ArticlePDF Available

Waarheid en betekenisgelaagdheid 1

Authors:

Abstract

Truth and layers of meaning An evaluation of an individual's contribution towards theology needs to be placed against the backdrop of the story of faith and theology. In this case it would be the story of religious and theological truth, taking it up in the early Christian Church with the example of the descensus. That showed a plurality of fundamental expressions of faith, as well as a plurality of the forms in which truth is expressed and layered reality of meaning which progressively became unveiled in history. Although this diversity and process was halted by the modern rationalistic intermezzo of the Enlightenment which reduced it to logical, rational and verifiable eternal truths, it gradually reappears in various forms of post-modern thought. It is part of the exciting story of faith and theology in our own time.
Waarheid en betekenisgelaagdheid
1
D A Du Toit
(Universiteit van Stellenbosch)
ABSTRACT
Truth and layers of meaning
An evaluation of an individual’s contribution towards theology needs
to be placed against the backdrop of the story of faith and theology.
In this case it would be the story of religious and theological truth,
taking it up in the early Christian Church with the example of the
descensus. That showed a plurality of fundamental expressions of
faith, as well as a plurality of the forms in which truth is expressed
and layered reality of meaning which progressively became unveiled
in history. Although this diversity and process was halted by the
modern rationalistic intermezzo of the Enlightenment which reduced
it to logical, rational and verifiable eternal truths, it gradually
reappears in various forms of post-modern thought. It is part of the
exciting story of faith and theology in our own time.
1 INLEIDING
Die Kuratorium van die Ned. Geref. Kerk aan die Fakulteit Teologie
van Pretoria moet van harte gelukgewens word met die instelling
van die Johan Heyns-gedenklesing. Vir my is dit ‘n baie groot eer en
voorreg om op hierdie wyse daaraan deel te hê. Die meriete vir die
instelling van so ‘n gedenklesing is sonder meer duidelik en setel in
die persoon en werk van ‘n hoogs gewaardeerde kollega. Waar ‘n
mens in ‘n artikel soos hierdie meer oorsigtelik en bevatlik na enkele
aspekte van die storie van geloof en teologie wil kyk, kan jy nie
anders nie as om tog te dink aan wat Johan Heyns nog sou kon
bygedra het, veral met sy passie vir die teologie, sy energie en
werkvermoë, sy belesenheid en verbluffende vermoë om altyd weer
tyd te vind vir besinning en publikasie. My bydrae is ‘n baie beskeie
poging tot ‘n huldeblyk aan hierdie vriend en kollega, aan die baie
aangename herinnering aan ons kollegaskap en die jare saam (veral
1 Hierdie artikel het oorspronklik gedien as eerste Johan Heyns-
gedenklesing wat op 23 Mei 2005 gelewer is in die Fakulteit Teologie van die
Universiteit van Pretoria. Die outeur is emeritus professor in die Sistematiese
Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch.
WAARHEID EN BETEKENISGELAAGDHEID 488
die sewentigs en tagtigs van die vorige eeu) in die stryd om kerk en
politiek, AKLAS, Kerk en Samelewing, asook in academia.
2 DUIDELIKHEID, WETE EN KONTROLE
Die storie van geloof en teologie, en dus ook van kerkwees, was nog
altyd intiem verweef met die kwessie van waarheid en daarom ook
met die aard en verskeidenheid van religieuse uitsprake. Die vertel
van dié storie word ‘n speurtog na die struktuur en modelle van
teologisering en teologiese uitleg, die hermeneutiek van historiese
interpretasie en die bronne en grondvorme van geloofsuitsprake.
Die Heidelbergse Kategismus (vraag en antwoord 21) beskryf
‘n ware (dit gaan dus om die waarheid) geloof as ‘n vasstaande
kennis en ‘n vaste vertroue wat onderskeidelik slaan op die openba-
ring in die Skrif en die verlossende werk van die drie-enige God. In
die lig van die huidige debat rondom die teologie en die postmoder-
nisme sou ‘n mens hierdie uitspraak van 1563 as ‘n merkwaardige
formulering kon beskryf. Daarmee word die waarheid nie alleen op
die kennis betrek nie, maar ook op die vertroue. Die voorkoms van
soortgelyke begrippepare in die storie van die Christendom is welbe-
kend: rede en geloof, wetenskap en godsdiens, duidelikheid en wete,
aantoonbaarheid of aanvaarding, verstaan en glo, verstaan en weet,
rede en intuïsie, dogma en liturgie en selfs Grieks en Hebreeus. Die
meestal eksklusiewe situering van die waarheid aan die een óf ander
kant was telkens van beslissende betekenis vir geloof, teologie én
kerk. Veral ook omdat dit verstrengel geraak het met die immer en
universele strewe van die mens na beheer, kontrole en mag.
‘n Mens sou naamlik die geskiedenis van die mensheid kon
beskryf as die geskiedenis van die mens se strewe om te oorleef.
Oorlewing het afgehang van die mens se vermoë om beheer of
kontrole te verkry oor die faktore wat daardie oorlewing bedreig het.
Teenoor die natuur se bedreiging het die mens ontwikkel in ‘n homo-
oecumenicus en technologicus, teenoor die bedreiging van ander
mense in ‘n homo politicus, en teenoor die bedreiging van God/gode
in ‘n homo religionis. ‘n Rewolusie teen God/gode, hetsy in die
paleis óf die tuin, was teen die goddelike almag onhaalbaar.
Gedwonge om God/gode te dien, sou juis dit, naamlik die godsdiens,
die middel word om ‘n sekere kontrole oor God/gode te verkry. Die
geskiedenis toon duidelik hoedat die kontrolemeganismes van
tegnologie, ekonomie, politiek en godsdiens telkens die oer-instink
van die mens tot mag en kontrole sou dien.
ISSN 1609-9982 = VERBUM ET ECCLESIA JRG 27(2)2006 489
3 TEOLOGIESE EN ANTROPOLOGIESE GRONDVOR-
ME VAN RELIGIEUSE UITSPRAKE
Wat die godsdiens betref was die vroegste vorme van godsdienstige
uitsprake oorwegend oorgelewerde
rituele: danse, sang, mimiek,
magiese voorstellings, geykte besweringsrituele ens, ondersteun deur
oorsprongsverhale, mites en stories. Dit is opmerklik hoe sprekend
en belangrik hierdie rituele nog in die Ou Testament is, en op watter
wyse dit in ‘n mindere of meerdere mate in die onderskeie
Christelike tradisies voortleef. Rituele en liturgie behoort tot die
oervorme van godsdienstige spreke – daarsonder sou “die waarheid”
onvolledig wees.
Vanweë die kritiese vormingsjare van die jeugdige Christen-
dom in die Grieks-Hellenistiese wêreld, sou die
redelike of rasionele
uitbouing van hulle geloof mettertyd ‘n besondere sterk klem ont-
vang, met name in die Westerse deel van die kerk, soms tot so ‘n
mate dat liturgie en ritueel byna tot volledige swye gebring is. Vir
minstens die eerste ± 150-200 jaar n C was die grondvorm van reli-
gieuse uitsprake egter nog nie rasioneel-dogmaties van aard nie. Die
sentrale grondvorm was die gebed, ‘n direkte en persoonlike dimen-
sie van spreke met die fasette van bieg, bely, dank, aanbid en lofprys
– ‘n doksologiese diens aan God (latreia). Tweedens was daar die
grondvorm van getuienis, met al die fasette van verkondiging, sen-
ding, kategese, paranese, oorlewering, onderrig en belydenis –
dikwels in geykte formules.
Edmund Schlink (1961:24-80) oordeel dat die inhoud van die
evangelie hoofsaaklik in veral vier
grondvorme van religieuse
uitsprake voorkom, naamlik gebed, getuienis, doksologie en leer.
