semanties beperk
as die Afrikaanse besig om te-konstruksie, aangesien laasgenoemde konstruksie met beide teliese
en ateliese situasietipes kan kombineer. Dit is dus waarskynlik moontlik dat daar ’n fase in die
ontwikkeling van die Afrikaanse besig-progressiewe konstruksie was, waar besig om te semanties
beperk was tot situasies waar ’n resultaat verwag word (dus teliese situasies).
In die vierde en laaste van die ontwikkeling tree die nuutgevormde perifrase is+besig+om+te
as ’n volledig-geöuksilieerde konstruksie op. Hierdie frase kan as ’t ware as ’n hulpwerkwoordstuk
gesien word met die funksie om aspektuele betekenis uit te druk. Hierdie fase is ’n direkte gevolg
van die semantiese verbleking wat in die derde fase van ontwikkeling plaasgevind het.
Die voorgestelde ontwikkeling van die besig-konstruksie tot perifrastiese progressiewe
konstruksie kan gevolglik geanaliseer word soos in Figuur 2:
byvoorbeeld Ons is besig met die bymekaarsit van die tydskrif) en besig+met+die+V-ing+van+N
(55 resultate in die TK-korpus, byvoorbeeld. Ek hou my besig met die opeenstapeling van klein
dingetjies), as met die besig om te-progressief (vergelyk ook Geleyn 2010:12-13 oor die nominalisering
van werkwoord in die besig/bezig-konstruksie).
723
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 54 No. 4: Desember 2014
4. SAMEVATTING
Die doel van hierdie artikel was om ondersoek in te stel na die wyse waarop die aan die- en die
besig-perifrastiese konstruksies tot stand gekom het. Daar is vanuit ’n grammatikaliserings-
perspektief aangedui dat die aan die-progressief, net soos die Nederlandse ewekniekonstruksie,
te wete die aan het-progressief, vanuit ’n lokatiewe leksikale konstruksie, naamlik ’n konstruksie
wat met die aan-voorsetsel vorm, ontwikkel het. Dit ondersteun Bybee et al. (1994) se hipotese
dat progressiewe konstruksies hoofsaaklik vanuit lokatiewe konstruksies ontwikkel. Daar is ook
aangetoon dat die twee besig/bezig-ewekniekonstruksies egter nie ’n lokatiewe oorsprong het nie.
Die leksikale oorsprong van besig as progressiewe merker stem verder ook nie ooreen met enige
van die alternatiewe leksikale oorspronge wat aangedui word deur Heine (1990) nie – dit is
gelykstellende sinne of bewegingswerkwoorde. Die ontwikkeling van besig tot progressief blyk
tipologies gesproke dus relatief uniek te wees. Die ontwikkeling kan onses insiens verklaar word
aan die hand van die leksikale betekenis van besig, aangesien besig as ongegrammatikaliseerde
adjektief op sigself ’n mate van progressiewe betekenis uitdruk.
In die artikel “Aan die en besig in Afrikaanse progressiwiteitskonstruksies: ’n korpusondersoek”
(Breed & Van Huyssteen voorgelê) fokus ons op die hedendaagse wyses waarop die twee konstruksies
gebruik word om progressiewe betekenis uit te druk. Die resultate van ’n korpusondersoek word
aangebied, om sodoende aan te toon hoe die konstruksies verskil in terme van i) frekwensie; ii) die
verhouding tussen leksikale en aspektuele gebruike van die konstruksie; iii) werkwoordkollokasies.
BIBLIOGRAFIE
Anderson, J.1973. An essay concerning aspect: some considerations.The Hague: Mouton de Gruyter.
Booij, G. 2003. In Ackerman, Blevins & Stump (eds). Paradigms and periphrases.Chicago: University of
Chicago Press, pp.79-104.
Booij, G. 2004. In De Schutter (ed). Taeldeman man van de taal, schatbewaarder van de taal. Gent: Academia
Press, pp.97-106.
Booij, G. 2008. In Bergs & Diewald (eds). Constructions and language change.Berlin: Mouton de Gruyter,
pp.81-106.
Booij, G. 2010. Construction morphology. Oxford: Oxford University Press.
Brandford, W. & Claughton, J.W. 1995. In Mesthrie (ed). Language and social history: studies in South
African sociolinguistics.Cape Town: David Philip, pp. 209-221.
Breed, C.A. 2012. Die grammatikalisering van aspek in Afrikaans: ’n semantiese studie van die perifrastiese
progressiewe konstruksies. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Noordwes-Universiteit.
Figuur 2: Reanalise tydens die ontwikkeling van die besig-progressief
VKOP VKOP
VKOP
VINF
Adjektiefspredikaat Gereanaliseerde Doelwit-
konstruksie
VTELIES
Gereanaliseerde Innitiefs-
konstruksie
Geöuksilieerde
werkwoordstuk
Fase 1 Hy is besig met die kos Fase 2 Hy is besig om te help
Fase 3 Die man is besig om te werk Fase 42 Die vuur is besig om te brand
724
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 54 No. 4: Desember 2014
Breed, C.A. & Brisard, F. Voorgelê. Hoe sit, staan en lê progressiwiteit in Afrikaans loop en uitdruk.
