Die Boswet van 1984 gee aan die NBT die opdrag om die “bewaring van en navorsing in verband met Suider-Afrikaanse flora te bevorder”, maar ook onder andere om “die ekonomiese potensiaal van inheemse plante te ondersoek, benut en die benutting te bevorder”. Alhoewel daar reeds met die stigting van Kirstenbosch in 1913 ekonomies belangrike plante aangeplant is en in 1933 reeds 222 soorte in die
... [Show full abstract] tuin was, is diepoging later laat vaar as gevolg van ander probleme wat ’n hoer prioriteit geniet het. Saadverspreiding van inheemse plantsoorte en die verspreiding van snyblomme, ook na die buiteland, het egter steeds toegeneem. Vir die afgelope tien jaar is plante reeds jaarliks te Kirstenbosch deur ’n plantverkoping direk aan die publiek verskaf. By ander tuine van die NBT het plantverkopings op jaarlikse, maandelikse en daaglikse basis ook begin plaasvind. In die toekoms word beoog om plante met tuinboukundige, medisinale of ekonomiese potensiaal te evalueer, teselekteeren te ontwikkel en, indien moontlik, ook te kweek en te bemark. ’n Saadbank sal ontwikkel en bedryf word om die genetiese diversiteit in die vorm van saad te bewaar en om ook te versprei vir kweek in ander tuine en kwekerye. Op die afgelope jaarlikse plantverkoping te Kirstenbosch is 595 verskillende plantsoorte aan die publiek verkoop. Dit is aansienlik meer as die 28 verskillende plantsoorte wat in meer as die helfte van kwekerye in die Kaapstad-omgewing aangebied word. Plante en blomme moet gevolglik geredelik aan die besoekerspubliek aan botaniese tuine beskikbaar gestel word op ’n wyse wat kommersiele kwekers nie sal bedreig nie.