Hierdie uitsprake of geloofsantwoorde word dan op ‘n unieke wyse
in die geloofsbelydenis gekonsentreer sodat dit soms saamval. In die
lees daarvan moet nietemin die oorspronklike vorm ontsyfer word,
anders kan dit maklik gebeur dat die verskeidenheid verlore gaan en
al die uitsprake dan in terme van slegs één daarvan verstaan word.
Die gevolg is onvermydelik ‘n morfologiese en inhoudelike skeef-
trekking en verarming. Die Apostolicum, byvoorbeeld, as oorspronk-
lik die belydenisakte aangaande die inhoud van die evangelie mét
die verskillende religieuse grondvorme daarin vervat, is dikwels later
verarm tot ‘n leer óór die belydenis. Die grondvorm van die getuie-
nis (gesprek, verhaal, gelykenis, onderrig, vertelling) sou op soort-
gelyke wyse verskraal kan word tot polemiek of apologetiek. Die
grondvorm wat egter in die geskiedenis die meeste verarm en uitge-
WAARHEID EN BETEKENISGELAAGDHEID 490
hol is, is die doksologie. Hierdie uitsprake, in die vorm van syns-,
wesens- en eienskapsuitsprake waarmee God aanbid, geloof en
geprys word, is dikwels gestol, gevries en gefossileer tot dogmatiese
of metafisiese uitsprake óór God.
Daarbenewens is daar ook algemene
antropologiese grond-
vorme van uitsprake wat as blywende kennismatige, logiese, wêreld-
beskoulike, sosiologiese, linguïstiese en ander hebbelikhede mee-
speel in die formele raamwerk en inhoude van religieuse uitdruk-
kings. Vereensydiging en vertekening kan ook hier plaasvind,
byvoorbeeld wanneer ‘n veelheid van uitsprake in een grondvorm,
byvoorbeeld die logies-rasionele geforseer word. ‘n Belangrike
faktor wat hier bykom is die feit dat ‘n bepaalde grondvorm soos die
logies rasionele gebruik kan word om ‘n sekere mag of kontrole te
bekom in ‘n bepaalde opset.
Die belangrike punt is egter dat die veelheid van grondvorme
van religieuse uitsprake
verskillende gestaltes van die waarheid
meebring. Dit hang op sy beurt saam met die verskynsel dat bene-
wens die (sê maar) horisontale verskeidenheid van gestaltes die
waarheid ook ‘n (sê maar) vertikale gelaagdheid kry wat op verskil-
lende tye ontsluit word. Alleen al hierdie opset maak die “openheid”
en “onafgehandeldheid” van enige waarheid duidelik sonder om
hoegenaamd die geldigheid daarvan te ontken. Die interpretasiege-
skiedenis van die
neerdaling ter helle is ‘n baie goeie voorbeeld (Du
Toit 1971). Toe ek 35 jaar gelede hierdie stuk navorsing voltooi het,
was ek hoegenaamd nie bewus van die volle implikasies van
sommige resultate nie – was daar ook ‘n waarheidsgelaagdheid ter
sprake wat eers met tyd onthul sou word?
Op daardie stadium was die kerklike belydenisskrifte sterk in
die gedrang en die vraag of die Heidelbergse Kategismus korrek was
in sy uitleg van die descensus was maar één van die vrae. Maar
veral: wat maak die descensus in die Apostolicum as die enigste
artikel wat nie op Skrifgronde gebaseer is nie? Dit was duidelik dat
die vroegste oorsprong en ontwikkeling daarvan in detail nageloop
sou moes word.
Voorbeelde van sulke neerdalings kom by feitlik alle vroeë
godsdienste en kulture voor en weerspieël die mens se nuuskierig-
heid oor die dood, verlange na ‘n afgestorwene ens, maar veral die
universele worsteling met die dood as lewenseinde wat effektief alle
mag, kontrole en beheer beëindig. Dit vind neerslag in dramatiese-,
ISSN 1609-9982 = VERBUM ET ECCLESIA JRG 27(2)2006 491
epiese-, digterlike- of himniese stof met die yking van almags- en
patos-formules wat ook kultuurgrense oorsteek (Du Toit 1971:46v).
Ten spyte van die oorvloedige voorkoms daarvan reg rondom Israel
word dit nêrens in die Ou Testament opgeneem nie (Du Toit
1971:63v). En ten spyte van die sterk opbloei daarvan in die Joodse
apokaliptiek met veelvuldige doderyksdetail en skouspelagtige
beskrywings word dit ook nêrens in die Nuwe Testament opgeneem
nie (Du Toit 1971:85v). Die gebruik van 1 Petrus 3:19 en 4:6 in
hierdie verband sou eers eeue later opduik – teksgedeeltes wat tans
deur min kenners as van toepassing op die descensus beskou word.
Die Bybel is klaarblyklik nie geïnteresseerd in die mens se eie
pogings om self ‘n finale kontrole of mag oor die dood te verkry nie.
Die begeerte daartoe is egter altyd en universeel, wat ook
verklaar waarom die
apokriewe met doderyksdetail en neerdalings in
die vroeë Christendom so wyd bekend en hoogs gewild was.
Hieronder val 1 Henog, die Baruch-apokalips, 4 Esra, die pastor van
Hermas, die Openbaring van Petrus, die Petrusevangelie, Odes van
Salomo, Oracula Sibyllina e.a. Hierdie geskrifte toon sterk Oosterse
invloede van spreke en denke, naamlik ‘n eenheidsdenke en ‘n
funksioneelgerigte voorstellingswyse as uitdrukking van eksisten-
siële en religieuse inhoude in poëties-profetiese taal wat gemaklik
logiese en rasionele teenstrydighede (nl volgens Westerse- of
Griekse denke) langs mekaar kan behou. Daarteenoor kom die
descensus, in navolging van die Bybel, nêrens in formele of kerklike
geskrifte, of in enige credomateriaal of “leerstellige” materiaal voor
nie (vgl die werk van Ignatius, Polycarpus, Justinus, Irenaeus en die
Epistula Apostolorum). Die heelwat later “teologiese” verwerking
daarvan deur Clemens en Origenes het sulke ongelukkige gevolge
gehad vir die Bybelse betekenis van die evangelieverkondiging,
kruis en opstanding dat dit nie navolging gevind het nie (Clemens en
Origenes was die eerstes wat die Petrus-tekste gebruik het) (Du Toit
1971:131v). Klaarblyklik besit die descensus ‘n onvertaalbaarheid in
Westerse dogmatiek.
Die
grondvorme waaruit dit voorkom is deurgaans van
liturgies-himniese, retoriese of plegtige homiliestyl met gaandeweg
min of meer vaste liturgiese of doksologiese formules (Altaner &
Stuiber 1966:89 noem dit die “asianische Kunstprosa”). Die
bronne
is ‘n groot verskeidenheid van preekstof, verse, himnes en ander
digterlike stukke tot mities-getinte en dramatiese monografiese
roman-literatuur wat gerig is op effektiewe belewing en religieuse
WAARHEID EN BETEKENISGELAAGDHEID 492
patos. Dit is deurgaans fantasieryk, skouspelagtig, visioenêr en sou
vir meer as ‘n duisend jaar in hierdie vorm in die Christendom
voortbestaan, veral in die uiteindelike apokaliptiese tekening van ‘n
geweldige stryd en oorlogsgeweld met die grootse oorwinning van
Christus in die onderwêreld.
Dit was
Gustaf Aulen wat in sy intussen klassiek geworde
“Christus Victor” (Aulén 1969) op die betekenis hiervan gewys het.
Teenoor die veel latere idees van Anselmus en Abelardus noem hy
dit die “klasieke” opvatting van die versoening, die eintlike tipies
Christelike gesigspunt as ‘n dramatiese voorstelling wat tot in die
Middeleeue aanvaar is, waar dit nie gaan om óf God se versoening
óf die mens se individuele versoening nie, maar om die kosmiese
redding van die wêreld in ‘n grootse oorwinning oor die magte van
sonde en dood. Hy is oortuig dat dit ook die agtergrond vorm van die
Nuwe Testament (Aulén 1969:4v), maar veral ook dat dit die model
was wat deur Martin Luther gebruik was (Aulén 1969:14,101v, 143).