(ongepubliseerde artikel, voorgelê).
Breed, C.A. & Van Huyssteen, G.B. Voorgelê. Aan die en besig in Afrikaanse progressiwiteitskonstruksies:
’n korpusondersoek.(ongepubliseerde artikel, voorgelê).
Bybee, J.L. & W. Pagliuca, W. 1985. In Fisiak (ed). Historical semantics, historical word formation. The
Hague: Mouton de Gruyter, pp. 59-83.
Bybee, J.L., Perkins, R.D. & Pagliuca, W. 1994. The evolution of grammar: tense, aspect and modality in
the languages of the world. Chicago: University of Chicago Press.
Campbell, L. & Janda, R. 2001. Introduction: conceptions of grammaticalization and their problems. Language
sciences, 23(2-3):93-112.
Carstens, W.A.M. 1989. Norme vir Afrikaans. Pretoria: Academica.
Comrie, B. 1976. Aspect: an introduction to the study of verbal aspect and related problems. Cambridge:
Cambridge University Press.
Croft, W. 1990. Typology and universals. Cambridge: Cambridge University Press.
Den Boon, T. & Geeraerts, D. 2005. Van Dale Groot Woordenboek der Nederlandse Taal. Utrecht/Antwerpen:
Van Dale Lexicograe. http://www.vandale.be/opzoeken?pattern=aan&lang=nn [28 Maart 2012].
Garcia, H. 1990. In Andersen & Koerner (eds). 8th International Conference on Historical Linguistics, Lille,
30 August – 4 September 1987. Amsterdam: John Benjamins, pp. 141-161.
Geleyn, T. 2010. De progressieve constructies bezig zijn en besig wees: een contrastief corpusondersoek
Nederlands-Afrikaans. Ongepubliseerde MA-verhandeling. Universiteit Gent.
Geleyn, T. & Colleman, T. 2014. De progressieve constructies bezig zijn en besig wees: Een contrastief
corpusonderzoek Nederlands-Afrikaans. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 54(1):56-74.
Heine, B. & Reh, M.1984. Grammaticalization and reanalysis in African languages. Hamburg: Helmut
Buske Verlag.
Heine, B. 1990. In Pagliuca (ed). Perspectives on grammaticalization. Amsterdam: John Benjamins, pp. 255-
287.
Hopper, P.J. & Traugott, E.C. 2003. Grammaticalization. Cambridge: Cambridge University Press.
Langacker, R.W. 1977. In Li (ed). Mechanisms of syntactic change. Austin: The university of Texas Press,
pp. 57-139.
Lehmann, C. 1995. Thoughts on grammaticalization. 2nd ed. Erfurd: Arbeitspapiere des Seminars für
Sprachwissenschaft der Universität Erfurt.
Lemmens, M. 2003. In Newman (ed). The linguistics of sitting, standing and lying. Amsterdam: John
Benjamins, pp. 103-139.
Lemmens, M. 2005. Aspectual posture verb constructions in Dutch. Journal of Germanic linguistics,
17(3):183-217.
Lord, C. 1976. In Steever, Walter & Mufwene (eds). Papers from the parasession on diachronic syntax,
April 22. Chicago: Chicago Linguistic Society, pp. 179-191.
Michaelis, L.A. 2004. Type shifting in construction grammar: an integrated approach to aspectual coercion.
Cognitive linguistics, 15(1):1-67.
Mittwoch, A., Huddleston, R. & Collins, P. 2002. The clause: adjuncts. In Huddleston & Pullum (eds). The
Cambridge grammar of the English language. Cambridge: Cambridge University Press, pp. 663-785.
Mortier, L. 2008. An analysis of progressive aspect in French and Dutch in terms of variation and
specialization.Languages in contrast, 8(1):1-20.
Pharos Verklarende Afrikaanse Woordeboek. 2009. Besig. Pharos aanlyn woordeboek. www.pharosonline.
co.za [31 Julie 2013 geraadpleeg].
Ponelis, F.A.1979. Afrikaanse sintaksis. Pretoria: Van Schaik.
Raidt, E.H. 1972. Afrikaans en sy Europese verlede. Kaapstad: Nasou Beperk.
Rhee, S. 2008. Cognitive semantic representation of instrumentals: crosslinguistic and grammaticalization
perspectives. Studies in modern grammar, 54:123-146.
Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. 2011. Taalkommissiekorpus 1.1.
Noordwes-Universiteit: CTexT.
Traugott, E.C.1978. On the expression of spatio-temporal relations in language. Greenberg (ed). Word
structure. Stanford: Stanford University Press, pp. 369-400.
725
Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 54 No. 4: Desember 2014
Van Pottelberghe, J. 2002. Nederlandse progressiefconstructies met werkwoorden van lichaam. Nederlandse
taalkunde, 7:142-174.
Van Veen, P.A.F. & Van der Sijs, N. 1997. Van Dale etymologisch woordenboek. Utrecht: Van Dale
Lexicograe.
Weinreich, U.1963. On the semantic structure of language. In Greenberg (ed). Universals of language.
Cambridge: MIT Press, pp. 142-216.