Klaarblyklik val die descensus ook geheel
buite die spannings-
veld van ortodoksie-kettery. Die ontwikkeling van die descensus-
voorstellings toon ‘n bykans eindelose stroom van variasies, weg-
latings, byvoegings en selfs verrassings, soos die descensus aposto-
lorum of neerdaling van die apostels, en selfs op ‘n keer ook van
Maria – dit alles klaarblyklik sonder die geringste vrees vir ‘n aan-
klag van kettery. Dit is merkwaardig in ‘n tyd toe ‘n enkele i die
verskil tussen ortodoks en ketters kon beteken! Almal betrokke het
klaarblyklik aanvaar dat dit nie ‘n kwessie van leer of dogma was
nie. Wanneer dit in 359 (Du Toit 1971:195v) bykans volkome geruis-
loos in die credo opgeneem word (die vierde formule van Sirmium)
bly dit ewe geruisloos daar. Die eerste kommentaar daarop as deel
van die leer (Rufinus van Aquileja) vyftig jaar later verklaar dit
eenvoudig net as ‘n sinoniem vir sterf. Daar kan geen dogmatolo-
giese leerstellige, polemiese of apologetiese gronde vir die opname
aangetoon word nie. Dit het op geen moment klaarblyklik enige
geloofskritiese rol gespeel nie en figureer glad nie in die debat en
argumente van die groot stryd van daardie tyd nie, te wete. die
Christologiese en trinitariese stryd tussen die Oosterse en Westerse
dele van die kerk. Dit word aanvaar dat Sirmium 359, wat wesenlik
‘n versoeningspoging in die stryd was, enige kontensieuse saak sou
vermy, maar juis die invoeging van ‘n samebindende en versoenende
artikel sou aanvaar. Die descensus was juis so ‘n artikel omdat dit
beide in die Ooste én die Weste ‘n baie bekende, geliefde en alge-
ISSN 1609-9982 = VERBUM ET ECCLESIA JRG 27(2)2006 493
meen aanvaarde stuk geloofsbesit was wat totaal buite die
dogmatiese twiste gestaan het.
Maar wat het dit beteken? Die ontwikkelingsproses wat die
descensus in die vroeë eeue van die Christendom deurgemaak het
toon ‘n gelaagdheid van betekenis (Du Toit 1971:114v). Van die
direkte en eenvoudige betekenis van ‘n sinoniem vir sterwe of dood,
dit wil sê dat Jesus in die doderyk was, ontwikkel dit tot ‘n pole-
miese aanduiding van die egtheid van sy dood teenoor dosetisme en
gnostisisme. Dit is daarom ook ‘n aanduiding van die egtheid en
waarheid van die opstanding. Die betekenislae sou juis in verband
met Jesus se heilswerk gesien word. Eerstens bied dit ‘n verklaring
van die lot van die Ou Testamentiese vromes in die doderyk. Hier
vind ons ook mettertyd ‘n ontwikkeling: aanvanklik is dit net die
blote aankondiging van die feit dat die heil gekom het. Dit word later
meer volledig prediking (soos tydens Jesus se aardse lewe). Dit
neem egter ‘n langer tyd voor dit ontwikkel in heils- en bekerings-
prediking, wat later selfs die doop sou insluit. Dit gedagte van die
bevryding van die gelowiges in die doderyk was eweneens aanvank-
lik slegs die aankondiging van hierdie (eskatologiese) vryheid, maar
word mettertyd ‘n werklike bevryding uit die doderyk. Daarmee
saam ontwikkel ook die strydmotief (aanvanklik geweldloos) maar
uiteindelik ‘n volskaalse oorlog tussen engele en duiwels, waarmee
(veral in die vierde eeu) die oorwinningsmotief skouspelagtige vorm
gegee word. Jesus neem die dood op hom om dit as’t ware van binne
af oop te breek. Die kosmiese omvang van Jesus se werk word ook
so geteken: nie alleen die hemel en die aarde nie, maar ook die
onderwêreld val onder Christus se heerskappy.
So word die descen-
sus ‘n eskatologiese doksologie wat die hele kosmos, alle gelowiges
en alle finale lewensvrae insluit.
Te midde van al hierdie ontwikkelinge by die leerstellige
betekenis daarvan deurgaans slegs die sobere feit dat Jesus gesterf
het. Hier is dit sy opstanding (en nie die descensus nie) wat die teken
van sy oorwinning is (1 Kor 15). Daarmee is die gelaagdheid en
veelvormigheid van betekenis en waarheid duidelik, direk in verband
met die verskeidenheid van grondvorme van religieuse uitsprake.
Martin Luther is ‘n treffende bevestiging hiervan. Hoewel hy
lewenslank onseker was hoe om die descensus dogmaties te hanteer,
kon hy in die Paaspreek van Torgau die neerdaling beskryf in
dieselfde fantasieryke skouspelagtigheid van die ou tradisie: die
groot stem wat uitroep, die poorte wat verkrummel en Jesus wat met
WAARHEID EN BETEKENISGELAAGDHEID 494
die vaandel in die onderwêreld inmarsjeer, soos ons by Aulén gesien
het. Toe hy spoedig daarna gevra is of dit nou alles werklik só
gebeur het was sy antwoord “das weis ich warlich nicht” – dit was
nie dogmaties bedoel nie. Wel was dit duidelik bedoel as (narratie-
we) waarheid om “dem groben Volk kindlich und einfältiglich” die
grootsheid en betekenis, die waarheid, van Jesus se oorwinning
duidelik te maak. In dogmatiese taal, sê Luther, het Jesus nêrens
heen afgedaal nie. Die waarheidsgehalte van beide bly behoue
(Vogelsang: Luthers Torgauer Predigt, aangehaal by Du Toit 1971:
17v). Die waarheid is méér as net die logies-rasionele vorm daarvan.
Laasgenoemde kan selfs die waarheid verydel (vgl Natan se storie
aan Dawid, 2 Sam 12, en Jesus se gelykenisse).
DIE AUFKLÄRUNG EN MODERNITEIT
Die Aufkläring sou hierin ‘n ingrypende verandering aanbring. Die
begin daarvan word meestal verbind met die Cartesiaanse “Cogito
ergo sum”, dit wil sê met die radikale metodologiese twyfel as die
beginpunt van alle kennis en waarheid. Hierdie rasionalisme word
later aangedui as die tydvak van die modernisme of moderniteit, toe
alle wetenskappe, ook die teologie, dit sou aanvaar as die korrekte.
Ten spyte van Calvyn (Deus dixit) en Luther (theologia crucis) het
die rasionalistiese metode vroeg reeds beide tradisies oorheers. Dit
sou al moeiliker word om nog iets te begryp van die pre-moderne
waarheidsbegrip teenoor die geweldige pretensie en magsgreep van
die rasionalisme. Dit is egter foutief om te redeneer dat die
modernisme eensklaps die rede ontdek het. In die pre-moderne tyd
was mense deeglik bewus daarvan. Gregorius Nazianzus (vierde
eeu) kla juis nà een van sy orasies oor sommige van sy teenstanders
wat dink alles in die Christelike geloof is bloot ‘n kwessie van
logies-rasionele deduksie.
Daarvolgens is die waarheid absoluut en ewig, buite die tyd,
onveranderlik en toeganklik slegs vir die rede van die outonome
denkende subjek. Dit trek ‘n streep deur twee fundamentele kompo-
nente van die historiese Christelike geloof en waarheidsbeskouing,
naamlik eerstens die storie as die éérste roete tot die waarheid (nou
word dit gediskrediteer as fiksie en nie as empiries-wetenskaplik
waar nie) en tweedens die moederbedding en draer van die narratief
en tradisie, te wete die gemeenskap van gelowiges (wat vervang
word met die denkende individuele subjek). Die Skrif word benader
met ‘n eksaktheidseis (Alister McGrath: “military precision”, soos
aangehaal by Green 2003:18), wat geen ruimte laat vir verskille,
ISSN 1609-9982 = VERBUM ET ECCLESIA JRG 27(2)2006 495
gelaagdheids-betekenisse, waarheidsgestaltes, paradokse of misterie
nie. Daarmee word die realistiese Bybelse narratief geheel misken in
wat Hans Frei “The Eclipse of Biblical Narrative” noem as ‘n titel
van ‘n boek van hom (Frei 1974:1994). Dit, naamlik die Bybel, word
‘n naslaanwerk en referensiepoel vir dogmaties-rasionalisties stel-
lings aangaande die absolute waarheid. Hierdie metode sou byna
onbeperkte mag en kontrole in die hand gee. Kevin Vanhoozer skryf:
“Modern thought was characterized by a drive for certitude, univer-
sality and perhaps, above all, mastery” (Vanhoozer 2003:8), ‘n “all-
compassing mastery of reality” waarvoor jy dan ook spoedig ‘n
“masters degree” ontvang omdat jy deel in die moderne metanar-
ratief of “master story”. Die universele waarheidseise is egter
eenvoudig maskers vir die ideologie van wil tot mag.
So ontstaan die illusie dat menslike beperktheid oorkom word
in die daarstel van absolute waarhede wat as’t ware ‘n “God’s-eye
point of view” is. Juis dit gee omvattende mag en kontrole, soveel so
dat die een element van geloof, naamlik vertroue, volledig deur die
kennis oorbodig gemaak word.
Die evangelie word gelees in terme van ‘n epifaniemodel waar-
deur God buite die tyd geplaas word en individue uit hierdie wêreld
weggeroep word “to contemplate the eternal thoughts of reason”
(Moltmann 1993:49) agter die evangelie en om dit dan kognitief te
aanvaar. Die kerk word by uitstek die bewaker van leerstellige
suiwerheid, dit wil sê absolute waarhede – in ‘n sekere sin die histo-
riese hoogtepunt van mag en kontrole.
5 ETIESE EKSKURS I
Met hierdie ontwikkeling is die eerste faset (en vir dié tyd die
enigste) van teologies-etiese aktiwiteit vasgelê. In ‘n rasionele
wetenskapsdiskoers word waarhede teoreties geïdentifiseer en wat
die etiek betref sou hoogstens, op dieselfde wyse en in dieselfde
diskoers, bepaalde waardes en norme aangedui kon word. Daar was
weinig appèl op die gewone lewe. Die in die lewe en narratief
gesitueerde huistafels van morele optrede in die premoderne tyd is as
onwetenskaplik verwerp: die “eclipse of biblical narrative” was ook
die “eclipse of narrative ethics”. In academia het dit ‘n ivoortoring
geword, ‘n geïsoleerde wetenskapsbedryf wat daarom juis ‘n
tydverdryf geword het tot nog in die twintigste eeu waar geleerdes
vir mekaar geleerde artikels in wetenskaplike tydskrifte skryf.
Parallel hiermee het daar ‘n depresiasie of afskaling van die rol van
WAARHEID EN BETEKENISGELAAGDHEID 496
die Skrif, belydenisskrifte en die Heilige Gees plaasgevind. Die
logos van die moderniteit het die Bybelse theos vervang (Tracey
1994:41).
6 DIE OORGANG
Die era van absolute tydlose waarhede het, agteraf besin, sy einde in
homself gedra van die begin af. Die skeppingsmatige beperktheid
van die mens, wat die modernisme ten alle koste wou oorwin, sou
nooit ad infinitum die illusie van absolute waarhede en absolute
kontrole kon volhou nie. Histories het die aanspraak op absolute
waarhede gelei tot kerklike triomfalisme, ‘n onkeerbare reeks van
kerkskeurings en ‘n pluraliteit of pluralisme van soms sterk botsende
absolute waarhede. Teen 1980 was daar alleen in die VSA 2050
verskillende kerke wat uit die Protestante voortgekom het.
In die 19de eeu sou die eerste veranderinge begin uittree.
Green (2003:74) sien dit reeds in die triades in die filosofie van
Hegel. Jüngel (1983:146v) sien die logiese uiteinde van die Cogito-
geïnspireerde absolute waarhede in die denke van Nietzsche: die
dood van God is die dood van die God van die modernisme en in
feite die aankondiging van die postmodernisme, ‘n vernuwing wat
egter eers in die 20e eeu filosofies verder gevoer sou word deur
Heidegger, Jaspers, Sartre, Wittgenstein, Foucaalt, Lyotard, Derrida,
Levinas en andere. Teologies gesproke was die teologiese
liberalisme in Europa in die tweede helfte van die 19de eeu alreeds
‘n duidelike simptoom daarvan. Dit sou egter eers met die optrede
van Karl Barth ‘n antwoord vind in wat soms die neo-ortodoksie
genoem word (Green 2003:97-104). In sy Römerbrief breek hy met
beide Cogito-denke en die liberalisme op ‘n wyse wat Green ‘n
antisipasie op die postmodernisme sien. Barth erken beide die
histories-kritiese metode én die inspirasie van die Skrif, maar
handhaaf ook die wese van die Kierkegaardiaanse geloofsprong,
naamlik dat geloof nie op rasionele gronde verdedig kan word nie.
Die vertrekpunt vir die teologie is die groot kloof tussen mens en
God en die feit dat dit God is wat die inisiatief neem. Daarmee het
hy die fondamente van die modernisme, naamlik die ontoteologiese
orde en die outonome menslike rede uit die spel geneem en finaal
absolute kontrole en magsteologie prysgegee.
7 EKUMENE EN “SOCIAL GOSPEL”
Hierdie twee verskynsels aan die begin van die 20ste eeu was
eweneens ‘n aanduiding dat die era van absolute ewige waarhede bo
ISSN 1609-9982 = VERBUM ET ECCLESIA JRG 27(2)2006 497
en buite die tyd aan die verbygaan was. Die opkomende ekumeniese
beweging, aanvanklik as internasionale sendingkonferensie, het in
die teenoorgestelde rigting beweeg as die sig immer voortplantende
triomfalisme en skeurings. Die “social gospel” as ‘n steeds sterker
aandrang daarop dat die evangelie nie net tydlose waarhede vir die
individu se saligheid bevat nie, maar ook qua inhoud vra om in die
tyd, op aarde, in menslike sosiale strukture verwesenlik te word, het
eweneens presies in die teenoorgestelde rigting as die modernisme
beweeg.
8 ETIESE EKSKURS II
Met name die “social gospel” het daartoe bygedra dat mettertyd
oorgegaan is tot die (her)vestiging van die (histories tweede maar
logies) derde fase van die teologies-etiese aktiwiteit. Dit was naam-
lik as onvoldoende ervaar dat die absolute religieuese waarhede en
die morele waardes daaraan ontleen slegs in ‘n teologiese weten-
skapsdiskoers ivoortoringagtig vasgelê word in academia se tyd-
verdryf. Gedurende die 20ste eeu sou die kwessie van geloofwaar-
digheid steeds sterker word, terwyl die groeiende plurale situasie in
die glystroom van die ekumeniese beweging die voorheen vanself-
sprekende invloed van enkele hoofstroomkerke sou ondermyn.
Die eis was steeds sterker gehoor én gevoel dat die verkondig-
de Christelike waardes en moraal óók moes realiseer in die breë
daaglikse samelewing van menslike aktiwiteite en strukture. So ‘n
ontwikkeling was natuurlik nie moontlik voordat mense bewus
geword het van die steeds sterkerwordende proses van sekularisasie
nie. Nou word gevra dat nuwe standaarde in die samelewing geves-
tig moet word (vanweë juis die sekulêre toestande sou nie sonder
meer van Christelike waardes gepraat kon word nie). Dit sou uitloop
op die menseregtebeweging en groepe soos die Moral Rearmament,
maar kerke is ook ingesluit onder die groep. Aangesien dit alle
mense en gelowe moes akkommodeer het dit in die praktyk gelei tot
‘n etiese minimalisme, gemeet aan die finale norm van haalbaarheid
op die publieke markplein, sodat naas die akademiese tydverdryf as
eerste aktiwiteit daar nou ook ‘n sosiale etiese markbedryf ontstaan
het.
9 DIE POST-MODERNISME
In hierdie gedeelte gaan dit slegs om die aanduiding van bepaalde
tendense en temas sonder enige teologiese of filosofiese evaluering
daarvan. Daar was dus baie tekens dat die modernisme agterhaal
WAARHEID EN BETEKENISGELAAGDHEID 498
was. Dit het tot op hierdie dag egter nie verdwyn nie. Daar is steeds
mense wat hulle geloof nie anders kan interpreteer as in evidente,
ewige en absolute waarhede nie. In reaksie op die verswakking van
die Cogito-model wat sonder meer uitgemaak is as teologiese libe-
ralisme (“alles op losse skroewe”) het verskillende behoudende
groepe begin werk met wat hulle as “fundamentals” beskryf het,
waaronder die letterlike foutloosheid van die Bybel. Die wyse
waarop hulle dit gedoen het, het egter eerder bygedra tot ‘n afswak-
king van die gesag van die Bybel, die ware aard van die geloof en
die rol van die Heilige Gees. Dit sou in elk geval nie die opmars van
die postmodernisme stuit nie.
Die postmodernisme wat van die tweede helfte van die 20ste
eeu op gang gekom het, kan losweg beskryf word as ‘n korreksie op
die modernisme. In die eerste plek is waarheid veelvormig/relatief,
want die uitgangspunt is nie meer die suiwer denkende subjek met
toegang tot tydlose, ewige absolute waarhede nie. Wat ons weet (die
waarheid) is linguïsties en dus kultureel en sosiaal gevorm – die
waarheid word nie hier buite gevind nie en indien wel, is dit volledig
dekonstrueerbaar. Die sogenaamde universele en objektiewe waar-
hede van die modernisme is ‘n magspel wat een bepaalde standpunt
wil verabsoluteer. Hulle oordeel dat ons nie kan dink (wat sê wat
praat) sonder taal nie: daar is niks buite die teks (konteks) nie. Daar
is nie ‘n “raw prelinguistic experience” nie. Taal is die voorwaarde
vir denke, in feite konstrueer dit die wêreld, waarmee die pluraliteit
in opvattings aangedui word, juis as basis vir die dekonstruksie van
alle totaliserende narratiewe (metanarratiewe). Vir baie mense sou
hierdie “centrelessness” dui op ekstreme individualisme en relati-
visme.
10 EN DIE TEOLOGIE?
Die teologie was nie onberoerd gelaat nie, om dit sagkens te stel.
Alle teologie word nou voor die dilemma geplaas: as daar enersyds
nie meer absolute waarhede is nie en alle triomfalisme is taboe, wat
word dan van ‘n belydenis wat wél triomfantlik absoluutheid en
uniekheid opeis, soos “Jesus is die Here”? Is volslae relativisme nie
die enigste einde nie?
Daar was wye en uiteenlopende reaksie van die kant van
teoloë, met ‘n groot verskeidenheid van tiperinge: van radikaal
ortodoks en konserwatief, tot dekonstruktief, konstruktief, rekon-
struktief, tot nuwe bevrydings- en feministiese teologie, tot post-
ISSN 1609-9982 = VERBUM ET ECCLESIA JRG 27(2)2006 499
liberaal, post-metafisies, post-krities en post-ontoteologies (Van-
hoozer 2003). Die vry algemene gevoel is dat ‘n terugkeer na die
modernisme ‘n onbegaanbare weg is, selfs onder die konserwatie-
wes. Dit loop saam met enersyds ‘n duidelike afswakking van die
liberalisme in die teologie en andersyds die oortuiging dat daar in die
postmodernisme positiewe perspektiewe aanwesig is wat met ‘n
“nuwe” teologiese rigting versoenbaar is (vgl die bydraes van Molt-
mann, Lindbeck, Jenson, Jüngel, Grenz, Frei, Hauerwas, Volf – om
maar net ‘n paar van die bekendes te noem). Graham Ward (2003:
76) wys daarop dat post-liberale en konserwatiewe teoloë veral
gebruik maak van die later werke van Derrida. Sy beskrywing van
die postmoderniteit as ‘n geleentheid vir die “return of the de-
pressed”, met name die “ander” wat deur die magsteologie van die
modernisme uitgesluit was, word gesien ook as die terugkeer van
godsdiens en teologie as ‘n metadiskoers (Vanhoozer 2003:21), nie
langer in die vorm van die modernistiese wetenskap nie, maar as ‘n
religieuse diskoers wat die profetiese en die mistieke insluit, eintlik
meer ‘n teodrama as ‘n teologie omdat die mens nou gesitueer word
binne die narratief van Gods skeppende en verlossende handelinge.
Sommige teoloë vind dat Derrida se denke oor iets “beyond” dekon-
struksie, in die naam waarvan dekonstruksie plaasvind, naamlik
geregtigheid, en dat die rol wat gawe (gift) in sy denke speel, ‘n
messiaanse wending is wat dui op die perspektief van hoop in die
postmodernisme. So is daar ook die opvallende ooreenkoms tussen
die Christelike eis van “onvoorwaardelike respek vir die mens” en
Levinas se “infinite respect for the irreplaceable other” (Vanhoozer
2003:16).
Die merkwaardige is nou ook die herontdekking van die waar-
devolle fasette van die pre-moderne denke en geloofstaal. Soms
ervaar ‘n mens die gevoel dat daar tussen pre- en postmodern in baie
opsigte ‘n kontinuïteit is, ‘n herstelde kontinuïteit na die onderbre-
king deur die rasionalistiese intermezzo van die modernisme.
Murphy en Kallenberg (Vanhoozer 2003:39) wys veral na die
bydraes van Nicholas Lash (Theology on the way to Emmaus 1986)
en Yoder (in M Cartwright (red) 1994 The Royal Priesthood, p 37v).
Teenoor die modernisme se logiese en analitiese denke wil beide
pre- en postmoderne denke eerder ‘n kwalitatief ander soort
“persuasion” gebruik. Daar is egter geen sprake van ‘n eenvoudige
terugkeer nie – histories en teologies is dit onmoontlik. Dit gaan
eerder om die tot spraak bring, of tot bewussyn bring, van outentieke
WAARHEID EN BETEKENISGELAAGDHEID 500
Christelike geloofstaal en –besit wat so lank gesluimer het. Hieron-
der is veral belangrik die waarheidsbegrip, die rol van die Heilige
Gees, die geloofsnarratief, die geloofsgemeenskap, die rol van
doksologie en die rol van apokaliptiek.
Teenoor die premoderne voorstelling of verstaan van die
waarheid as veelvormig en verskillend van gestalte na aanleiding
van die verskillende grondvorme van religieuse spreke (vgl die
descensus) het die modernistiese dogmatiek die rasioneel-logiese
vorm van spreke en waarheid as bykans die enigste grondvorm
hanteer in die strewe na absolute en ewige waarhede en die mag en
die kontrole wat dit skynbaar gebied het.
Verre daarvan dat in die postmodernisme nou ‘n ekstreme
relativisme aanvaar word, is die betrokke teoloë terdeë daarvan
bewus dat elke teologie ‘n voluit menslike onderneming is en dat die
veelheid van teologieë te make het met die feit dat met verskillende
paradigmas of lense gewerk word, dat elke teologie gevorm word
deur bepaalde linguistiese en simboliese grondvorme. Lindbeck (wat
erkenning gee aan Derrida se denke) handhaaf dat taal voorafgaan
aan denke en dit struktureer sodat geen waarheid losstaan van die
taal en kultuur waarbinne dit gevorm is nie (Green 2003:64-69). Die
modernistiese kritisisme het juis nie rekening gehou met die mens-
heid se geonderdompel wees in geskiedenis en taal nie (Frei).
Niemand beskik oor ‘n “God’s-eye point of view” nie. Geen
wetenskap kan ons losmaak van ons “horison” (Gadamer) nie. Geen
teologie kan ons die absolute waarheid waarborg nie. Lindbeck
(Green 2003:64-69) probeer die konsekwensie van radikale relativis-
me ontloop deur anders as Derrida ‘n singewende en ander vooraf-
gaande spreke, nl. die spreke van God (In die begin was die Woord
.... Joh 1:1) te erken. Die debat herinner aan A E Loen se De Vaste
Grond. Dis ‘n spreke wat aan alle taal, denke en waarheidsbegrippe
voorafgaan. Verskillende teoloë begin nou in hierdie sin weer kyk na
fasette van die premoderne voorstellinge en in hierdie verband is dit
veral die wyse waarop die voorafgaande spreke van God in die
premoderne Christendom as geïnkarneerde Woord gehandhaaf is
sonder ‘n ontoteologiese Cogito-sisteem. Hiermee loop parallel die
voortgaande spreke van God deur Skrif en credo wat so die outen-
tieke oord van die waarheid, losgewikkel uit die rasionalistiese
magsgreep van die outonome subjek, weer aandui en herstel.
Hieruit volg verskeie belangrike sake. Die luister na die
waarheid in Skrif en credo help ons om tog ons onderlinge familie-
ISSN 1609-9982 = VERBUM ET ECCLESIA JRG 27(2)2006 501
trekke (Green 2003:68) te herken, en, soos familie, hierdie eenheid
te probeer bewaar ten spyte van onderlinge verskille. Dit is basies in
die teenoorgestelde rigting aan die eindelose kerkskeuring, naamlik
ekumene. Tweedens maak dit duidelik dat nie slegs die outentieke
oord van die waarheid verskil van die modernisme nie, maar ook die
aard daarvan. Die waarheid as geïnkarneerde Woord is naamlik nie
die gevolg van ‘n rasionele denkproses nie, maar eerder die gevolg
van ontmoeting en relasie. Want die waarheid is in die eerste plek
persoonlik – ‘n persoon wat nie net in die preek beskryf word nie,
maar ontmoet word in liturgie, sang, gebed en sakrament (Green
2003:94). In dié sin is die heilsgeskiedenis nie afgehandel nie, maar
gaan in diens aan die Waarheid steeds verder, soos dit inderdaad by
die vroeë kerkvaders aangetref word.
Dit is hierdie verhaal wat in die geloofsnarratief steeds verder
voortgedra word en daarom was dit eintlik te verwagte dat die hui-
dige besinning sou uitkom by die herontdek van die narratief as
waarheidsmedium. Hierdie narratief verskil van rasionalistiese meta-
narratief wat in die laaste instansie maar net ‘n menslike mags-
middel was in die kleed van die Christelike godsdiens. Die geloofs-
narratief ontspring nie in die tetiese werk van die outonome rede nie,
maar in die geloofsakte van ‘n belydende gemeenskap wat oortuig is
deur die storie van die geïnkarneerde Woord – nie ‘n selfgemaakte
narratief nie, maar ‘n geskenkte een. Tweedens, die herstel van die
Bybelse narratief, met name in die geïnkarneerde Woord en die
daaruit vloeiende gesagsvolle getuienis in die kanon en credo moet
in die nouste verband met die werk van die Heilige Gees gesien
word. Die modernistiese kennisideaal het prakties die Heilige Gees
op non-aktief gestel, iets waarvan die grootskaalse uittog van charis-
matiese en pinkstergroepe naas die geykte verklarings inderdaad
getuienis lewer. Juis nou is daar ‘n sterk behoefte aan die herstel van
die rol van die Heilige Gees, nie alleen in die korrekte verstaan van
kanon en credo nie, maar óók in die eksistensieel word van die
Woord wat deur die Gees elke môre weer nuut is. Derdens groei die
oortuiging dat ons narratief, die lewend hou van ons tradisie, wat nie
‘n keuse is nie, maar doodgewoon die feit van ons verbondenheid
met die verlede, dat dit alleen ‘n ware narratief is as dit die hele
geskiedenis insluit, die goeie en die slegte, premodern, modern en
postmodern. Geen feit of fase is irrelevant nie. Dit is miskien die
basiese fout van die postmoderne teologie van Hick, dat dit die
Christelike narratief te radikaal onderbreek. Dit het al begin met die
WAARHEID EN BETEKENISGELAAGDHEID 502
ekstreme histories-kritiese metode wat die Skrif self opge-breek het
in fragmente wat elk in terme van iets anders as die Bybelse narratief
verklaar word (Frei: The Eclipse of Biblical narrative, vgl Vanhoozer
2003:151). Ons bly verbonde aan ons verlede, ons “horison” en
volledige afhanklikheid van ons tradisie wat die “socially embodied
argument” is vir die beste verstaan van ons gesagvolle teks (Alasdair
MacIntyre) en die rasionaliteit daarvan is onomkeerbaar altyd ‘n
“tradition-based rationality”. Wat Thomas Kuhn (1970) gesê het van
die wetenskap, naamlik dat die primêre faktor in die verstaan van die
wetenskap nie die wetenskaplike metode is nie maar die “scientific
community”, geld ook hier ten opsigte van die “socially embodied
argument” van die tradisie.
Dit plaas opnuut die Christelike geloofsgemeenskap in die
kollig. Dit is naamlik die moederbedding waarin die narratief vloei
wat ons identiteit bemiddel. Die eenvoudige subjek-objek skema
word in die narratiefdraende gemeenskap oorskry in die sin dat beide
teks en leser objekte word van die interpreterende gemeenskap in
lewende en partisiperende intersubjektiwiteit (Vanhoozer 2003:154).
Die lewende Woord spreek in die geloofsgemeenskap deur die
Bybel in ‘n realistiese narratief waarin kruis en opstanding in ‘n
finale sin “the really real” (Lindbeck) definieer as die volheid van
God se identiteit: Jesus is die Here. Dit is wat die lewende Woord
ook kommunikeer deur Credo, aanbidding, lied en verkondiging, nie
as ‘n eenmaal geformuleerde abstrakte beginselteologie nie (so ‘n
teologie het altyd die neiging om die Skrif te verplaas), maar as ‘n
lewende proses waardeur jou eie wêreld steeds dieper ingetrek word
in verskillende lae van die teks se betekenis (Dit is natuurlik ‘n
verrassing om te ontdek dat die proses ook ‘n ekumeniese beweging
is). Teenoor die Westerse individualisme en sosiale atomisme het die
begrip van gemeenskap en verhoudinge die afgelope tyd groot
prominensie ontvang (Grenz 2003:252v).
Die (her)ontdekking van die koinonia het nie net te make met
‘n alternatiewe sosiale werklikheid teenoor die ekstreme individua-
lisme nie, hoewel dit op sigself al belangrik is. Grenz beklemtoon
dat die betekenis van die lewe nie individueel nie maar gemeen-
skaplik ervaar word – die self is immers ‘n sosiale produk. Webster
(2003:219v) oordeel dat die naaste gegee is as eis tot gemeenskap en
ten diepste wortel dit in God se gemeenskap met sy skepping. Daar
is nie werklik sprake van ‘n persoon buite relasies nie, net so min as
wat hy/sy ‘n persoon buite die narratief is (MacIntyre soos aangehaal
ISSN 1609-9982 = VERBUM ET ECCLESIA JRG 27(2)2006 503
deur Webster). Mense is voor alles storievertellers: juis jou storie gee
sin, en in die gemeenskap deel almal ten slotte in die gemeen-
skapsnarratief. Identiteit is nie bloot privaat nie maar kommunaal.
Verhey (2003:98) beklemtoon dat die mens ‘n “embodied and
communal self” is: die gemeenskapsnarratief verbind die verlede aan
die toekoms as ‘n “community of memory and hope” (Grenz
2003:255).
Daarom speel die geloofsgemeenskap ‘n kardinale rol in die
siening van waarheid. Waarheid (en dus gesag) setel nie in die
individuele subjek se bewussyn nie, maar in die gemeenskaps-
bewussyn van die interpreterende gemeenskap wat die Skrif onder
leiding van die Gees as die gesaghebbende paradigmatiese inter-
pretatiewe raamwerk (Lindbeck se formulering) gebruik om die self
en die wêreld te verstaan. “Scripture can only be rightly understood
from within the believing community” (Vanhoozer 2003:161). En dit
geld ook van geloof self: die Christelike geloof self kan slegs
werklik binne die geloofsgemeenskap verstaan word. Hauerwas druk
dit nog sterker uit: om die Skrif reg te verstaan moet ons geoefen
wees in die Christelike deugde wat slegs in die gemeenskap kan
gebeur (by Vanhoozer 2003:161). Green brei hierop uit met
verwysing na Ricoeur: die praktyk en oefening in die Christelike
geloof in die geloofsgemeenskap gaan vooraf aan groei in geloof en
kennis, dir wil sê betrokkenheid in die geloofsgemeenskap staan
voorop (Green 2003:185v), waardeur kennis en geloof (vertroue)
holisties gedefinieer word (HK vraag 21).
11 ETIESE EKSKURS III
Met bogenoemde ontwikkeling word die (logies) tweede teologies-
etiese aktiwiteit duidelik. Is die eerste, naamlik die akademies-
wetenskaplike diskoers gerig op die identifisering van waardes en
norme dan is hierdie aktiwiteit, naamlik die pastorale gemeenskaps-
diskoers (prediking, storie, tradisie, onderrig) gerig op die konkre-
tisering van die waardes as deugde en karakter. Is die gevaar van die
eerste ‘n onskadelike tydverdryf, dan is die gevaar van die tweede ‘n
geïsoleerde tuisbedryf. Om dit te voorkom moet dit ook in die
sosiaal-maatskaplike werklikheid binnedring, weliswaar dan in die
erg verwaterde en eties-minimalistiese vorm van haalbare sosiale
standaarde (die wese van ‘n markbedryf). Belangrik is die feit dat dit
‘n eties-hermeneutiese sirkel vorm met ‘n voortdurende beweging
tussen die drie aktiwiteite waarby die swaartepunt in die funksie van
die Christelike gemeenskap geleë is.
WAARHEID EN BETEKENISGELAAGDHEID 504
Binne die gemeenskap is alle teologie “God-talk” en daarom is
dit ook die spreke oor alle dinge sub specie divinitatis en trinitaries,
in die besonder dan pneumatologies (return of the depressed!). Die
Heilige Gees se werk is die kerk of geloofsgemeenskap en moenie al
te “geestelik” opgevat word nie. Die herstel van Skrif en tradisie is
om deel te hê aan die werk van die Gees wat juis die gemeenskap se
gebruike of “practices” vorm: liturgie, gebede, sakramente ens. Dit is
juis deur hierdie “practices” dat die verlede en die toekoms
bymekaar gebring word en ‘n hegte solidariteit geskep word. Die
mens se begin was in ‘n tuin, maar sy finale toekoms is ‘n stad waar
God by hulle woon en op pad daarheen werk die Gees immer
gemeenskapstigend. Die kenmerke van die kerk word so in die
aktiewe vertaal: een word verenigend, heilig word heiligend,
algemeen word versoenend, apostolies word verkondigend.
Dit is die wyse waarop Skrifverstaan verdiep word om die
betekenisgelaagdheid, veelkleurigheid en veelfasettigheid daarvan te
ontgin. Lindbeck beskryf die uitkoms van ‘n gelowige luister na die
lewende Woord as iets wat meermale ‘n complexio oppositorum van
betekenisse (by Green 2003:147) bevat, maar dan as ‘n veelheid wat
die verskillende dimensies van dieselfde realiteit aandui. Ons het
gesien dat die voorkoms van verskillende grondvorme van gods-
dienstige taal juis gedui het op betekenisgelaagdheid, maar ook dat
dit iets wat reeds in die teks van die Bybel aanwesig is, en die
ontsluiting van die onveranderlike, “selfauthenticating” en geloof-
waardige teks en gelaagdheid word deur die Gees in bepaalde tye en
kulture belig. Miroslav Volf (by Green 2003:104v) wys daarop dat
geloof nie slegs semioties oorgedra word nie, maar ook nie-semio-
ties. Dit open naas die gelaagdheid ook die oog vir mistiek. Voor-
beelde: Romeine 1:17 (regverdiging deur die geloof alleen) was wel
van die begin af in die Bybel, maar sou eers 16 eeue later in ‘n
dieper betekenislaag onthul word. Die Skrif het altyd in homself ‘n
bepaalde mensbeeld gedra, maar dit sou 19 eeue duur vir slawe en
20 eeue vir vroue voordat ‘n beslissende betekenislaag van die
mensebeeld na die oppervlak gekom het. Genesis 2:15 (die opdrag
om die tuin te bewerk en op te pas) was eweneens altyd maar daar.
Dit was egter eers onder die dreigende ekologiese krisis van die
afgelope vyftig jaar dat mense begin het om dit raak te lees. In ‘n
korte 25 jaar sou die NG Kerk se lees van die Bybel opeenvolgend
apartheid goedkeur, dit tolereer en dit verwerp. In die jongste verlede
het ons gesien hoe die groei in die lees van die Bybel gelei het tot
ISSN 1609-9982 = VERBUM ET ECCLESIA JRG 27(2)2006 505
versoenende houdings in die resente verhouding tussen Lutherane en
Rooms-Katolieke – na meer as vier eeue.
Dit is heel gepas dat in die verskeidenheid van huidige
ontwikkelinge die “return of the depressed” ook die doksologie
insluit. Miskien is dit ingelui met Jean Luc Marion se God without
Being van 1991, ‘n boek gemik op die bevryding van God van ‘n
bepaaldheid deur denke en taal, veral synsdenke. Om God voor te
stel as die Hoogste Syn is konseptuele afgodery, aangesien hierdie
Godsbeskrywing maar net die spieelbeeld is van menslike denke, die
God van die filosowe, maar nie van Abraham, Isak en Jakob nie.
Konseptuele denke, beide katafaties en apofaties kan nie die lewende
God skep nie. Ons kom net nader na God deur Hom lief te hê
(religieus-liturgies) in ‘n doksologie wat nie positief of negatief oor
God dink nie maar slegs resloos na Hom uitreik. Deurgedink bring
die voorafgaande ontwikkelinge ons weer dig in die beurt van vraag
21 van die Heidelbergse Kategismus en word dit onvermydelik dat
ons ‘n baie meer holistiese siening van kennis en vertroue sal hê. Die
storie van geloof en teologie, met die huidige klem op die veelheid
van grondvorme, die gestaltes en gelaagdheid van die waarheid gaan
inderdaad terug tot in die vroeë Christendom. Die opvallende aan-
sluitingspunte tussen pre- en postmodern veral ten opsigte van die
doksologie bring ook die interessante saak van die apokaliptiek na
vore. Aulén, soos ons gesien het, oordeel dat dit die klassieke en
mees outentieke versoeningsvoorstelling is. Onlangs het Walter
Lowe (2003:235v) gevra vir die herinvoering van die apokaliptiese
motief in die Christelike denke in die lig van die wêreldwye stryd vir
geregtigheid en teen armoede. ‘n Mens moet erken dat die onvoor-
spelbare morele en sedelike depravasie, oorloë en natuurrampe
(veral mensgemaak) op sig al so ‘n scenario skep. Lowe verwys na
die Galasiërkommentaar van J Louis Martyn wat dit as ‘n spesifiek
apokaliptiese brief sien (die ganse tyd en geskiedenis word binne in
die Christusgebeure geplaas). Vanhoozer (2003:24) verwys na Mary
Midgley se uitspraak: “The devolution of Wisdom into Knowledge
into Information may be the supreme source of degeneration in the
postmodern society”. ‘n Mens dink ook aan Luther se hantering van
die apokaliptiek, veral ook as die oord vir doksologie. ‘n Sterk saak
word ook uitgemaak deur C E Braaten (2002:14v) in wat hy noem:
The Recovery of Apocalyptic Imagination.
WAARHEID EN BETEKENISGELAAGDHEID 506
12 TEN SLOTTE
Johan Heyns se dogmatiek verskyn in 1978, en Lyotard se The
Postmodern Condition eers in 1979. Tog is daar genoeg aanduidings
in sy werk om te konkludeer dat Johan Heyns teologie ‘n hele ent
verder help bring het. In die lig van die inhoud van hierdie artikel
kan ons slegs verwys na sy Skrifbeskouing, sy opvatting van die
semper reformanda-idee, die ekumene, die progressie in uitsprake
(die kerk), sy onderskeiding van waarheidsgestaltes (bv logies en
eties) en die praktiese betekenis van die geloof (drie volumes etiek).
Dit behoort tot die verliese van gereformeerde teologie dat hy nie
verder hieraan kon meedoen nie. Ons is opreg dankbaar vir die groot
rol wat hy nietemin kon speel en sal voortgaan om te speel deur die
denke van sy studente en kollegas.
Literatuurverwysings
Altaner, B & A Stribe 1966. Patrologie. Leben, Schriften und Lehre der
Kirchenväter. Freiburg: Herder.
Aulén, G 1969. Christus Victor. An historical study of the three main types of
the idea of atonement (die vertaling van A G Herbert van 1931). New
York: Macmillan Publishing Co.
Braaten C E & R W Jenson (eds.) 2002. The Last Things. Biblical and
Theological Perspectives on Escathology. Grand Rapids: W Eerdmans
Publishing Company.
Du Toit, D A. 1971. “neergedaal ter helle”. Uit die geskiedenis van ‘n
interpretasieprobleem. Kampen: JH Kok, NV.
Frei, H W 1974. The Eclipse of Biblical Narrative. A study in Eighteenth and
Nineteenth Century Hermeneutics. New Haven & London: Yale University
Press.
Green, R C 2003. Mapping postmodernism. A survey of Christian options.
Downers Grove: Intervarsity Press.
Grenz, S J. Ecclesiology, in K Vanhoozer (ed) 2003 Cambridge Companion to
Postmodern Theology, Cambridge University Press, 252-268.
Jüngel, E 1983. God as the Mystery of the World. On the foundation of the
Theology of the Crucified One in the Dispute between Theism and Atheism.
Edinburgh: T&T Clark Ltd.
Kuhn, T S 1970. The Structure of Scientific Revolutions. University of Chicago
Press.
Lowe, W. Christ and Salvation, in K Vanhoozer (ed) 2003, Cambridge
Companion to Postmodern Theology, Cambridge University Press, 235-
251.
ISSN 1609-9982 = VERBUM ET ECCLESIA JRG 27(2)2006 507
Moltmann, J 1993. Theology of Hope. On the ground and the implications of a
Christian Eschatology. Minneapolis: Fortress Press – SCM 1967).
Schlink, E 1961. Den Kommende Christus und die Kirchliche Traditionen.
Beiträge zum Gespräch zwischen den getrennten Kirchen. Göttingen:
Vandenhoeck & Ruprecht.
Tracy, D 1994. On naming the present. Reflections on God, Hermeneutics and
church. Maryknoll: Orbis Books.
Vanhoozer, K J 2003. The Cambridge Companion to Postmodern theology.
Cambridge University Press.
Verhey, A 2003. Reading the Bible in the strange world of medicine. Grand
Rapids: William B Eerdmans.
Ward, G. Deconstructive Theology, in K J Vanhoozer (ed) 2003. The
Cambridge Companion to postmodern Theology. Cmabridge University
Press.
Webster, J. The Human Person, in K Vanhoozer (ed), 2003. The Cambridge
Companion to postmodern Theology, Cambridge, University Press.
WAARHEID EN BETEKENISGELAAGDHEID 508
ResearchGate has not been able to resolve any citations for this publication.
Chapter
This chapter is exploratory. It seeks to glimpse “an other Christology.” I make no exclusivist claims for the project; it is one Christology among others; and, if I am correct, it is hardly a new one. The exploration is informed by the premise that those who set out in search of the tradition's “other” may discover in the process the otherness of the tradition. “Christ and Salvation” recalls the classic theologies, which generally treat first the person and then the work of Christ. In modern theology, however, the common, even predominant, practice has been to reverse the sequence, placing some prefatory notion of salvation before the treatment of Christ. This reversal reflects the Christian community’s struggle to respond to the skepticism of modern Western culture by demonstrating, in one fashion or another, a need for Christianity. In such a situation, the need naturally comes first. The need may be portrayed in manifold ways: As need for some larger meaning in one’s life, for example, or as need for deliverance from sin. Whatever the specifics, the argument generally includes four elements. The first is a broad, generally acceptable description of common human experience with emphasis upon certain problems or discontents: For example violence in our society, the pressures of contemporary life, the prevalence of drugs. There follows a more specific diagnosis of the phenomena in terms of some underlying condition, for example the search for meaning, or anxiety in the face of death. There then follow a general recommendation (cf. in medicine, “You need an analgesic”), and a specific remedy (“I suggest brand X”). “Recommendation” as used here is a general category whereas the “remedy” is a specific reality. The concepts merge in the statement, “You need to find peace in God”; but the distinction is important, for history amply testifies that an effort to direct a person toward peace-in-God is often received as recommending “peace of mind” – found perhaps in God, perhaps elsewhere. © Cambridge University Press 2003 and Cambridge University Press, 2006.
Book
Scitation is the online home of leading journals and conference proceedings from AIP Publishing and AIP Member Societies
Chapter
This Companion provides a definitive collection of essays on postmodern theology, drawing on the work of those individuals who have made a distinctive contribution to the field, and whose work will be significant for the theologies written in the new millennium. The definitive collection of essays on postmodern theology, drawing on the work of those individuals who have made a distinctive contribution to the field. Each essay is introduced with a short account of the writer's previous work, enabling the reader to view it in context. Discusses the following desciplines: Aesthetics, Ethics, Gender, Hermeneutics, Phenomenology, Heideggerians, and Derrideans. Edited by Graham Ward, one of the most outstanding and original theologians working in the field today.
Chapter
Theologians have responded in many different ways to the challenges posed by theories of postmodernity. Kevin J. Vanhoozer addresses the issue directly in an introductory survey of what "talk about God" might mean in a postmodern age. The book offers examples of different types of contemporary theology in relation to postmodernity, and examines the key Christian doctrines in postmodern perspective. Leading theologians contribute to this informative Companion. © Cambridge University Press 2003 and Cambridge University Press, 2006.
Christus Victor. An historical study of the three main types of the idea of atonement (die vertaling van A G Herbert van 1931)
  • G Aulén
Aulén, G 1969. Christus Victor. An historical study of the three main types of the idea of atonement (die vertaling van A G Herbert van 1931). New York: Macmillan Publishing Co.
Mapping postmodernism. A survey of Christian options
  • R Green
Green, R C 2003. Mapping postmodernism. A survey of Christian options. Downers Grove: Intervarsity Press.
Reading the Bible in the strange world of medicine
  • A Verhey
Verhey, A 2003. Reading the Bible in the strange world of medicine. Grand Rapids: William B Eerdmans.
Den Kommende Christus und die Kirchliche Traditionen. Beiträge zum Gespräch zwischen den getrennten Kirchen
  • E Schlink
Schlink, E 1961. Den Kommende Christus und die Kirchliche Traditionen. Beiträge zum Gespräch zwischen den getrennten Kirchen. Göttingen: Vandenhoeck & Ruprecht.